Onderhoude
Interviews about topical issues
Suidoosterfees 2021: ’n onderhoud met Deon Meyer
2021-04-20Twee legendes op een verhoog: die skrywer Deon Meyer en die musikant Coenie de Villiers vertel hulle kosbaarste Karoo-stories. Saam verken hulle die Karoo-landskap, sy mense, hul vreugdes en pyn. Karoo Suite en Karoo Suite 2: Karoonagte is op 30 April en 1 Mei 2021 vir Kapenaars beskore by Atlantic Studios se inryteater. Marli van Eeden gesels met Deon Meyer.
Van dink na doen: ’n onderhoud met Azille Coetzee
2021-04-19Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met Azille Coetzee, skrywer van In my vel: ’n reis (Tafelberg, 2019). Azille het ’n doktorsgraad (met ’n tesis getiteld "African feminism as decolonising force: a philosophical exploration of the work of Oyeronke Oyewumi") deur ’n gedeelde graadprogram aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. Sy is tans ’n nadoktorale genoot by die Historical Trauma and Transformation Unit aan die US.
Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US
2021-04-16Wat is die stand van Afrikaans en Nederlands as onderrigtale aan hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika en in die buiteland? Menán van Heerden voer ’n videogesprek met Yves T'Sjoen.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Jan Oberholzer
2021-04-14Gaan Eskom ineenstort? Freek Robinson gesels met Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom.
#opdielug met Jodi Jantjies
2021-04-13Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is student en sanger Jodi Jantjies.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Willie Breytenbach
2021-04-07Wat gebeur tans in Mosambiek en hoekom? Freek Robinson gesels met Willie Breytenbach, emeritusprofessor in politieke wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch.
Van dink na doen: ’n onderhoud met Louis van der Riet
2021-04-01Van dink na doen is ’n nuwe podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die teoloog Louis van der Riet. Louis het onlangs ’n gesamentlike doktorsgraad aan die Vrije Universiteit Amsterdam en Universiteit Stellenbosch voltooi. Hy en Lidia gesels onder meer oor die verband tussen waarheid en oorgangsgeregtigheid, die versoeningsdiskoers in Suid-Afrika, en witwerk.
Afrikaans: US-protesaksie vanaf 9 April
2021-03-31Protes en rollende massa-aksie wag op Wim. Freek Robinson praat met die geskiedkundige Hermann Giliomee en DAK-netwerk se Danie van Wyk.
Toyota US Woordfees 2021: Saartjie Botha oor Flikker & Flash, straatteater en nuwe tye
2021-03-29"Gehore beweeg na verskillende ruimtes om verskillende kunstenaars te sien, amper op die Universiteit Stellenbosch se Vensters-model. Ons glo hierdie vernuwende projek sluit aan by ’n trotse tradisie van Woordfees-waagstukke wat in die verlede aangepak is."
Reguit met Robinson: A Zoom interview with Mike van Graan
2021-03-25Where are the millions? Freek Robinson interviews playwright and activist Mike van Graan from the Sustaining Theatre and Dance (STAND) Foundation and the Theatre and Dance Alliance.
Transgender: keuse of genetika?
2021-03-24"Hoekom sou ons dit wou beheer of manipuleer, en waar trek mens die streep? Sou jy wou beheer uitoefen oor die kleur van jou kind se oë?"
kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Dean Balie
2021-03-17"Teater gaan sterker en nog beter terugkom!"
kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Cintaine Schutte
2021-03-17"Eerstens was dit ’n ongelooflike verrassing. Ek het dit glad nie sien kom nie. Ek dink na ’n jaar soos dié moet elke kunstenaar so ’n toekenning kry."
Marthinus Basson gereed om regisseurs se hande weer vuil te kry
2021-03-17"Ons droom maar almal van op die vloer wees met ’n teks en spelers, en hierdie projek is ter voorbereiding van daardie dag wat ons weer iets kan doen, saam, vir ’n gehoor."
kykNET Fiëstas 2021: ’n Onderhoud met Jana Hattingh
2021-03-17"In ’n desperate situasie, waar oorlewingsplanne gemaak moet word, is die erkenning aan die fees en al die rolspelers van onskatbare waarde. Ons is dankbaar vir kykNET wat, te midde van die inperkings, steeds die kunste ondersteun en werk verskaf aan kunstenaars, tegnici en verskaffers."
Olivia M Coetzee praat met Michaelangelo Abrahams, oorspronklik van "Lovers’ Bay", oor sy kuns
2021-03-16"As jy wil ’n artist is, begin net. En maak foute soveel as wat jy kan. Speel, mors, dit alles gee jou confidence om nie bang te is om lyne of kleur te trek en meng nie."
Om jou ’n Zoeloemonarg raak te verbeel: Johann Lodewyk Marais oor die uitbeelding van Shaka
2021-03-16"As ons ons op die bronne oor Shaka en sy voortspruitende en voortgaande reputasie moet verlaat, was hy beslis ’n briljante militêre strateeg wat baie welslae behaal het. Hy het hom ook die gramskap van mense op die hals gehaal wat tot sameswerings en sy moord gelei het vanweë die buitengewone fisieke en op die duur onrealistiese eise wat hy aan sy vegters gestel het."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Tony Leon
2021-03-11By geleentheid van die verskyning van sy nuwe boek, Future tense ‒ Reflections on my troubled land (Jonathan Ball Publishers, 2021), gesels die politieke veteraan Tony Leon met Freek Robinson oor Suid-Afrika vandag.
LitNet Akademies-onderhoud: Frederik van Dyk oor grond, grondhervorming en grondonteiening
2021-03-08"Die ware vraag is wat die staat ná onteiening met grond doen."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Karl Kemp
2021-03-03Die grond-debat: emosionele stryd of wanbestuur deur die huidige regering? Freek Robinson gesels met die skrywer en regsgeleerde Karl Kemp oor sy boek Promised land.
