Janneke de Jong-Slagman

Janneke de Jong-Slagman (Nederland) verwerf haar MA aan die Katholieke Universiteit Nijmegen en haar PhD aan die Vrije Universiteit in Amsterdam. Sy werk meer as 30 jaar in die onderwys: van 1999 tot tans aan Driestar Hogeschool in Gouda. Sy onderrig moderne letterkunde en jeugliteratuur aan studente in die voortgesette-onderwys-fase en pedagogiek aan basisonderwysstudente. Ook werk sy as navorser aan ’n aantal navorsingsprojekte vir die navorsingsentrum van Driestar Hogeschool. Haar navorsing fokus op historiese pedagoë en op jeugliteratuur. Voorts resenseer sy jeugboeke en was onlangs ’n medeskrywer van ’n handboek oor jeugliteratuur en didaktiek.

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Estelle Kruger, Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort, Nicol Faasen, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-08-17

Ronel van Oort: "Voordat daar van selfgerigte lees gepraat kan word, behoort leerders in multikulturele klasse eerstens sodanig deur die onderwyser geïnspireer te word om letterkunde te geniet, en tweedens om leesstrategieë te gebruik om selfgerig te kan lees en leer."

Guidelines for mediating controversial issues in Dutch and Afrikaans youth stories

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort Academic research 2020-07-31

"A language class in which learners are allowed to think and reason critically about contentious issues in a secure atmosphere provides a space in which morality can be developed."

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

Elize Vos, Janneke de Jong-Slagman, Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2020-07-31

"Die belangrike rol van die taalonderwyser as medieerder kan ’n dieper omvang aan die onderwys verleen, aangesien jeugdige lesers voorberei word om beter en meer meelewende burgers in ’n diverse samelewing te wees."

Top