Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Heindrich Wyngaard en Phil Craig

  • 6

Wil die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap afstig, of wil hulle net groter seggenskap hê in die manier waarop die provinsie bestuur word? Freek Robinson gesels met joernalis Heindrich Wyngaard en Phil Craig van die Cape Independence Advocacy Group (CIAG).

 

  • 6

Kommentaar

  • Gustaf Claassens

    "One small step for man, one giant leap for mankind........"

    In wese is dít hoe enige (deurbraak) idee posvat en groei. Met 'n eerste klein treetjie. Ook op politieke gebied. Dit gebeur gewoonlik as gevolg van die onvermoë van 'n regering (in die geval die die ANC) om effektief te regeer. Die verwagting is dat steun vir die 'Cape Exit' gedagte 'n opwaartse kurwe sal bly toon aangesien die ANC se lys van mislukkings net langer sal word. Hulle magsbeheptheid en inherente ingesteldheid op korrupsie is bloot twee van menige ander faktore wat hiertoe sal bydra.

    Dis net onder die swart gemeenskap in die Wes Kaap waar steun vir 'n meer 'onafhanklike staat' moeilik sal wees. Die rede is eenvoudig, hierdie mense stem op grond van ras (rassisme?) en die ANC is hulle voertuig. Boonop pas die ANC se beleidsrigting hulle. Met BEE hoef jy net swart te wees om poste te te kry en bevoordeel te word. Kundigheid, vermoë, kwalifikasies en kundigheid speel geen rol nie. Om die waarheid te sê, BEE is die grootste enkele faktor wat SA in duie laat stort het. Van Eskom, Danel, die SAUK, SAL tot Staatsinstellings soos Onderwys, Gesondheid, Plaaslike regering ensomeer.

    Suid-Afrika staar gevolglik baie uitdagings in die gesig. Al wat seker is, is dat niks seker is nie. Om 'n standhoudende oplossing te kry sal nog baie gedink moet word. Die politieke situasie in 'n verrinneweerde land soos Suid Afrika is uiters vloeibaar. Die gedagte van 'n meer onafhanklike Wes Kaapland kan dalk deel van 'n (geheel)oplossing wees. Wie weet. Daar is ook ander moonlikhede. Niks is staties nie. Feit bly dat onverantwoordelike optredes van regerings soos die ANC (re)aksies van mense en kultuurgroepe aktiveer in 'n soeke na vrede en vooruitgang. Ideale van selfbeskikking waar taal en kultuur 'n werklikheid is, maak dat idees geherformuleer en nagestreef word. Tyd sal leer wat die koers is wat ingeslaan sal word. Al waarop gehoop kan word is dat enige proses vreedsaam sal verloop en dat daar 'n plek vir almal in die son sal wees.

  • Soos Gustaf hierbo noem, gaan die Swartes in die Weskaap moeilik vat kry aan die idee omdat hulle baat dmv BEE by die huidige sisteem. In werklikheid wil die CIAG net 'n kleiner weergawe van die huidige SA in die Weskaap stig . Dit is waarom ek dink dat die VVA wie se fokus op minderheids groepe val, 'n beter plan het.

  • Henning Janse van Vuuren

    Hierdie is my eerste kennismaking met ʼn RMR-Zoomgesprek en wat my dadelik opgeval het is die ontspanne tempo. TV-debatte het dikwels die gevoel van woelige spitsverkeer, terwyl hier op die oop pad gesels word sonder ontydige, irriterende advertensies.

    Ek glo vas as die Wes-Kaap kon afstig, is hulle binne ʼn dekade loshande ʼn eeu voor die res van ons. Hulle sal dit onder ons neuse vryf, want hulle is so, maar dit sal ons nie pla nie, want teen daai tyd is als al gebreek, ook ons moed.

    The whole place is pickled
    The people are pickles for sure
    And no one knows if they've done more here
    Than they ever would do in a jar

    This could be Rotterdam or anywhere
    Liverpool or Rome
    'Cause Rotterdam is anywhere
    Anywhere alone
    Anywhere alone

    And everyone is blonde
    And everyone is beautiful
    And when blondes and beautiful are multiple
    They become so dull and dutiful

    (The Beautiful South ‒ Rotterdam)

    Vir wat kom draai die liedjie nou?

  • Christo Volschenk

    Heindrich, sodra die bruin gemeenskap begryp dat 'n onafhanklike Wes-Kaap sy kans is om die sterkste, of leidende politieke krag vir die Wes-Kaap te wees, wat die beleide deurdruk wat die bruin gemeenskap tot sy reg kan laat kom - vir die eerste keer sedert 1652. Ek is seker die bruin gemeenskap sal vroeër of later begryp...

  • I think Phil Craig said something like 65% of them want a referendum. Can the DA afford to blatantly ignore such a large majority of its WC supporters?

    Especially with the Freedom Front Plus, now taking a keen interest in Cape independence.

  • The realities of SA are:
    1. A govt incapable of managing the economy, a govt incapable of managing state owned entities, a govt incapable to deliver basic services, everything govt touches is destroyed, govt disregarding minority groups.
    2. Blatantly dishonest corrupt govt officials are not prosecuted. Minorities eg the Cape Coloureds have been crushed. Appalling state of government’s finances means further tax increases. The state has failed and is unable to function in the interests of the people. It is naive to think that or hope that this mess can be saved by the ANC or that they will ever get their act together.
    3. “We have become a society that creates, rewards and protects thieves, parasitic, ambitious and greedy thieves with an insatiable lust for money, and an aversion to honest work and creativity.” (Anthony Turton)
    4. One thing is certain and that is that there will be change. We must control and take charge of that change. The positive thing is that by destroying everything the govt has given us an opportunity to create something new. Govt cannot fix the mess they have created.
    5. Why keep on bashing your head against an economic illiterate government which is so willfully hellbent on pursuing failed policies?
    6. Secession is the future where minorities can enjoy their basic human rights, without domination and oppression. Independence of those regions where minorities are in fact the majority. If the majority wants to destroy that part of the country where they form the majority, they welcome to do so.
    7. Cape independence is an idea for which the time has come and its support is growing by the day judging from daily conversations with common decent people who have had enough.
    8. Cape independence is not a racist thing: It is about making a part of the country work efficiently for its citizens.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top