Elize Vos

Elize Vos is ’n medeprofessor in die vakgroep Afrikaans vir Onderwys in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. Sy is ’n aktiewe lid van die Navorsingseenheid Selfgerigte Leer, waar sy ’n projek lei met die titel “Selfgerigtheid ten opsigte van literêre en nieliterêre tekste”. Sy het haar BA-, HOD-, BA Hons-, MA- (cum laude) en PhD-grade aan die Noordwes-Universiteit verwerf.

Vir 23 jaar was sy ’n Afrikaans Huistaal-onderwyseres en sy het 18 jaar lank matrikulante onderrig. Daarbenewens het sy vir 12 jaar as Noordwes-hoofeksaminator van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (Afrikaans Huistaal, vraestel 2: literatuurstudie) opgetree. In 2011 het sy haar akademiese loopbaan in die Fakulteit Opvoedkunde begin, en vanaf 2016 tot 2021 het sy as vakgroepleier leiding geneem.

Haar navorsingsfokus is die leesmotivering van Afrikaanssprekende leerders. Haar spesialiseringsvelde sluit aan by hierdie fokus en omvat selfgerigte leer en lees, kinder- en jeugliteratuur, Afrikaanse prosa en poësie, asook Afrikaansmetodiek vir die Senior- en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase. Sy het reeds verskeie artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer en lewer gereeld referate by nasionale en internasionale konferensies. Verder tree sy ook as studieleier vir nagraadse studente op.

Ecocriticism: new possibilities for textual analysis at high school level

Schalk J Lubbe, Susan Meyer, Elize Vos Academic research 2026-07-08

"Literature is directly linked to the intellectual and spiritual enrichment of learners. Literary texts can, for example, provide the context for expressing one’s own ideas, views and emotions with confidence, thereby fostering independent and analytical thinking – one of the key objectives in the learning of additional languages."

Ekokritiek: nuwe moontlikhede vir teksontleding op hoërskoolvlak

Schalk J Lubbe, Susan Meyer, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-08

"Ten spyte van die vele voordele wat letterkunde vir leerders inhou en die dringendheid om Afrikaans EAT as vak uit te bou in ons multitalige land, is daar nie ’n goedgekose benadering tot letterkunde om die EAT-onderwyser in die onderrig- en leerproses te ondersteun nie."

A teaching framework for self-directed reading of literature in Afrikaans First Additional Language

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis Academic research 2025-08-14

“This research report makes an essential contribution by offering Afrikaans FAL teachers a learner-centred teaching framework that integrates appropriate reading and viewing strategies to guide learners in the Senior and FET phases …”

’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-14

“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”

The promotion of critical language awareness teaching in the Afrikaans classroom

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos Academic research 2025-02-10

"To address the gap regarding a reliance on CAPS guidelines, a reflective teaching practice should be implemented, in which teachers become self-directed learners and model the process for their learners, thereby promoting the development of learners’ critical thinking skills."

Die bevordering van kritiesetaalbewustheidsonderrig in die Afrikaansklaskamer

Nadine Fouché-Karsten, Elize Vos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-10

"Kritiese taalbewustheid bied die voordeel vir leerders om selfbesinning, agentskap en sosiale geregtigheid in die klaskamer te ontwikkel. Dit is boonop gekoppel aan die ontwikkeling van leerders se kritiese denkvaardighede, wat hulle in staat stel om taalhandelinge en uitings in werklike kontekste, soos vergestalt in tekste, te ontleed, interpreteer en evalueer."

Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation of youth literature

Elize Vos, Ronel van Oort Academic research 2022-11-23

"The aim of this article is to provide practicable, practical and constructivist recommendations to Afrikaans Home Language teachers, which can empower them to prepare youth literature in a self-directed manner."

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-23

"Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei."

Miniseminaar: Hoe maak ons kinder- en jeuglesers van ouers en onderwysers se vooroordele vry?

Elize Vos Seminare en essays 2022-09-21

"Die leerders behoort die lees van verhale te geniet, en wanneer hulle met omstrede kwessies gekonfronteer word, moet hulle uiteindelik afsluiting van hulle eie probleme vind sodat die lig van hoop weer vir hulle aangesteek word." – Elize Vos in LitNet se miniseminaar "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era".

Guidelines for developing self-directed reading of intermediate phase learners with the newspaper as multimodal tool

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort Academic research 2021-11-19

"In this qualitative research within the interpretivist research paradigm, a literature study highlighted the newspaper as a multimodal tool, as well as the importance of reading strategies in developing self-directed readers."

Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-19

"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."

COVID-19 en verlore skooltyd: Elize Vos se wenke aan ouers en onderwysers

Naomi Meyer, Elize Vos Skole 2021-07-30

"Onderrig en leer sal nooit weer dieselfde lyk nie." 

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-08-17

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Guidelines for mediating controversial issues in Dutch and Afrikaans youth stories

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort Academic research 2020-07-31

"A language class in which learners are allowed to think and reason critically about contentious issues in a secure atmosphere provides a space in which morality can be developed."

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-07-31

"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."

Top