Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

"Mensehandel is ’n verskuilde, misdadige bedryf": ’n onderhoud met Beatri Kruger

Cliffordene Norton, Beatri Kruger Onderhoude 2020-07-29

"Mensehandelaars is uitgeslape en stel vas wat hul potensiële slagoffers se drome en kwesbaarhede is. Hulle word dan mislei en gelok na ’n 'beter lewe' met sogenaamde glansryke geleenthede vir werk, opleiding, wêreldreise of wat ook al die slagoffer se drome is."

Bly weg van dié woorde om aanstoot te vermy

Melt Myburgh, Jana Luther Onderhoude 2020-07-28

Jana Luther: "Vermy stereotipes. Die beste manier om onbevooroordeeld te skryf en onbevooroordeeld te praat, is om na mense te kyk en hulle as individue te beskryf."

Skoolverlaters se vermoë om hul eie werk te skep: Vyf vrae aan Adri du Toit

Liné Loff, Adri du Toit Onderhoude 2020-07-27

"Die vak Verbruikerstudie bied feitlik onbeperkte beroepsgeleenthede in ’n wye spektrum rigtings, asook waardevolle en goedgestruktureerde entrepreneurskapsinhoud, sodat leerders wat dit verkies, selfgerig werksgeleenthede kan skep."

Medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek

Freek Robinson, Angelique Coetzee Onderhoude 2020-07-23

Geheimhouding pla, sê Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama).

Op die frontline: ’n Onnerhoud met Joshua Kinnear oor die bou van ’n gemeenskapradio

Olivia M Coetzee, Joshua Kinnear Onderhoude 2020-07-22

"Om ’n frequency te kry in Suid-Afrika is baie swaar en met ’n online radiostasie kan mense orals in die wêreld na ôs luister. So ôs mikpunt is om almal in die wêreld wat ôs musiek love of in Suid-Afrika gewoon het, kans te gee om na hulle home country se musiek te luister."

Justice in the time of COVID-19: an interview on the outcome of LAW FOR ALL’s writing competition

Naomi Meyer, Jackie Nagtegaal Opinion 2020-07-22

"I am deeply worried about the current status quo, and how we will answer in the face of COVID. The justice inequality stands to be aggravated by the aftershock of the epidemic."

Sjaka S Septembir oor Nag van die slang-uil en die legendariese Staal Burger

Remona Voges, Sjaka S Septembir Onderhoude 2020-07-21

"Ek het geen idee wat die feeste van die toekoms vir ons inhou nie, maar ek is flippen nuuskierig en opgewonde daaroor … al kom elke nuwe geboorte met pyn."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Braam Hanekom

Freek Robinson, Braam Hanekom Onderhoude 2020-07-16

Freek Robinson gesels weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers. Vandeesweek is Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis en voorsitter van die Hoop en Versoening Trust, aan die beurt. Freek en Braam gesels oor leefwêrelde, maatskaplike probleme en dialoog binne plaaslike gemeenskappe.

DigiKuns: ’n onderhoud met Jacqueline Göttert

Naomi Meyer, Jacqueline Göttert ATKV-Portaal 2020-07-15

"ATKV-DigiKuns bied vir die ATKV die geleentheid om gedurende onsekere tye steeds ’n aktivis te bly vir die ontwikkeling van kuns, kultuur, die mens en uiteindelik die samelewing in sy geheel."

"Jy is nooit groter as die storie wat jy vertel nie" – Christo Davids oor kunstenaarskap en Spoorloos II: Heksejag

Remona Voges, Christo Davids kykNET Portaal 2020-07-14

"Stories dwing mens half om te luister na wat iemand te sê het. Vir my is dit belangrik omdat dit kom met ’n groot verantwoordelikheid. Stories kan maak en stories kan breek. Daai besluit lê in die ink van die skrywer."

ATKV vier vanjaar 90ste bestaansjaar

Marli van Eeden, Gerrie Lemmer Onderhoude 2020-07-10

"Ná 90 jaar wil die organisasie steeds die verskil wees wat hy al vir jare vir Afrikaans in Suid-Afrika was." Marli van Eeden gesels met Gerrie Lemmer, die uitvoerende hoof van kultuur van die ATKV.

Bekroonde Libertaskoor hou aanlyn vertoning ten bate van liefdadigheid

Marli van Eeden, Johan de Villiers Onderhoude 2020-07-10

Sluit aan by die bekroonde Libertaskoor op Saterdag 11 Julie om 19:00 vir ’n virtuele aanlyn vertoning, gelei deur seremoniemeester Gillian Arendse. Instrumentale begeleiding word aangebied deur Gerhard Niemand op die klavier, die Ramon Alexander Trio, en Zorada Temmingh op die orrel. Die vertoning sal tot 18 Julie beskikbaar wees om te kyk. Johan de Villiers, wat sedert die stigting van die koor in 1989 die dirigent van die koor is, vertel meer oor hul eerste aanlyn vertoning.

Nederlandse seemanstaal en Afrikaanse uitdrukkings – ’n onderhoud met Annél Otto en Else Boekkooi

Remona Voges, Else Boekkooi, Annél Otto Onderhoude 2020-07-09

"Al is ons taal minder as 400 jaar oud, gaan sy wortels veel en veel dieper. Dis waar ons wil uitkom, juis in hierdie tyd waarin soveel idiomatiese uitdrukkings besig is om in onbruik te raak."

#opdielug met Veronique Jephtas

Robyn van de Rhede, Veronique Jephtas Onderhoude 2020-07-08

Die negende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Veronique Jephtas. Sy is een van die ses skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020. Robyn gesels met Veronique oor, onder andere, haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme. 

"Vanuit mijn universitaire biotoop" ‒ Alwyn Roux in gesprek met Yves T’Sjoen

Yves T'Sjoen, Alwyn Roux NeerlandiNet 2020-07-08

"Internationale samenwerking is van cruciaal belang."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen

Freek Robinson, Francis Petersen Universiteitseminaar | University Seminar 2020-07-07

Voortaan gaan Freek Robinson weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers gesels. Eerste aan die beurt is Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Freek gesels met Francis oor transformasie en die besluit om die standbeeld van oudpresident Marthinus Theunis Steyn te verwyder.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

Willie Burger, Hein Viljoen Boeke en skrywers 2020-07-06

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Bernie Plaatjies, Henry Fillies Onderhoude 2020-07-02

"Soms is die bloedjies so oulik jy kan hulle opvreet en soms so onmoontlik jy wens jy het hulle opgevreet."

Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)

Menán van Heerden, Rafiek Mammon Onderhoude 2020-07-02

Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.  

#opdielug met Tasneem Daniels

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tasneem Daniels Onderhoude 2020-07-02

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

Top