’n Oepe Brief: vestaan jou storie voo djy wil praat van hoe dom ek en my kallidness is

  • 4

Dié brief skryf ek aan die mense wat die artikel “Age- and education-related effects on cognitive functioning in Colored South African women” geskryf het.

Ek wou hoo, gat julle miskien een of anner tyd jammer sê?

Ek het nou al oral gesoek oppie internet na ʼn stukkie van ʼn “Ôs is jammer, ôs wiet ôs was vekeerd” te kry, maa niks!? Nou dit lat my wonner hoekô julle in die eeste plek ingestem het om julle so-called navorsing trug te trek? Het dit rêrig gegan oorie feit dat julle gloe julle was vekeerd om sulke nonsens te skryf en dit dan navorsing te noem? Of het dit gegan oorie feit dat soe baie kallid vroumense actually notisie gevat het en geraas gemaak het?

Ek dink julle wiet dat julle hettie net daai 60 kallid vroumense innie gesig gevattie, maa kallid vroumense in general. Dis soes julle basies gesê het: “Ag jou ma se …” Wan hoe anners dink julle moet ʼn mens dit sien?

Dié is die probleem wat ek het: Chimamanda Ngozi Adichie het al in 2014 in vannit gepraat. Die gevaar van net een kant vannie storie vetel. As julle dit noggie geluiste hettie, doen julleself die guns asseblief en kyk dit, miskien sal dit julle help innie toekoms. As julle begin-en einde-punt dan nou rêrig gegan het oor om navorsing te doen oo hoe formele opleiding en hoe mense se leefstyl ʼn uitwêking het op die manier hoe djy jou brein gebruik, hoekô het julle dan nou nie wit vroumense gebruik as subjects van julle navorsingie?

Of was dit te naby die huis? Sou die waarheid gewys het hoe een rasgroep wat ʼn minority is dan nog steeds met ʼn advantage liewe boe die res van anner rasgroepe? En natuurlik, ek ken mos nou nie julle agtegrond ‘ie, ek wiet oekie wat julle moes deurmaak om te kom waa julle issie. Maa een ding wat ek wiet, om wit te wies wherever innie wêreld maak ʼn helse veskil hoe jou liewe gat wies. En ek dink julle wiet sieke dié, dat om wit te wies vannie begin af gie ʼn daai kind ʼn bietere liewe, ʼn meer gesondere liewe, ʼn veiliger liewe, ʼn bietere opleiding en skool, bietere wêk opportunities, en die grootste een van alles, die voodeel om te kan kies. En ek praatie net van die keuses, of die vryheid om te kan kies, wat amal nou kamstag nou het na 1994 nie.

Die wit ras in Suid-Afrika vra nou al soe lank dat die res van Suid-Afrika nou moet ophou met die hele rasbiesagheid, maa mensies, hoe kan ôs ophou as dit dan nog soe helder is dat nie veel het geveanner in terme van die gesondheid van mense van kleurie, of in terme vannie denke wat wit mense het oo mense van kleurie, of oo hulleselfie? Dié is ʼn situasie van “assie skoen pas”, maa selfs nou voelit vi my wee ek moet apologise virrie skuldgevoelens wat wit mense dra, ommat ek julle wil vetel oo wat my reality rêrig is, en wat my storie is.

Mense van kleur liewe nog elke dag in ʼn oorlogsone, en die kallid anties, sustes en kinnes wat julle soe innie gesig gevat het, ôs moet elke dag, elke God-given day, oo die een of anner hurdle spring om net annie liewe te kan bly.

Maa witheid lê mossie net oppie vel nie, en wit gannie net oo apartheid ‘ie, maa dit gan oorie feit dat dis te maklik vi wit om te af te kyk op anner rassegroepe, om hulle te sien as “subjects” nie net vi studiesie, maa subjects wat vi peanuts wêk in fabrieke, plase en soe an. Dis soes die Sara Baartman-storie, of die Krotoa-storie, wee kô herhaal wôd in 2019.

As dit julle doel was innie begin om die studie te doen om te wys hoe ʼn swak liewe kallid vroumense rêrig liewe, kon julle harder proebeer het, julle kon rêrig harder proebeer het. Maa dis die storie van om te try om iemand anners se storie te vetel, djy het dit nog nooit geliewe nie, soe hoe kan djy wiet, hoe kan djy rêrig vestaan, hoe kan djy die kompleksiteit vestaan van ʼn kallid antie, suste, dogte?

My lyf, of my taal, of way van praat, of my kallidness issie hie vi jou om uit te figure nie. Wan as djy dan nou rêrig wil vestaan hoekô my kallidness is wat dit is, dan kyk na jou eie veliede, kyk na jou eie geskiedenis, kyk na jou eie stories, vestaan jouself voo djy wil praat van hoe dom ek en my kallidness is, en dan nog wil riedes gie hoekô en waarom.

Lees ook:

Sê my velkleur hoe ek klassifiseer word en hoe dom of slim ek is?

  • 4

Kommentaar

  • Ja-nee dommigheid siennie colour nie. Oekie slimgeid nie, ma colour sien net discrimination va alle kante.

  • Hoekom val jy nie die meriete van die artikel aan nie? Jy het nie 'n enkele gevolgtrekking/ bevinding/ metode uitgelig en aangeval nie, jou hele skrywe is rasgedrewe. Kom met goeie argumente en trek die navorsing uitmekaar as jy 'n punt beet het, anders lyk jou argumente akademies en wetenskaplik maar dun.

  • Dis dalk net goed dat die meeste gewone mense nie weet wat se twak soms deurgaan vir navorsing nie. Hou dit so: ons betaal daarvoor.

  • Avatar
    Anthony Wilson

    ONS
    neem die drie primêre kleure
    BLOU
    ROOI
    GEEL
    meng dit
    en … wat kry jy?
    ek sal jou sê
    BRUIN
    wil jy die BRUIN donkerder maak?
    GOOI swart BY
    wil jy die BRUIN ligter maak?
    GOOI wit BY
    so
    ONS is die KLEURE
    julle?
    die
    TINT!
    So as die liewe Heer dit self so bepaal’t
    Wie is jy
    Om daarteen te stry?
    Desember 2013 - Anthony SPEEDO Wilson Vir Timothy Johnson Skilder extraordinaire!
    WE
    take the three primary colours BLUE RED YELLOW
    mix it
    and... what do you get?
    I’ll tell you what
    BROWN
    do you want to make the BROWN darker?
    add black
    do you want to make the BROWN lighter?
    add white
    so
    we are the colours
    you …
    the
    TINT
    Now if the lord Himself decided that
    who are you
    to try and argue?
    Anthony SPEEDO Wilson December 2013 For Timothy Johnson painter extraordinaire!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top