Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alan Winde

Freek Robinson, Alan Winde Onderhoude 2020-12-19

Freek Robinson gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, oor sy brief aan die staatspresident om die Tuinroete se strande oop te stel, die onderskeid tussen party en staat, werkloosheid, die ekonomie en die geweldige druk waaronder mediese personeel en wetstoepassers verkeer.

Medikus oor COVID-19 en die pad vorentoe

Freek Robinson, Angelique Coetzee Onderhoude 2020-12-16

Freek Robinson en Angelique Coetzee neem die grendeltyd sedert Maart 2020 in oënskou.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ulrich Joubert

Freek Robinson, Ulrich Joubert Onderhoude 2020-12-11

Is daar enige rede vir optimisme ná ’n jaar van uiterste beproewing? Freek Robinson gesels met ekonoom, Ulrich Joubert.

Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God: Is daar ’n ander antwoord?

Jean Oosthuizen, Ben du Toit Onderhoude 2020-12-11

"Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om ‘uit die kas te kom’ daarmee, veral teenoor hulle nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hulle gevoel of standpunt uitdrukking te gee."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Kris Van de Poel, Conrad Steenkamp en Maarten Vidal

Freek Robinson, Conrad Steenkamp, Kris Van de Poel, Maarten Vidal Onderhoude 2020-12-07

Freek Robinson gesels met Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, Kris Van de Poel, die algemene sekretaris van die (Nederlandse) Taalunie en Maarten Vidal, beleidsekretaris by die (Nederlandse) Taalunie, oor hul samewerkingsooreenkoms.

Fortis Africa Books is FAB: ’n onderhoud met Nadia de Kock

Naomi Meyer, Nadia de Kock Boeke en skrywers 2020-12-03

"Is daar ooit ’n goeie tyd om ’n onafhanklike uitgewery te begin? Maar ja, hierdie jaar was so moeilik dat ek FAB en ons eerste drie boeke as een groot plesier ervaar."

Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman

Naomi Meyer, Lize Beekman Musiek 2020-12-02

"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dennis Fredericks, Theressa Frantz en Konrad Geldenhuys

Freek Robinson, Dennis Fredericks, Theressa Frantz, Konrad Geldenhuys Onderhoude 2020-11-27

’n Derde van die wêreld se vishulpbronne word oorbenut, en die situasie word erger. Sedert 1990 het verbruik van wilde vis met 122% toegeneem, veel vinniger as die bevolkingsgroei. Op 21 November is Wêreld-Visseryedag gevier. Freek Robinson gesels met Dennis Fredericks, waarnemende hoofdirekteur: marinehulpbronnebestuur (Departement Visserye), Theressa Frantz, voorsitter van die Alliansie vir Verantwoordelike Vissery en Konrad Geldenhuys, direkteur: bemarking van die visserymaatskapy Sea Harvest.

’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”

Annie Klopper, HemelBesem Musiek 2020-11-19

"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."

Student eerste in Suid-Afrika met ’n PhD in clowning

Marli van Eeden, Klara van Wyk Onderhoude 2020-11-19

Klara van Wyk is die enigste Suid-Afrikaner tot dusver wat ’n doktorsgraad in clowning, oftewel narkunde of narrery behaal het. Sy het in Maart 2020 haar PhD in die Universiteit Stellenbosch se Dramadepartement verwerf. Klara vertel vir Marli van Eeden meer oor wat haar graad en navorsing behels.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Servaas van der Berg

Freek Robinson, Servaas van der Berg SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2020-11-19

Die grootste deel van die jaar is verlore vir baie van Suid-Afrika se leerders. Freek Robinson gesels met buitengewone professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Servaas van der Berg, oor die impak van COVID-19-maatreëls op onderwys. Wat gaan skole doen as meer leerlinge hul grade moet herhaal? Wat gaan word van leerlinge wat uitval en hulle vasloop in ’n krimpende ekonomie wat weinig geleenthede bied?

"Die Universiteit van die Vrystaat was eintlik nog altyd deel van my lewe"

Melt Myburgh, Rinda Botha Onderhoude 2020-11-18

Rinda Botha, senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die ATKV-SA Akademieprys wat sy ontvang het vir ’n LitNet Akademies-artikel oor heksery en die reg.

Toorbos: ’n onderhoud oor die film

Maryke Roberts, René van Rooyen Film 2020-11-17

Rene van Rooyen, wat nie net die draaiboek geskryf het nie, maar ook die regisseur is, het ook ander blye nuus: Die film is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die gesogte Beste Internasionale Vollengte-film-toekenning by die 2021 Academy Awards. Maryke Roberts het met haar ’n onderhoud gevoer.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Robert Kriger

Freek Robinson, Robert Kriger Onderhoude 2020-11-13

Freek Robinson gesels met Robert Kriger oor die gehalte van Suid-Afrikaanse onderwys.

Passie vir boeke en skrywers voed Annie se towerkrag

Melt Myburgh, Annie Olivier Onderhoude 2020-11-13

Annie Olivier, niefiksie-uitgewer van Jonathan Ball: "Daar is min dinge wat my motiveer soos ’n skrywer wat hard werk en met niks minder as die beste tevrede is nie."

Johann Beukes: Afrikaans die soepelste taal vir filosofie

Melt Myburgh, Johann Beukes Onderhoude 2020-11-12

"Afrikaans is vir my so mooi, want dit het met grammatikale oorbodighede weggedoen. Juis daarom werk die taal so goed in en vir filosofie, waar gestroopte formulering wesenlik belangrik is in meervoudige stellinge."

’n Podsending met Frazer Barry

Robyn van de Rhede, Frazer Barry Onderhoude 2020-11-11

Robyn van de Rhede gesels met Frazer Barry, voorsanger van Tribal Echo Band, oor sy werk en sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees 2020, die Suidoosterfees 2020, asook die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskap-program vir opkomende liriekskrywers en sangers, waar Frazer as mentor opgetree het.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Arrie Rossouw

Freek Robinson, Arrie Rossouw Onderhoude 2020-11-05

’n Verkiesing met die grootste stempersentasie in meer as ’n eeu. Strawwe mededinging met dreigende regstappe deur ’n omgekrapte Trump. Trump het hom voortydig as die wenner verklaar te midde van die COVID-pandemie, wat die VSA erg getref het. Freek Robinson gesels met oudredakteur Arrie Rossouw.

ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud

Izak de Vries, Chanette Paul Boeke en skrywers 2020-11-05

"Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats. Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke."

#opdielug met Deidre Jantjies

Robyn van de Rhede, Jantjies Deidré Onderhoude 2020-11-04

Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies. Deidre vertel vir Robyn van de Rhede meer oor haar vervaardigingsmaatskappy (wat onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel) en haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.

Top