Ronel van Oort

Ronel van Oort het na ’n tydperk van 18 jaar in die onderwys by die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Opvoedkunde (Vakgroep Afrikaans vir Onderwys) aangesluit. Sy het sedert 2001 studente op voor- en nagraadse vlak doseer en bied tans studieleiding aan MEd-studente. Sy het die volgende kwalifikasies verwerf: BA (Afrikaans en Nederlands en Geografie); BAHons (Afrikaans en Nederlands) en BAHons HOD (Geografie); MA (Geografie). Haar PhD (Afrikaans en Nederlands) fokus op die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans sedert 1652. Haar navorsingsresultate is in ’n internasionale akademiese tydskrif gepubliseer en ’n hoofstuk uit haar pen oor die inklusiewe ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans is in die boek Ons kom van vêr (Carstens en Le Cordeur 2016) opgeneem.

Verskeie akademiese artikels van Ronel, waarin verskillende aspekte van Afrikaanse jeugverhale ondersoek is, is in LitNet Akademies (Opvoedkunde) gepubliseer. Sy is die skrywer en medeskrywer van vier Afrikaanshandboekreekse vir laer- en hoërskole sowel as die medeskrywer van ’n handboek vir Afrikaansmetodiekstudente.

Sy was van 2006 tot 2019 die projekleier van ’n suksesvolle gemeenskapsprojek waar haar Afrikaansmetodiekstudente Afrikaans (Tweede Addisionele Taal) aan landelike leerders in haar plaasskooltjie onderrig het. Ronel is ’n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en LITASA.

Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation of youth literature

Elize Vos, Ronel van Oort Academic research 2022-11-23

"The aim of this article is to provide practicable, practical and constructivist recommendations to Afrikaans Home Language teachers, which can empower them to prepare youth literature in a self-directed manner."

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-11-23

"Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei."

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

Ronel van Oort, Estelle Kruger Onderhoude 2022-06-22

"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.

Compilation of multimodal reflective learner portfolios in the Intermediate and Senior Phases to promote self-directed reading processes

Ronel van Oort Academic research 2022-03-09

"The South African school curriculum does not prescribe a reading dossier, but the Dutch reading dossier model can serve as a guideline for the compilation of an MRL."

Samestelling van multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes in Intermediêre en Senior Fases ter bevordering van selfgerigte leesprosesse

Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-09

"Leerders neem verder eienaarskap van hulle eie lees-, leer- en skryfprosesse deur aan die reflektiewe leeraktiwiteite van ’n MRL deel te neem, en dit dra daartoe by dat leerders se selfverantwoordelikheid ontwikkel word ..."

Guidelines for developing self-directed reading of intermediate phase learners with the newspaper as multimodal tool

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort Academic research 2021-11-19

"In this qualitative research within the interpretivist research paradigm, a literature study highlighted the newspaper as a multimodal tool, as well as the importance of reading strategies in developing self-directed readers."

Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel

Chanell Strauss, Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-19

"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-08-17

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Guidelines for mediating controversial issues in Dutch and Afrikaans youth stories

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort Academic research 2020-07-31

"A language class in which learners are allowed to think and reason critically about contentious issues in a secure atmosphere provides a space in which morality can be developed."

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-07-31

"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."

’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Elize Vos, Ronel van Oort Onderhoude 2018-11-15

"Trauma (veral verlies en dood) is so deel van elkeen van ons se lewens, en met die lees van hierdie jeugroman het ek tot die besef gekom dat jou geloof en die verbreking van stilte tot heling en veerkragtigheid lei."

A self-directed reading process: experiencing and processing trauma in the youth novelBlou is nie ’n kleur nie by Carin Krahtz

Elize Vos, Ronel van Oort Academic research 2018-10-30

"Blou is nie ’n kleur nie is a gift from Carin Krahtz to the self-directed reader because the reader can discover this story by means of the mentioned clues, contextual markers and reading strategies, and unlock the hidden narrative meaning of hope."

’n Selfgerigte-lees-proses: traumabelewing en -verwerking in die jeugroman Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz

Elize Vos, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-10-30

"Blou is nie ’n kleur nie is ’n geskenk van Carin Krahtz aan die selfgerigte leser, aangesien die leser met behulp van genoemde leidrade, kontekstuele merkers en leesstrategieë hierdie verhaal kan ontdek en die verskuilde verhaalboodskap kan ontsluit."

KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer?

Estelle Kruger, Ronel van Oort Onderhoude 2018-01-16

"Doen meer as wat van jou verwag word, dit gaan die moeite werd wees. As jy entoesiasties is oor die taal, sal dit aansteeklik wees." Ronel van Oort gesels met Estelle Kruger en deel ook praktiese wenke vir onderwysers se taallesse.

Approaches to curriculum design of the South African school curricula: a critical perspective on the curricula for Afrikaans (Home Language)

Ronel van Oort Academic research 2018-01-11

"Changes in school curricula are taking place across the world to meet international and national demands, to meet social needs, and to comply with socio-political, socio-economic and technological changes. School curricula are not neutral, seeing that they develop in certain socio-political and socio-economic periods."

Top