Boeke met Burger: ’n Zoom-gesprek met Hein Viljoen

  • 2

In ’n nuwe LitNet-reeks voer Willie Burger voortaan tweeweekliks Zoom-gesprekke met boekemense oor aktuele boekesake. In hierdie week se gesprek praat hy en Hein Viljoen oor NP Van Wyk Louw.

Kyk ook na die NP Van Wyk Louw-gedenklesing 2020:

Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)

Kaantie wies NP Van Wyk Louw?

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

  • 2

Kommentaar

  • Margaret Cordier

    Kreolisering, globalisering of eendragtigheid.
    Die vereniging van verskeidenheid kan lei tot eenheid of enkelheid.
    “Net soos bo, so ook onder”, sal daar eindelik weer onkeerbaar teruggekeer word na ’n penwortelstelsel. (elke tong)
    Verskeidenheid is nie kleurvresend nie en homogeniteit word uiteindelik vergestalt in een van twee sfere nl. lig of duisternis – alles absorberend of alles weerkaatsend, slegs sigbaar in die innerlike mens deur ’n geestelike (dus níé vleeslike oppervlakkige) beoordeling.
    Eenheid kan nie bewerkstellig word nie, maar slegs bewaar word – daar waar eenheid reeds (gemeenskaplik gemotiveerd) in harte aanwesig is.
    ’n Sprekende voorbeeld hiervan, is die uitstorting van die Heilige Gees op pinksterdag terwyl die dissipels eendragtig bymekaar was.
    Verenigde harte, met dieselfde geestelike bloedsomloop – wat uitborrel in ’n verskeidenheid landstale, bring die goeie nuus van redding en bevryding deur die bloed van die Lam – en ware broederskap vir almal.
    Die Goddelike vereniging van lote ingeënt in die Wynstok uit die wortelstok van Dawid.

  • Margaret Cordier

    Regstelling: wat uitborrel in ’n verskeidenheid tale waarin hulle gebore is (eerder as landstale), nl. Parthers; Meders; Elamiete; inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadocië; Pontus en Asië, Frigië en Pamfilië, Egipte en streke van Libië by Ciréne, en Romeine wat daar vertoef, Jode en Jodegenote, Kretense en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top