Onderhoude
Interviews about topical issues
Só benader mens die transgender-gesprek sensitief en sinvol
2021-06-09Elma de Vries: "Dit is beter om te dink oor gender as ’n spektrum eerder as twee pole. Omdat daar meer openheid is, is dit ook nou meer moontlik vir niebinêre persone om uitgesproke te wees oor hulle genderidentiteit."
Hennie van Coller: effe "stadiger" deesdae, maar niks minder polemies
2021-06-08"Ek het koppe gestamp met Jan van der Merwe (ANC-lid); JC Kannemeyer oor ’n boel onwaarhede in sy Leroux-biografie; ’n hele reeks rektore oor Afrikaans as onderrigtaal, veral Jonathan Jansen, wat verantwoordelik was vir die nekomdraai van Afrikaans by die UV; oor die verskuiwing van die Steyn-standbeeld, ens."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux
2021-06-03Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite. Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing. Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.
Max du Preez oor vrye spraak en geloofwaardige joernalistiek
2021-06-02"Klim van jou rusbank af, sit die remote control neer en word ’n aktivis. Sonder vrye spraak is geen demokrasie of oop samelewing moontlik nie."
Die wenners van die Grondwoorde 2020-projek: ’n onderhoud met Wouter Gildenhuys
2021-05-28"Die kompetisie is meer as net ’n digkompetisie. Dit is nie net ’n inisiatief wat erkenning gee aan die gebruik en handhawing van Afrikaans nie, maar is ook ’n belegging in die skryf en voortbestaan van die taal, om belangstelling in poësie te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe te bou tussen ’n meer diverse groep leerders."
Reguit met Robinson: A Zoom interview with Michelle Groome
2021-05-27The Free State and North West are already into their third wave. Freek Robinson interviews Michelle Groome, head of the Division of Public Health Surveillance and Response at the National Institute for Communicable Diseases.
Tyd dat Willie Jonker se boodskap opnuut gehoor word
2021-05-25"Die Rustenburg-skuldbelydenis is onteenseglik een van die belangrikste momente in die kerkgeskiedenis van die vorige eeu – nie net vir die NG Kerk nie, maar vir al die Afrikaanse kerke." – Gert Duursema, LitNet Akademies-navorser.
Unieke lewens en aktuele biografie: ’n Onderhoud met Hans Renders
2021-05-25"Nou, punt een zou ik willen opmerken, low biography en high biography heeft niets met ethiek te maken. Ik bedoel daarmee; high biography kan over iedereen gaan, ook over iemand uit low culture, maar is high research. Dus dat gaat om de werkwijze. Bronnenonderzoek, serieus onderzoek naar de context. En low biography kan best over een hermetisch dichter gaan, maar kan slecht onderzocht zijn. Dus dat levert slechte biografieën op."
Afrikaans klein maar bedrywig binne UJ se meertaligheidsvisie
2021-05-20Melt Myburgh gesels met Marné Pienaar oor die Universiteit van Johannesburg se Kantoor vir Meertalige Taaldienste en die stand van Afrikaans by die universiteit.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Sakkie Spangenberg
2021-05-19Sal die konflik tussen Israel en die Palestyne ooit opgelos word? Freek Robinson gesels met Sakkie Spangenberg, professor emeritus en navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Bybelse en Antieke Studie aan Unisa.
Op soek na Saartjie: In gesprek met Langenhoven se agterkleinkind
2021-05-17"Nie ek of my pa óf, glo ek, die Langenhoven Gedenkfonds, het enige probleem daarmee dat daar moontlik ’n kind kon gewees het nie. Dit maak Langenhoven trouens net interessanter. Maar daar is helaas ’n baie groot verskil tussen feite en verdigsel."
Reguit met Robinson: A Zoom interview with William Gumede
2021-05-13"It is a sad moment for South Africans." Freek Robinson interviews William Gumede, Associate Professor, School of Governance at the University of the Witwatersrand and executive chairperson of Democracy Works Foundation.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Magdaleen Krüger
2021-05-06Freek Robinson gesels met Magdaleen Krüger oor haar aftrede en die toekoms van RSG.
Afrikaans: die groter prentjie
2021-05-05Hoe kan Gariep-Afrikaans genoegsame blootstelling/eienaarskap geniet? Is daar gemeenskaplike kenmerke / wedersydse invloed tussen variëteite wat maatskaplike en geografiese grense oorskry? Wat behels "algemene Afrikaans"? Is herstandaardisering die antwoord? Waar pas Standaardafrikaans as gebruiksvorm vir spesifieke doeleindes in? Hoe praat jongmense in bv Namakwaland vandag Afrikaans? Menán van Heerden praat met linguiste Ernst Kotzé, Quentin Williams en Elvis Saal.
Besondere erepenning van die SA Akademie 2021: ’n onderhoud met Rina Loader
2021-04-30’n Besonderse erepenning deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is onlangs aan Rina Loader, woonagtig in Oostenryk, toegeken. Die prys word aan haar toegeken vir haar bydrae oor 23 jaar met betrekking tot die bevordering en bekendstelling van Afrikaans in Europa en in die besonder haar betrokkenheid by die onderrig van Afrikaans aan die Universiteit van Wene. Sy praat met Naomi Meyer oor hierdie toekenning en haar betrokkenheid by Afrikaans in die buiteland.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helanya Fourie
2021-04-29Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) by die Universiteit Stellenbosch het pas ’n moniteringsverslag vrygestel oor die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 2030. Dit is die eerste keer dat ’n sinvolle, praktiese waardering gedoen word oor die sukses of mislukking van die implementering van die NOP. Freek Robinson gesels met Helanya Fourie, ’n senior ekonoom by die BEO.
Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Carlo Daniels
2021-04-28Emma Kotze gesels met Carlo Daniels oor sy werk wat hy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan hy in 2020 deel was, vir hom gebied het en hoe sy toekomsdrome lyk.
Suidoosterfees 2021 en NATi Jong Sterre-produksies ‒ ’n onderhoud met Margo Kotze
2021-04-28In samewerking met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi), Kunstekaap en die Jakes Gerwel Stigting bied die Suidoosterfees vanjaar weer ‘n NATi Jong Sterre-program by dié fees aan wat tot 2 Mei by die Kunstekaap plaasvind. Emma Kotze gesels met Margo Kotze oor haar werk wat sy by die fees aanbied, asook die geleenthede wat die Jakes Gerwel-mentorskapprogram, waarvan sy in 2020 deel was, vir haar gebied het en hoe haar toekomsdrome lyk.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dan Plato
2021-04-21"Om ’n stad soos Kaapstad te bestuur, is ’n R56 biljoen-masjien." Freek Robinson gesels met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, oor die onlangse vuur en die stand van munisipaliteite.
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Coenie de Villiers
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Coenie de Villiers.
