Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Francis Petersen

Freek Robinson, Francis Petersen Universiteitseminaar | University Seminar 2020-07-07

Voortaan gaan Freek Robinson weekliks met belangrike Suid-Afrikaanse rolspelers gesels. Eerste aan die beurt is Francis Petersen, rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Freek gesels met Francis oor transformasie en die besluit om die standbeeld van oudpresident Marthinus Theunis Steyn te verwyder.

Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

Willie Burger, Hein Viljoen Boeke en skrywers 2020-07-06

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat

Estelle Kruger, Danie Kloppers, Bernie Plaatjies, Henry Fillies Onderhoude 2020-07-02

"Soms is die bloedjies so oulik jy kan hulle opvreet en soms so onmoontlik jy wens jy het hulle opgevreet."

Radiodramas: 2020-New Voices-program (Kunstekaap)

Menán van Heerden, Rafiek Mammon Onderhoude 2020-07-02

Menán van Heerden gesels met Rafiek Mammon oor die Kunstekaap se meertalige 2020-New Voices-program in die tyd van COVID-19. Die teaterproduksies word vanjaar as radiodramas uitgesaai.  

#opdielug met Tasneem Daniels

Menán van Heerden, Robyn van de Rhede, Tasneem Daniels Onderhoude 2020-07-02

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden gesels met Tasneem Daniels oor haar dramaproduksie Miela’s box. Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

Fopnuus vier hoogty in tye van onsekerheid

Marli van Eeden, Lizette Rabe Onderhoude 2020-06-25

“Fopnuus vind vrugbare aarde in tye van onsekerheid. En watter groter onsekerheid as die huidige wás daar al in ons heugenis? ’n Pandemie wat lei tot ’n ‘info-demie’. Dié faktor van onsekerheid gepaard met ‘n ander element, tegnologie, beteken fopnuus gedy.”

Fyn skryf aan regsreeks – ’n onderhoud met Louis Pretorius en Albert Snyman

Remona Voges, Louis Pretorius, Albert Snyman kykNET Portaal 2020-06-25

"Ek sou sê ek is stadiger en meer berekend as dit by stories kom, waar Albert se kop teen ’n miljoen kilometer per uur werk met duisende idees wat ontplof. So ek anker hom, maar hy gee die hardkoppige Capricorn vlerke om mee te droom en saam kom ons by ons stories uit."

Musiek in die tyd van COVID-19: ’n onderhoud met Etienne Viviers

Naomi Meyer, Etienne Viviers Onderhoude 2020-06-24

"Ek sou wou hê dat Suid-Afrikaanse orkeste baie minder van die monumentale Romantiese-tydperk-musiek speel wat in aard vergelykbaar met ’n Cecil John Rhodes-standbeeld is. In hierdie opsig is dit net ’n tekort aan verbeelding wat verhoed dat die musiek van townshipmusikante ook deur orkeste gespeel word."

"Om mense te laat lag, is my roeping" – ’n onderhoud met Bennie Fourie

Remona Voges, Bennie Fourie kykNET Portaal 2020-06-19

"Ek wens ek kon sê ek was hierdie stout, rebelse kind, maar ek was eintlik maar ’n bietjie van ’n voorbeeldige kantpaadjieseuntjie."

Ontplooiing van die SANW te midde van COVID-19

Marli van Eeden, Theo Neethling Onderhoude 2020-06-18

Theo Neethling lewer kommentaar oor die ontplooing van die weermag tydens die COVID-19-pandemie, deels met verwysing na sy 2017-LitNet Akademies-artikel.

Op die frontline: ’n onnerhoud met Yvette Abrahams oo gesond bly in die tyd van COVID-19

Olivia M Coetzee, Yvette Abrahams Onderhoude 2020-06-15

"As djy siek raak kan djy nie hospitaal toe gaan en ’n toets kry nie. Hulle sallie vir jou behandel as djy nie amper dood is nie. Soe wat gaan djy doen? Djy gaan na jou kruievrou, en djy gaan vra, wel, wat het djy?"

Musiekonderhoud: Jaco Fouché in gesprek met Albert Frost

Jaco Fouché, Albert Frost Musiek 2020-06-15

"Ek werk elke dag in musiek en nie altyd aan musiek nie – dit is hoe die bedryf werk."

Musiekonderhoud met Andries Bezuidenhout: “Elke Suid-Afrikaanse album behoort ’n hadeda iewers te hê”

Henry Cloete, Andries Bezuidenhout Musiek 2020-06-12

"Ek is bitter bang vir die dood, veral as die pes aan die deur kom klop soos nou. Daar’s nog te veel om te doen."

ATKV-Postmatriek – "’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen"

Remona Voges, Lizette Odendaal ATKV-Portaal 2020-06-11

"ATKV-Postmatriek is ’n geleentheid vir jongmense om uit te sorteer wat hulle met hulle toekoms wil doen terwyl hulle aan ’n indrukwekkende CV werk, tonne blootstelling aan ’n wye verskeidenheid aktiwiteite en loopbaanrigtings kry, ’n gestruktureerde emosionele-intelligensie-program deurgaan en selfvertroue en lewensvaardighede opbou."

"Ek het uiteindelik my mojo terug" – ’n luisteronderhoud met Nina Schumann

Remona Voges, Nina Schumann Onderhoude 2020-06-11

"Met Concerts Connect voel ek vir die eerste keer in jare weer die dryfkrag en die ongelooflike energie van ’n goeie projek; iets wat ek voel ek regtig ten volle kan ondersteun." Nina Schumann gesels met Remona Voges in ’n eksklusiewe luisteronderhoud. 

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

Remona Voges, Melt Sieberhagen kykNET Portaal 2020-06-11

"Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard."

Studiegidse vir skoolkinders: ’n onderhoud met Sonia du Plessis

Naomi Meyer, Sonia du Plessis Onderhoude 2020-06-10

Is jou skoolkind nog tuis? Sonia du Plessis se studiegidse kan help!

Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories

Olivia M Coetzee, Stanley Jacobs Onderhoude 2020-06-08

"My droem is baie simple: Die Cape Flats moet prosper, ek wil meer professionals sien as gangsters."

"Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart

Remona Voges, Nina Swart kykNET Portaal 2020-06-05

"Ek onthou hoe dit was om gementor te word deur ervare mense in die bedryf, en nou vra mense vir my vrae asof ek ’n mentor kan wees. Bwaaa! Ek klink soos ’n ou tannie wat verwonderd is oor die feit dat ek nou ’n ou tannie is."

Omgewingsopvoeding – ’n kwessie van hoe vroeër, hoe beter

Cliffordene Norton, Henriëtte Loubser Onderhoude 2020-06-04

"Omgewingsopvoeding behels onderrig vir aksie/optrede. Dit is juis die einddoel van OO: om ingeligte, verantwoordelike wêreldburgers van huidige en toekomstige generasies te maak en hulle uit te stuur om ’n verskil te gaan maak."

Top