Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

  • 1

Na aanleiding van Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman en Ronel van Oort se Opvoedkunde-artikel in LitNet Akademies, “Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale”, lei Estelle Kruger ’n gesprek met die navorsers, en ook met kenners van jeugliteratuur. Die gespreksgenote om die virtuele tafel is die drie skrywers van die artikel en twee jeugliteratuurkenners, Henriëtte Loubser en Nicol Faasen.

Welkom aan almal. Julle elkeen was/is betrokke by die onderrig van jeugliteratuur – vertel asseblief vir ons kernagtig wat die kern van julle elkeen se hoedanigheid hierin was/is.

Elize:1 Ek het vir 23 jaar in die Senior en VOO-fase skoolgehou en was vir 12 jaar agtereenvolgens die hoofeksaminator van die Afrikaans Huistaal Literatuurstudievraestel. Sedertdien is ek reeds vir 10 jaar betrokke by die onderrig van Afrikaanse letterkunde aan voornemende onderwys- en nagraadse studente.

Janneke: Ik ben medeauteur van een handboek over jeugdliteratuur en didactiek en werd me bij het schrijven nog sterker bewust van de belangrijke rol van de docent als bemiddelaar.

Ronel: Ek het die groot voorreg om reeds vir 20 jaar Afrikaanse letterkunde, wat jeugverhale en -films insluit, vir tweedejaarstudente aan te bied.

Henriëtte:2 Ek was ’n bibliotekaris by die US se Opvoedkunde-biblioteek, en dus nie betrokke by onderrig van jeugliteratuur nie, maar wel by die ondersteuning van en aanbevelings aan gebruikers by die keuse en aanwending van tekste in die klaskamer. Verder skryf ek jeugliteratuur wat ekologiese temas het.

Nicol: Ek was ’n Engelsonderwyser, daarna betrokke by indiensopleiding aan onderwysersentrums, lid van SAOU se keurkomitee vir voorgeskrewe werke vir Engels en van die komitee vir Engels- voorgeskrewe werke van die Kaaplandse Onderwysdepartement (WKOD). Later was ek lid (en later hoof) van Kurrikulumdiens van die Kaaplandse Onderwysdepartement en Wes-Kaapse Onderwysdepartement verantwoordelik vir tale; hoofvakadviseur vir Afrikaans van die WKOD; betrokke by komitees vir voorgeskrewe werke; moderator vir matriekletterkundevraestel; betrokke by kurrikulumwerk op nasionale vlak en indiensopleiding. Daarna was ek uitgewer by Tafelberg Uitgewers en Nasou Via Afrika, verantwoordelik vir tale, onder andere ’n verskeidenheid letterkundetitels vir skoolgebruik. Tans skryf en redigeer ek letterkundetitels vir verskeie uitgewers as vryskutwerker.

Skrywers

Die skrywers: Ronel van Oort, Elize Vos en Janneke de Jong-Slagman (Foto’s: verskaf)

Wat is die agtergrond van die studie – maw …

 Watter omstandighede het hierdie navorsing van julle geïnspireer?

Elize: Die NWU en Driestar Educatief in Gouda, Nederland het ʼn samewerkingsooreenkoms. Tydens ʼn besoek aan Driestar Educatief het ek vir dr De Jong-Slagman ontmoet en besef ons het ʼn gedeelde belangstelling in jeugliteratuur.

Janneke: Onze studenten en alumni zijn geneigd veilige boekenkeuzes te maken omdat ze bang zijn voor confrontaties. Ik betreur dat, want met zo’n keuze blijven mooie onderwijs- en vormingsdoelen onbenut. Graag wilde ik onderzoeken hoe dat kwam en wat we eraan zouden kunnen doen. Daarvoor was onderzoek nodig.

Ronel: Die oorgrote meerderheid Afrikaanse jeugverhale wat tans gepubliseer word, bevat omstrede kwessies as temas. 

  • Hoe het julle bewus geword van die mediëring van omstrede kwessies in jeugliteratuur en die implikasies daarvan in die onderwys?

Elize: Uit onderrigervaring het ek besef dat leerders al meer met omstrede kwessies in jeugliteratuur gekonfronteer word en dat taalonderwysers nie altyd oor die nodige kennis beskik hoe om hierdie kwessies te medieer nie en dit daarom dan eerder vermy.

Janneke: De belangrijke rol van de docent als bemiddelaar zou veel explicieter onder de aandacht van onze studenten gebracht moeten worden. Jeugdliteratuur is doel van het onderwijs, maar ook middel: een prachtig middel om lastige kwesties te bespreken: leerlingen spreken er op een veilige manier over, namelijk via het verhaal en zijn personages.

Ronel: Sekere skole, taalonderwysers en universiteitsdosente vermy jeugverhale met omstrede kwessies en neig terug na jeugverhale wat die realiteite van die lewe nie weerspieël nie, maar wat van idealistiese en idilliese aard is.

  • Wie is die lesers van die artikel en ons gesprek?

Elize: Voornemende taalonderwysers, maar beslis ook praktiserende taalonderwysers.

Janneke: Ja, dat zijn (aanstaande) docenten die literatuuronderwijs geven.

Ronel: Diegene met ʼn belangstelling in jeugverhale, taal- en aspirantonderwysers en universiteitsdosente wat jeugliteratuur aanbied.

Die kenners: Nicol Faasen en Henriëtte Loubser (Foto’s verskaf)

Wat is die kern van hierdie artikel en hoe vul dit (moontlik) ’n leemte – hier in Suid-Afrika en in Nederland - in die onderwysberoep?

Elize: Vir my is die kern van ons artikel beslis die riglyne vir Nederlandse en Afrikaanse taalonderwysers om omstrede kwessies in jeugliteratuur met leerders te medieer.

Janneke: In Nederland zijn verschillende scholen, die vanuit hun eigen denominatie denken (en vanuit de angsttheorie).

Ronel: Die kern is die ingeligte aanbieding van jeugverhale waarin omstrede kwessies voorkom.

Nicol: Uit die oogpunt van klaskamerpraktyk is die hart van die artikel riglyne vir mediëring van omstrede kwessies. Uit ’n akademiese invalshoek word “jeug”, “jeugverhale”, “omstredenheid” en “mediëring” ondersoek.

 Hoe definieer julle die volgende:

  • “omstrede kwessies” in jeugliteratuur?

Elize: Dit is betwisbare onderwerpe en omdat daar soveel meningsverskille hieroor is, byvoorbeeld genadedood en aborsie, is dit onderwerpe wat emosie- en konflikbelaaid is.

Janneke: Kwesties waarover stevige verschillen van mening bestaan, waarover morele opvattingen botsen. De Grondwet is duidelijk, maar de uitgangspunten en het bestaansrecht van bijzondere scholen eveneens. Dat kan spanning geven. Op een ‘zwarte school’ in Nederland is bijvoorbeeld de holocaust een omstreden kwestie; op een orthodox-christelijke school is dat bijvoorbeeld euthanasie.

Ronel: Dit is ʼn betwisbare onderwerp, aangesien ʼn definisie daarvan van individue, sosiokulturele groepe, skole en lande kan verskil.

Nicol: Sake (onderwerpe, temas, boodskappe, taalgebruik, tonele, karakters, ens) in jeugverhale waaroor meningsverskille kan bestaan. Dis dikwels sake van ’n hedendaagse, vernuwende aard waaroor standpunte tussen verskillende lesers (die jeug, onderwysers, die breër gemeenskap) uiteenlopend kan wees.

 “selfgerigte lees” in hedendaagse multikulturele klasse?

Elize: Dit vind plaas wanneer leerders self die verantwoordelikheid vir hulle leeservaring kan neem, mits hulle toegerus is met bepaalde leesstrategieë.

Janneke: Lezersgericht of zelfgericht literatuuronderwijs betrekt het verhaal op jongeren en hun eigen ontwikkeling.

Ronel: Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer.

Nicol: Lees na eie keuse in eie tyd volgens ’n innerlike leesmotivering. Leesmateriaal wat aantreklik vir verskillende lesers met uiteenlopende leesvoorkeure is, moet beskikbaar wees.

  • “vryheid van keuse” ten opsigte van jeugliteratuur wat dalk (moreel) aanstootlik is?

Elize: Dit is die ingeligte keuse wat taalonderwysers met omsigtigheid moet maak wanneer hulle jeugliteratuur met omstrede aard vir hulle leerders voorskryf.

Janneke: Als jongeren autonoom zijn in hun keuze, zijn ze meer gemotiveerd. Ze moeten volwassen worden en de weg daarnaartoe is niet eenvoudig. Opvoeders en onderwijzers moeten daarom niet te beschermend zijn, maar zorgen dat aanstootgevende kwesties open besproken kunnen worden in een veilige, niet veroordelende omgeving.

Ronel: Vir my beteken “vryheid van keuse” die “ingeligte keuses” wat taalonderwysers maak. Taalonderwysers moet hulle leerders sodanig ken dat hulle jeugverhaalkeuses sal uitoefen wat geen leerder aanstoot sal gee nie.

Nicol: Individuele jeugdiges mag lees wat hulle volgens eie keuse wil lees binne die grense wat byvoorbeeld pornografie en geweld uitsluit. Amptelike voorgeskrewe leesmateriaal vir skole behoort gereguleer te wees.

As jy die skoolhoof in ’n multikulturele skool sou wees ...

  • Hoe sou jy onderwysers se indiensopleiding aangaande omstrede kwessies in jeugliteratuur in die werksituasie bestuur?

Elize: Ek sou eerstens sensitief ingestel wees daarop dat taalonderwysers verskillende perspektiewe oor die mediëring van omstrede kwessies handhaaf; tweedens sal ek hulle bewus maak van die mediërende rol van die taalonderwyser; derdens sal ek kenners kry om meer inligting aangaande die omstrede onderwerp met hulle te deel; en laastens behoort taalonderwysers toegerus te word met riglyne om omstrede kwessies in jeugliteratuur met hulle leerders te kan medieer.

Janneke: Pedagogisch-didactische vaardigheden zijn een voorwaarde Beginnen met verhalen die niet àl te uitdagend zijn. Ervoor zorgdragen dat het schoolhoofd achter de keuze staat; dus het beleid moet goed geformuleerd zijn en functioneren in de schoolpraktijk.

Ronel: Ek sou voornemende Afrikaans- en Nederlands-taalonderwysers met riglyne om leerders in die leesproses te medieer, bemagtig.

Henriëtte: Ek sou onderwysers daarvan bewus maak dat omstrede kwessies in verhale met ʼn doel aangeraak word en dat dit die ideale geleentheid skep om bespreking oor ʼn moeilike onderwerp aan te moedig, sodat leerders dit (dikwels in ʼn taal wat hulle verstaan en dmv kwessies wat tot hulle spreek) kan bespreek en idees daaroor kan uitruil. Dit moet baie omsigtig deur die begeleier hanteer word, want leerders soek nie voorskriftelikheid nie – hulle wil die verhaal geniet en daaroor besin en die onderwyser moet hier die rigting gee, sonder om te preek en eie vooroordele af te dwing.

Nicol: Die taalvakgroep binne ’n skool, onder leiding van ’n vakhoof, is ’n kritieke kern vir indiensopleiding. Interskoolstudiegroepe onder leiding van byvoorbeeld ’n onderwysersentrum kan dit aanvul. 

  • Hoe sou jy verseker dat onderwysers meer ondersteun word sodat hulle daartoe in staat is om jeugliteratuur met omstrede kwessies te verstaan?

Elize: Hulle moet voortdurend bewus gemaak word van die nuutste navorsing op hierdie gebied.

Janneke: Samenwerken met meer ervaren collega’s, goede voorbeelden laten zien (les opnemen op video?), wellicht bijscholing.

Ronel: ʼn Voorstel sou wees om hierdie artikel as vertrekpunt te gebruik.

Henriëtte: Deur gedeelde entoesiasme en deur die ontwikkeling van die nodige kennis oor en bestudering van jeugliteratuur (ook dié met omstrede kwessies daarin vervat) kan die skeptiese onderwyser dalk net oortuig word. Sodra onderwysers die waarde van stories, die leersaamheid, die genot, die moontlikhede daarvan besef, sal hulle verstaan hoekom jeugverhale belangrik is. Nie alle onderwysers is letterkundiges nie, nie alle onderwysers is boekwurms nie, dit is te verstane, maar deur hulle met die nodige kennis toe te rus, die nodige tyd daaraan te spandeer, die opwinding te deel, kan onderwysers ondersteun word.

Nicol: Omstrede kwessies het verskeie potensieel en botsende keerkante, byvoorbeeld persoonlike waardes (wat onderwysers in sekere mate moet opskort), professionele verpligtings (die onderwyser is verplig om die werk te onderrig), die gemeenskapswaardes (volgens die skolewetgewing moet dit ’n rol speel in die keuse van voorgeskrewe leesmateriaal), leerders se leefwêrelde en blootstelling aan hedendaagse tendense, en die waardes wat die teks veronderstel.

  • Hoe sou jy verseker dat onderwysers begelei word om objektief te staan teenoor die omstrede kwessies as dit vir hulle self aanstootlik is?

Elize: Onderwysers moet besef dat leerders aan hierdie omstrede kwessies blootgestel word en dat die onderwyser ʼn etiese verantwoordelikheid het om ʼn veilige klaskameromgewing te skep waarbinne leerders nie veroordeel mag word nie. Taalonderwysers moet hulle daarvan weerhou om aan hulle eie standpunte voorkeur te gee.

Janneke: Dit is een lastig punt. Docenten moeten hun leerlingen laten weten wat de Grondwet over het thema zegt. Als deze euthanasie toestaat of niet, is het aan de docent om middels een verhaal andere opvattingen te berde te brengen. Niet dat leerlingen die moeten overnemen – zij hebben ook vrijheid van meningsuiting – maar wel om te voorkomen dat zij anderen niet respecteren of beledigen.

Ronel: Ons leef in multikulturele lande wat wedersydse respek vereis, daarom moet daar eerstens respek vir mekaar wees – sonder respek is objektiwiteit onmoontlik.

Henriëtte: Onderwysers kan daarop gewys word dat ʼn aanstootlike sosiale kwessie in ʼn jeugwerk die werklikheid weerspieël. Dat dit nie weggewens of dood geïgnoreer kan word nie. Om daarvan weg te deins gaan nie die probleem laat verdwyn nie. Die skrywer spreek die kwessie in sy/haar jeugverhaal aan en deel dit met die leser. Die onderwyser is die begeleier van wie daar objektiwiteit verwag word. Al is dit moeilik, al stuit dit jou teen die bors, is dit die onderwyser se verantwoordelikheid as professionele opvoeder om ook hierdie kwessies te hanteer.

Nicol: Onderwysers behoort begelei te word om te verstaan hoe hierdie belange uitspeel, en dat nie een stel voorrang behoort te kry nie. Daarby behoort onderwysleiers (vakhoofde, kurrikulumbestuurders, skoolhoofde) onderwysers bloot te stel aan die soort riglyne wat die artikel bied.

In watter mate het die artikel die aktualiteit van omstrede kwessies in jeugliteratuur vernuwend en met kreatiewe perspektief vir die leser ontsluit? Motiveer asseblief.

Elize: Die fokus op omstrede kwessies in Nederlandse én Afrikaanse jeugliteratuur is vernuwend; veral ten opsigte van die mediërende rol van die taalonderwyser.

Janneke: In het artikel wordt niet louter gefocust op de omstreden kwesties, maar ook op de morele ontwikkeling en de psychologie van de jonge lezer. De docent als bemiddelaar kan veel betekenen voor het literatuuronderwijs én daarmee voor de vorming van de leerlingen.

Ronel: Die historiografiese beskrywing het perspektiewe ten opsigte van die ooreenstemming van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale in ʼn verhelderende lig gestel.

Nicol: Die redelik konserwatiewe grondslag bring mee dat die meeste potensiële lesers dit waarskynlik nie as vernuwend en kreatief sal ervaar nie. Dit bied wel deurdagte akademiese agtergrond tot die hoof- en subtemas en belangrike en nuttige praktiese riglyne.

Die navorsing handel oor die mediëring van Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur. Dink julle dit is beduidend van jeugliteratuur in ander tale? Verduidelik asseblief.

Elize: Ja, ek dink beslis so. Jeugdiges worstel wêreldwyd met omstrede kwessies en hierdie kwessies reflekteer wel in internasionale jeugliteratuur.

Janneke: Ik denk dat de uitkomst wel universeel is en op kleine en grote schaal van toepassing.

Ronel: Ja, want daar kom baie meer ooreenkomste as verskille in internasionale jeugliteratuur voor.

Nicol: Ja – die artikel se premisse en grondliggende inhoud en argumentering is algemeen geldend.

Die insluiting van jeugliteratuur met omstrede kwessies in kurrikula het gelei tot verskillende opvoedkundige probleme – byvoorbeeld skole wat weier om Breinbliksem (Fanie Viljoen) as voorgeskrewe werk te gebruik. Dink julle dat opvoeders nou geleer het om hierdie uitdaging die hoof te bied? Motiveer asseblief.

Elize: Ek hoop dat taalonderwysers nie meer sal skroom om jeugverhale van ʼn omstrede aard te medieer nie, solank dit met empatie en respek gedoen word. Dit is belangrik dat leerders begelei word deur die oorsake, gevolge en moontlike oplossings van hierdie kwessies.

Janneke: Of ze het geleerd hebben, weet ik niet. Het is wel duidelijk dat we het probleem erkennen en dat het zich wellicht vaker voordoet dan bekend is. Het artikel kan een aanjager zijn om het te bespreken in de vakgroep / de school en dan kan men hopelijk ‘voorzichtig’ toch beginnen met mediëring.

Ronel: Die hoop beskaam nie dat taalonderwysers die uitdaging sal aanvaar nie, maar dit tog met omsigtigheid en respek sal benader.

Henriëtte: Daar is waarskynlik steeds skole/onderwysers wat wegskram van hierdie tekste as voorgeskrewe werke. Dit is ʼn groot jammerte, want dit is nodig dat hierdie kwessies ontmasker word as werklike, sosiale probleme. As opvoeders, behoort onderwysers hierdie uitdaging te aanvaar.

Nicol: Omstrede kwessies in amptelike voorgeskrewe werke is ’n redelik onlangse neiging. Voorheen het gevoelighede byvoorbeeld gegaan oor pejoratiewe woorde en seksuele innuendo’s; vandag is die kwessies meer eksplisiet, soos in Die verdwyning van Mina Afrika (verkragting, aborsie, “gemengde” verhoudings), Vaselinetjie en Fiela se kind (ras en identiteit) en Toorberg.3

’n Algemene indruk is dat ouer onderwysers waarskynlik minder gemaklik met byvoorbeeld kru taal, eksplisiete sekstonele en maatskaplike ongeregtighede uit die verlede sal wees as jonger onderwysers. Toegewyde, eerlike en gevoelige onderwysers van watter ouderdom ook al sal egter darem sekerlik omstrede sake met verantwoordelikheid en sensitiwiteit hanteer.

’n Bepalende faktor is moontlik hoeveel ’n onderwyser self lees en met hedendaagse benaderings tot letterkunde tred gehou het. Persone (soos ek) wat vyftig jaar gelede in letterkunde opgelei is, kon maklik in die onderwys voortgaan sonder om nuwer denke en stromings in hulle klaskamers te benut – onder andere omdat onderwys in ons opset ten gronde konserwatief is. Hoewel die kurrikulums van die afgelope twee tot drie dekades onderwysers in die rigting van ’n meer lesergerigte en kognitief veelvlakkige benadering gestuur het, het die voorbeelde van nasionale en modeleksamenvraestelle waarskynlik vir onderwysers toegelaat om konserwatief en gerig op letterlike interpretasies met letterkunde te werk.

Die dempende rol van die ouergemeenskap en op talle plekke sekerlik nog kerke en kultuurorganisasies kan nie onderskat word nie – daar is voorbeelde van jong, ondernemende onderwysers wat ontnugter is deur die teenreaksie vanuit die skoolgemeenskap op vernuwende onderwys.

In ’n ideale wêreld …

  • Hoe sou jy die kwaliteit van opvoeders se opleiding en toerusting mbt die ontwikkeling van selfgerigte lees en veerkragtigheid van leerders dmv jeugliteratuur met omstrede kwessies sien?

Elize: Jeugliteratuur van ’n omstrede aard behoort deel van die voorgeskrewe leeswerk te wees; taalonderwysers moet deeglik opgelei word om leerders met leesstrategieë toe te rus om later hierdie jeugverhale selfgerig te kan lees.

Janneke: Deze zou nog meer op persoonlijke vorming van de leerling gericht moeten zijn. Ontschotting tussen de schoolvakken zou heel fijn zijn. Literatuur als basis van het curriculum lijkt mij ideaal!

Ronel: Selfgerigte lees beteken leerders kan tekste op hulle eie  lees – van hierdie tekste gaan omstrede kwessies insluit. Die opleiding van aspirantonderwysers behoort die mediëring van jeugverhale van omstrede aard in te sluit en hulle toerus om die nodige leesvaardighede aan leerders te onderrig.

Henriëtte: Daar kan baie meer gedoen word om kwaliteitopleiding aan onderwysers te gee mbt hierdie kwessie. Die gebruik van kinder- en jeugtekste in die klaskamer is ’n aspek van opvoeding wat ongelukkig verwaarloos word.

Nicol: Dis moeilik om oor die kwaliteit te praat; oor die inhoud moontlik wel: Opleiding behoort soveel blootstelling as moontlik aan die jeugliteratuur wat ter sprake is te gee deur te dit te lees en te bestudeer (met ook blootstelling aan jeuglesers se menings daaroor). ’n Hoëgehalteleesprogram tydens opleiding behoort ’n volgehoue kultuur van selfgerigte lees by onderwysstudente te vestig.

  • Hoe sou dit op plaaslike vlak manifesteer?

Elize: Hierdie verhale behoort vanaf graad 8 deel te vorm van ʼn leerder se leeswerk, natuurlik met ʼn progressiewe lyn van omstredenheid tot in graad 12.

Janneke: Thematisch werken met een verhaal als uitgangspunt. Verdieping met non-fictieteksten die bij het verhaal passen. En dan vooral het gesprek aangaan, zowel in de klas als in leesgroepjes. Dat kan ook via digitale media.

Ronel: Deurdat opvoedkundiges wat Afrikaanse letterkunde aanbied, die uitdaging aanvaar om jeugverhale met omstrede kwessies ingelig en respekvol te medieer.

Henriëtte: Daar behoort opgeleide, kundige dosente/mentors by plaaslike universiteite en opleidingsinstansies aangestel te word om, al is dit deeltyds, kennis en vaardighede oor die gebruik van kinder- en jeugliteratuur in die klaskamer aan (voornemende en gekwalifiseerde) onderwysers te verskaf.

Nicol: Daar behoort meer druk op onderwysers te wees om self gereelde lesers te wees. Ek het gister met ’n gesiene onderwyskonsultant gepraat wat oa leesopleiding verskaf – hy getuig van hoe min baie (die meeste?) onderwysers self lees.

  • Wie kan iets daaraan doen om by hierdie ideaal uit te kom?

Elize: Onderwysdepartemente, maar ook taalonderwysers.

Janneke: Gewoon beginnen. Een verhaal kiezen dat uitnodigt tot gesprek, en dan na de tekstgerichte de lezersgerichte benadering. In gesprek over vragen die er écht toe doen.

Ronel: Alle betrokkenes behoort leeruitkomste vir letterkundemodules te heroorweeg.

Henriëtte: Die beplanners en opstellers van kurrikula/leerplanne/opleidingsprogramme vir opvoerders, soos dosente aan onderwysinstellings en instansies vir volwassene-onderrig.

Nicol: Vakhoofde en kurrikulumadviseurs, aangevul deur indiensopleiers, skrywers en uitgewers kan deurslaggewende bydraes lewer deur onderwysers op te lei en te stimuleer om self toegewyde lesers te wees. (Onderwyserleesgroepe, WhatsApp- en Facebook-groepe. ’n Radiorubriek vir onderwysers oor onlangse jeugletterkunde?)

Enige uitbeelding van omstrede kwessies in literatuur bied eiesoortige uitdagings en stres. Hoekom is dit in taal- en letterkunde-onderrig so ’n verreikende probleem?

Elize: Hierdie omstrede kwessies (byvoorbeeld verkragting, molestering, aborsie, alkoholmisbruik) betrek soms, op een of ander manier, ʼn taalonderwyser of leerder se werklike lewe. Dit veroorsaak spanning, soms selfs trauma, en die onderwyser sal moet weet hoe om hierdie kwessies te medieer om uiteindelik tot by ʼn punt van oplossing of afsluiting te kom.

Janneke: Leraren zijn bang voor conflicten in de klas en met ouders en soms schoolbesturen die liever een veiliger pad kiezen.

Ronel: Dit is soms te na aan die leerder se werklike lewe.

Henriëtte: Dit hoef nie te wees nie, want die taal- en letterkundeklas bied die ideale plek daarvoor, maar indien wel, kan dit wees as gevolg van die druk op onderwysers om hulle leerders te laat presteer. Dat toetsing, eksaminering en ander assesseringsvorme voorkeur geniet bo die takel van omstrede kwessies (en enige ander sake) wat in voorgeskrewe (en ander) jeugboeke na manifesteer. Met ander woorde, tyd is ʼn probleem en toewyding/entoesiasme ontbreek.

Nicol: Die gemeenskap ervaar waarskynlik dikwels die probleem as meer verreikend as die onderwyspraktyk – en plaas dan druk op die onderwys. Dis moontlik onder andere omdat breër skoolgemeenskappe (en algemene lesers) nie altyd met ontwikkelings in die letterkunde tred hou nie – dink maar aan omstrede kwessies (“betrokke letterkunde”) uit ons verlede: ’n Oomblik in die wind, Magersfontein, o Magersfontein! ... (Dit het inderdaad vir lesers moeilik geword om tred te hou met postmodernisme, poststrukturalisme, ens – gee ons maar liefs ontspanning met skop-en-skiet-misdaadstories en “realiteit”-TV?)

Skrywers

Wat betref die navorsings- en publikasieproses ...

  • Watter uitdagings het julle in hierdie navorsingsproses gehad? Enige kritiek?

Elize: Ons het te kampe gehad met taaluitdagings; die nuanses in die vertaling van Nederlands na Afrikaans het soms tot betekenisverwarring gelei. Die struktuur van die artikel was aanvanklik ook ʼn probleem. Ons wou elke land eers afsonderlik bespreek, maar het besef dat die integrering by elke afdeling ʼn lesersvriendeliker artikel tot gevolg sou hê.

Janneke: De definitie van begrippen: ik verkeerde in de veronderstelling dat we zouden schrijven over kinderen vanaf 6 jaar. De annotatie in Nederland is net wat anders dan in Zuid-Afrika. Verder was het lastig om in het begin een goede vorm te kiezen. Ook waren we te breedsprakig.

Ronel: Om die historiografiese beskrywing van Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale te integreer.

  • Watter verrassings het julle in hierdie navorsingsprojek gekry?

Elize: Dat Nederland en Suid-Afrika groot verskille ten opsigte van amptelike tale en multikulturaliteit het, maar tog soveel ooreenkomste ten opsigte van jeugliteratuur.

Janneke: Ik vond de samenwerking erg fijn en heb veel van de collega’s geleerd. Nederland is erg liberaal; het lijkt soms of er geen omstreden kwesties meer (mogen) zijn. Zuid-Afrika is wat behoudender en onderkent het probleem.

Ronel: Die afleiding dat die Afrikaanse jeug lees as daar na die publikasiesyfers van Afrikaanse jeugverhale gekyk word.

  • Is daar enige nuwe navorsingsprojekte op julle horisonne?

Elize: Moontlik ’n artikel wat fokus op die tema, motiewe en boodskap van ʼn bepaalde jeugverhaal, aangesien dit nogal verwarrende konsepte vir die taalonderwyser is.

Ronel: Ja, moontlik ʼn artikel oor ʼn jeugverhaal waarin omstrede kwessies voorkom.

  • Wat het julle elkeen as persoon geleer in die proses van navorsing en die publikasie van julle bevindinge?

Elize: Internasionale samewerking verbreed jou eie perspektief; deursettingsvermoë is ʼn belangrike eienskap van ʼn navorser; en dat keurders se kommentaar tot ʼn beter finale produk bydra.

Janneke: Dat er overeenkomst is tussen de jaren ’60 in Nederland en de jaren ’90 in Zuid-Afrika: grote veranderingen in de maatschappij krijgen repercussies in de (jeugd)literatuur. Hoewel heel anders van inhoud, waren de tendenszen vergelijkbaar, misschien zelfs wetmatig.

Ronel: Die rol wat keurders in die proses speel, dra beslis by tot ʼn beter eindproduk.

Op watter manier dink julle dra hierdie artikel en gesprek by tot ’n groter debat aangaande onderwysers, tieners en biblioteke se begrip en mediëring van omstrede kwessies in jeugliteratuur?

Elize: Ons hoop dat ouers en skoolbestuurspanne en ander belanghebbendes sal besef dat omstrede kwessies in jeugliteratuur ʼn realiteit is en dat daar nie daarvan weggeskram kan word nie. Die taalklas is ʼn veilige ruimte waarbinne die opgeleide taalonderwyser hierdie omstrede kwessies met omsigtigheid en respek met die leerders kan medieer.

Janneke: Ik denk dat veel docenten de problematiek herkennen en graag praktisch toegerust worden, en dat scholen zich meer bewust worden van hun vormende taak en daarover met ouders in gesprek gaan. De school mag een veilige plaats zijn, maar het leven is onveilig en in het klaslokaal moet het openbare debat niet geschuwd worden. Jeugdliteratuur kan een veilige manier zijn om met omstreden kwesties te leren omgaan.

Ronel: Die samewerking met ʼn Nederlandse kollega het reeds bygedra tot ʼn groter debat aangaande die mediëring van omstrede kwessies.

Henriëtte: Die artikel bring die geleentheid om opnuut te besin en te reflekteer oor die rol van die onderwyser as begeleier tydens die leesproses. Dit bied ruimte om te debatteer oor tieners se behoeftes om werklike, bestaande sosiale kwessies in hulle midde deur middel van fiksietekste te benader. Voorts bied dit ook die geleentheid om opnuut die waardevolle rol van biblioteke en toegewyde, kundige bibliotekarisse in die opvoedingsproses te herontdek.

Nicol: Die artikel gee belangrike en nuttige definisies en omskrywings, ’n insiggewende historiese oorsig en praktiese riglyne, wat debat behoort te stimuleer en in te lig.

Sou iets soos wat ’n akademikus met haar onderwysstudente gedoen het,4 ingesluit kon word by die mediëring, waar die omstrede kwessies nie so konfronterend (“in your face”) in ’n klas bespreek word nie, maar op ’n e-forum waar elke deelnemer ’n skuilnaam het?

Elize: Dit is beslis ʼn goeie voorstel; anonimiteit verleen meer vrymoedigheid aan iemand om eerlik oor hierdie omstrede kwessies te gesels.

Ronel: Ja, want eerstens bied die afstandelikheid van ʼn skerm meer vrymoedigheid aan onderwysstudente om aan die gesprek deel te neem en tweedens bied anonimiteit veiligheid.

Henriëtte: Hierdie voorstel is ʼn wonderlike idee. Dit sal die leerders die geleentheid bied om anoniem en waarskynlik met groter vrymoedigheid aan waardevolle gesprekvoering deel te neem.

Nicol: Met die toenemende gebruik van digitale leer- en onderrigmedia is dit heeltemal moontlik – en word moontlik reeds gebruik – nie net tussen klasmaats en onderwyser nie, maar ook tussen skole.

 

Eindnotas

1 (a) Vos, JE. 2018. Moraliteit en omstrede kwessies in jeugliteratuur: ʼn Beskouing oor Onderwêreld deur Fanie Viljoen. LitNet Akademies, 15(1).

(b) Vos, JE. en R van Oort. 2018. ʼn Selfgerigte leesproses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ʼn kleur nie deur Carin Krahtz. LitNet Akademies, 15(3).

2 (a) Loubser, H. 2016. Die opvoedkundige waarde van ekoliterêre tekste: ’n Toepassing van Adrian Rainbow se sienings op ’n Afrikaanse jeugverhaal, ’n oorgangsroman en ’n prenteboek vir kinders. LitNet Akademies, 13(3).

(b) Loubser, H. 2019. Die ekoteks in die klaskamer. LitNet Akademies, 16(3).

3  Uit Etienne van Heerden se inleiding tot die skooluitgawe van Toorberg: “Kyk maar vanaand TV-nuus, en jy sal sien hoedat die temas waarmee Toorberg besig is, elke dag om jou afspeel: Die debat oor grond. Die geskiedenis van rassisme. Die vraag oor hoe ons teenoor mekaar optree en die vraag oor wat in ons land se verlede gebeur het. Die vraag oor watter storie of stories ons oor die verlede vertel – want is die geskiedenis nie maar ’n storie wat ’n groep mense aan hulself vertel nie?”

4 https://boekwurm13.wordpress.com/2010/09/15/welkom-by-boekwurm.

 

Lees die LitNet Akademies-artikel onder bespreking hier:

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

  • 1

Kommentaar

  • Mens ys by die blote gedagte aan "opgeleide, kundige dosente/mentors" wat "by plaaslike universiteite en opleidingsinstansies aangestel" moet word "om, al is dit deeltyds, kennis en vaardighede oor die gebruik van kinder- en jeugliteratuur in die klaskamer aan (voornemende en gekwalifiseerde) onderwysers te verskaf".

    Met die oorwegend Marxistiese struggle-etos wat tans dáár aan die orde van die dag is, beteken dit onvermydelik die aanstelling van woke akademici wat vas glo dat alle jeugliteratuur wat nie netjies in hul kritiekteoretiese agenda pas nie, uiteindelik "gemedieer" - lees: slu gesensor - sal word om te sorg dat alle leesstof vir kinders aan hul sosialistiese ikoon se Konflikteorie voldoen.

    Hulle het immers lankal daarin geslaag om die sosialistiese slagwoord "leerders" daar en op skool te laat posvat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top