#DaaIssieWêkie!

  • 0

Dit lyk soe hie oppie grond! Dissie net ’n storie wat gespin wôd deurie politicians en allie unemployables wat sit oppie ghetto se stoep en wag virrie baas om hulle uit die gat uit te kô helpie. As djy voel om ’n township tour te loep vat, doenit op ’n koue dag wannerit load shedding is, offie munisipaleteit is biesag om an een of anner kragstasie te wêk, net om te sien hoe êg die proebleem rêrig is.  

Dis maklik vi Mmusi Maimane en General Ace Magashule om hulle monne uit te spoel oo wat moet gedoen wôd volgens wêkskepping, maa tewyl hulle hulle jobs doen om politicians te wies, gat staan ôs maa nog net vêder innie unemployment lyn, offie Sassa-lyn op ouma en oupa of ôs kinnes se Sassa-kaart.

Dit kwel my hart dat ôs se leiers nie rêrig die proebleem vestaanie. Hulle praat hulle monne warm en wil ôs vegelyk mettie anner BRICS-lande, maa dink hulle rêrig oo alles wat die siklus van slawerny en kolonialisme gedoen het an ôs amal as mense? Ek skryf in my anner artikel, “Traane vannie veliede”, oo dit, en dis weer eens dieselle storie. Jy kannie ’n mens, maak nou nie saak van ouderdom of ras of klas nie, maa djy kannie ’n mens leer wat deu trauma issie of nog steeds gannie, en ôs deal mos nou nog mettie skere vannie veliede.

Soes ek try om die wêkskepping-ding te vestaan, try ek om sense te maak daavan deu Suid-Afrikaaners te vegelyk mettie res van Afrika, en dink ek vi myself dat die gebroke in ôs is biesag om ôs se land van ôs af te vat.

Ja, Mmusi en Ace, dis maklik om te sê, maa dié is die goed wat moet gedoen wôd om meedere wêk te skep, en armoede dan op soe ’n manier uit te roei. Maa ek wonner of julle veby die short-term en mid-term goals dink? Ek vestaan hoe julle as politicians net soe vêr as vyf jaa kan kyk, maa die res van ôs, die res vannie land liewe mossie net in vyf-jaa-episodes nie?

Die politiese sisteem wat julle soe volg, is wat ôs as Suid-Afrikaners agte hou, wan dissie van wat gat beste wies vi 10, 20 or ’n 100 jaa nie, maa wat gan goed genoeg wies vi nou. Hulle is nou ampe soesie “leads” in The walking dead maak geraas annie een kant vannie draad ommie zombies te anlok. En dis soes dit nou lyk hie an ôs kante vannie draad – dis net klompie zombies wat sit en wag oppie stoep vi Baas Mmusi en Baas Ace en dan Baas Klaas om dinge reg te maak vi ôs.

Daa issie rêrige veannering nie, wan wêkskepping begin mossie innie gawementie, dit begin by ’n mens self. En julle mag dink dat ek miskien ’n bietjie af vannie pad af dwaal om soe te dink, maa dissie die gawement se wêk om alles te skep en te bou nie. Hulle moet wel die spasie gie vi mense om self-sufficient te raak, vi mense om op hulle eie te staan, but daai issie ees moontlikie, nie voorat daa nie iets gedoen wôd wanner dit kom by die binneste van mense nie. Wan hoekô issit soe moeilik vi my en jou om wêk te skep vi ôsself? Hoekô is self-sufficiency soe ’n storie vi ôs? I mean die wêreld is voo ôs, daa staan niks in ôs pad nie, die internet is vrylilk beskikbaar vi ôs en soe kan ôs lee, reg? Die kultuur wat ôs in liewe, het ôs gelee en lee ôs nog steeds om te kyk innie spieël en om te erken dat die pesoon wat ôs sien issie goed genoeg vi baie dinge nie. En soe vat ôs die liewe an, en self-sufficiency is maa net nog ’n groot woord, en ’n droem doer innnie verte.

Ek kry die image in my kop van ’n Pinterest picture wat ek gesien het waa die kat in haa draboks sit. Nou vi julle wat katte het, julle wiet mos hoe ’n kat se boks twie dele en ’n hekkie het. Nou die kat se boks se dak is afgehaal, maa die kat sit nog steeds innie boks, wan sy wag vi haa owner om die hek vi haa oep te maak. Toe ek daai picture sien, toe dink ek an hoe ôs mense sit en fokus op die toe hek, soes hulle wag die hek moet oepgemaak wôd vi hulle, maa hulle kykie op om te sien dat die dak oep issie. Wêkskepping gannie oo wat die gawement voo mense kan sittie. Die ekonomie van Suid-Afrika het mense nodig wat op hulle eie kan staan, en Ace en Mmusi, as julle rêrig wil iets goeds doen om die unemployment vas te vat, begin daa. Begin om mense te help om mense te raak wat op hulle eie te kan staan, en wat vi hulleself kan dink, mense wat ’n selfbeeld het wat praat van waarde ennie net die swart of bruin pigmente wat hulle in hulle vel dra nie.

Trane oorie veliede: die lied van ’n “nieblank”

’n Oepe Brief: vestaan jou storie voo djy wil praat van hoe dom ek en my kallidness is

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top