Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

"My nooi is in ’n nartjie": ’n onderhoud met Lara Kirsten oor die ClemenGold-projek

Naomi Meyer, Lara Kirsten Onderhoude 2020-10-22

"Nadat hy my gedigte ontvang het, het hy met groot opwinding van sy idee vertel – ek moet ’n hele paar skrywers in Suid-Afrika nader om oor die nartjie te skryf."

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

Melt Myburgh, Johann van Loggerenberg Onderhoude 2020-10-19

"Ek moet byvoeg dat die effek van staatskaping die klimaat vir korrupsie geweldig aangewakker het. Skielik was ons krimineleregstelsel en die SAID gebreek en was daar geen ware bedreiging vir skelms nie, en dit het hulle net meer aangespoor."

Tribuo-fonds: Nuwe fonds help kunste na pandemie

Marli van Eeden, Cornelia Faasen Onderhoude 2020-10-19

"Kunstenaars wil nie bakhand staan nie, en ons grootste prioriteit is om nou vir kunstenaars en tegnici werk te skep, terwyl ons in gedagte hou dat daar ’n groot nood is. Die volgende siklus open op 1 November en die aansoekvorm sal ook daar beskikbaar wees op ons webblad."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Elmien du Plessis

Freek Robinson, Elmien du Plessis Onderhoude 2020-10-15

Wat gaan van grond word? Freek Robinson gesels met Elmien du Plessis, medeprofessor in onder andere onteieningsreg by Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Stam: ’n onderhoud met Louw Venter

Naomi Meyer, Louw Venter Film 2020-10-15

"Ek koester ’n droom vir Afrikaanse film wat op sy eie twee bene kan staan op die wêreldverhoog. Onverbonde aan die vrees oor teer punte vir plaaslike gehore. Afrikaanse film wat broos, dapper en modern is op dieselfde manier as onafhanklike kunsfilms soos dié vanuit Suid-Korea, Suid-Amerika en Europa."

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Naomi Meyer, Danie van Wyk Onderhoude 2020-10-15

"DAK is afgelei van die name van drie prominente Khoi-leiers aan die Kaap in die vroeё 1600’s, naamlik Doman, Autshumao en Krotoa."

Ingrid Jones se inperkingsresepte word ’n kookboek en tydskrif: ’n onderhoud

Maryke Roberts, Ingrid Jones Kos en wyn 2020-10-15

"Dit voel soos my tribe ..."

Reguit met Robinson: ’n Podsending met Pieter-Dirk Uys

Freek Robinson, Pieter-Dirk Uys Onderhoude 2020-10-14

Die satirikus Pieter-Dirk Uys vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag, tannie Evita haar 85ste. Freek Robinson gesels met Pieter-Dirk oor korona, korrupsie, Afrikaners en tannie Evita.

Tienermeisies vertel self oor hulle ervarings van die grendelstaat

Christelle Fürstenburg Onderhoude 2020-10-13

"Opvallend is dat van dié dogters se stemme stiller geword het; hulle het ernstiger geraak, is meer teruggetrokke en meer volwasse, sodat hulle nie aldag meer oor tienergoed of lawwighede wil gesels nie."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo de Jager

Freek Robinson, Theo de Jager Onderhoude 2020-10-09

"Ons is ’n onlosmaaklike deel van die storie van hierdie land. Ons kan nie net geïgnoreer word nie." Freek Robinson gesels met Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) en president van die Wêreldboereorganisasie, oor plaasveiligheid, onteiening en voedselsekerheid.

Nina Schumann: Om ’n lewe aan 88 klawers te wy

Wilken Calitz, Nina Schumann Onderhoude 2020-10-07

Nina Schumann het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier en is al sedert haar tweede lewensjaar besig om die wondere van musiek te ontdek. Dis die note, die eindelose maniere om musiek te vertolk, die strukture, geheime sinergie tussen gehoor en performer wat haar ná soveel jare steeds betower om daagliks ondersoek in te stel na wat verskuil is in die 88 klawers van die klavier. Wilken Calitz gesels met Nina.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met JP Landman

Freek Robinson, JP Landman Onderhoude 2020-10-03

Thabo Mbeki het in die laat 1980’s gewaarsku: Bevryding in Suid-Afrika sal gepaard gaan met groot korrupsie. Tans word daar heelwat gedoen om staatskapasiteit te versterk, maar die ANC moet nog sy kant bring. Dit gaan nie ’n maklike geveg wees nie. Die politiek-ekonomiese ontleder JP Landman vertel meer.

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

Melt Myburgh, Leonie van Rensburg Onderhoude 2020-10-02

"Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer

Freek Robinson, Ivan Meyer Onderhoude 2020-10-01

Waarom is die DA ’n voorstander van wat hulle nierassigheid noem? Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel meer.

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

Melt Myburgh, Danie Kloppers Onderhoude 2020-10-01

"Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams

Freek Robinson, Quinton Adams Onderhoude 2020-09-29

Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. Om ’n buitetoilet te gebruik is lewensgevaarlik vir vrouens. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif. ’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou. Hy vertel vir Freek Robinson meer oor The Shackbuilder-projek. 

André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur

Melt Myburgh, André Duvenhage Onderhoude 2020-09-22

"In Suid-Afrika is politiek inderdaad ’n spel wat handel oor mag, oorlewing en bevoordeling, en jaloesie en afguns eindig dikwels met die dood. Die laaste skoot in hierdie geveg is nog nie gevuur nie en Ramaphosa se rug is baie oop."

"Liefde love uthando" vier Suid-Afrika se diversiteit in Erfenismaand

Marli van Eeden, Bouwer Bosch, Freddy L, Gazelle Onderhoude 2020-09-22

"Ons lewe in ’n unieke land met soveel kulture en tale. Dit sorg vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is."

ekstasis-kortfilm vertel queerliefdesverhaal van vroue

Marli van Eeden, Kanya Viljoen, Emilie Badenhorst Onderhoude 2020-09-16

"Ons dink dit is wonderlik dat queerverteenwoordiging daagliks al hoe meer te sien is en dat dit al hoe minder van ’n taboe onderwerp in die samelewing word. Dit gesê, voel dit asof daar nog baie werk rondom queerverteenwoordiging gedoen moet word, veral as dit by vrouens en non-binary liggame kom."

#opdielug met Chase Rhys

Robyn van de Rhede, Chase Rhys Onderhoude 2020-09-11

Robyn van de Rhede gesels met skrywer Chase Rhys oor Kinnes, Kaaps en verteenwoordiging.

Top