Onderhoude
Interviews about topical issues
Is die paradys in die hemel of op die aarde? ’n Onderhoud met Chris L de Wet
2020-03-10"Ek dink die paradys is binne elkeen van ons. Dit maak dit nie noodwendig minder werklik as om dit te sien as ’n plek onder die aarde nie."
Millenniërs en die kerk: Vyf vrae aan Marileen Steyn en Cas Wepener
2020-03-06"Millenniërs is wel besig om nuwe betekenisse aan ou gebruike te heg en hierdie rituele en gebruike buite die tradisionele ruimte van die kerkgebou te beoefen."
Regisseur gesels oor Toorbos by Toyota US Woordfees 2020
2020-03-05"Wat my eerste opgeval het van die boek, was Dalene se sensitiewe en diep-ondersoekte verkenning van die vroulike protagonis se psige. Jy bewonder haar vir haar vasberadenheid in haar soeke na persoonlike vryheid soos dit afspeel teenoor die konflik tussen haar aardse boswêreld en die mens se behoefte vir vooruitgang."
Folk 101: Klassiek en kontemporêr in een
2020-03-05"Ek dink altyd terug aan iets wat ek jare gelede gehoor het: 'Making music is serious business. Listening to it shouldn't have to be'."
Van Broadway tot op eie bodem: Jong talent pak bekende musiekblyspele aan
2020-03-05"Birdstraat is ’n ikoniese straat in Stellenbosch. En vir die Woordfees wou ons Broadway na Stellenbosch verplaas."
Luna Paige: "Kuns is goed vir die siel"
2020-03-05"Ons leef in ’n tyd waarin die meeste mense redelik onseker is oor hul toekoms, die ekonomie, hul veiligheid en ook op ’n manier hul identiteit en hul 'behoortskap'. Ek het hierdie onsekerhede vir seker nie vrygespring nie en ek het agtergekom dat dit ’n effek het op my selfekspressie en tot baie onlangs op ’n lus vir liedjies skryf."
Onderhoud: Martlie Jordaan oor Gee Afrikaans ’n kishou in die eksamen
2020-03-04"Breek die vak in kleiner dele op: begrip; opsomming; taal; gedigte, prosawerk en drama. As jy so daarna kyk, sien jy dat die taal die enigste 'wetenskap' is wat jy kan gaan léér."
Miela’s Box – ’n onderhoud met Tasneem Daniels
2020-02-25"Dit het baie tyd gevat en ek dink ek moes certain discoveries oo my eie identities ee’ste maak voorat ek hierie toneel kon klaa skryf."
’n Onderhoud met Laudo Liebenberg: “Ek wil dit voluit doen tot ek kunsmis word”
2020-02-24"Met Afrikaans kan ek net myself wees, aangesien dit my moedertaal is en die woorde voel eerlik."
Ikoniese kinderverhaal Huppelkind by Toyota US Woordfees 2020 te sien
2020-02-19"Huppelkind is soos ’n familievriend vir baie Suid-Afrikaners. Dit het my verbaas, as iemand wat in die 1950’s grootgeword het, hoeveel jongmense dit nog ken."
Toyota US Woordfees 2020: Woorde op akkoorde ‒ ’n viering van klank
2020-02-19"Mense moet nie vergeet dat hulle op die enigste planeet wat hulle hul tuiste kan noem, woon nie. Ons hoop dat die produksie die gehoor gaan aanspoor om die aarde lief te hê en te versorg."
"Reken op ons woord": ’n onderhoud oor Pharos-woordeboeke
2020-02-19"Pharos se groeiende versameling gedrukte en aanlyn woordeboeke is toegespits op enigiemand wat goedversorgde skryfwerk wil skep."
Toyota US Woordfees 2020: Dominique Botha oor Valsrivier op die verhoog
2020-02-18“Elke skeppende poging is ’n soeke na water en soms maak ’n oog oop op ’n fontein, en miskien selfs ’n rivier.”
Love Books – soos ’n skelmpie op Valentynsdag
2020-02-12“Johannesburgers vir wie Love Books ’n gereelde bestemming is, het ’n soort liefdesverhouding met die winkel, byna soos met ’n Valentynsdagskelmpie.”
"Om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien" – ’n onderhoud met Dineke van der Walt
2020-02-07"Dit is vir my ’n wonderlike geleentheid om so ’n verskeidenheid van sterk stemme in gesprek met mekaar te kan bring."
Eldon van der Merwe van In Slavenhuis 39 opgewonde oor tweede speelvak by Woordfees
2020-02-07"Ons hoop dat die produksie nog na baie verhoë genooi sal word, juis omdat dit so baie kwessies rondom menswees aanspreek."
LitNet Akademies Weerdink: Die klaskamer in ’n posthumanistiese samelewing
2020-02-07"Die ideale kurrikulum sal interdissiplinêr van aard wees, waar daar oor vakgebiede heen volle samewerking is met een hoofdoel voor oë: dat leerders taal- en wiskundevaardighede sal bemeester. Máár: sentraal in hierdie kurrikulum sal omgewingsopvoeding en die ontwikkeling van ekogeletterdheid by leerders staan."
Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas
2020-02-04"Theatre has always been my first love, for the simple fact of the connection one builds with the audience members."
LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel
2020-02-04Trump het verlede Dinsdag sy sogenaamde vredesplan vir Palestina en Israel uiteengesit. Aan die een kant het hy belowe dat ’n Palestynse hoofstad in Oos-Jerusalem gevestig gaan word, maar aan die ander kant gaan Amerika nedersettings deur Israel op die Wesoewer erken. Menán van Heerden gesels met Sakkie Spangenberg oor hierdie nuwe verwikkeling.
Nederlands in Suid-Amerika
2020-01-31"Suriname is een meertalig land, waar naast Surinaams-Nederlands ook Sranantongo, Spaans, Engels en vele andere inheemse talen worden gesproken. Het aandeel van de Nederlandstalige literatuur in dat meertalige palet is niet gering."
