Op die frontline: ’n onnerhoud met Yvette Abrahams oo gesond bly in die tyd van COVID-19

  • 0

Foto’s van Olivia Coetzee en Yvette Abrahams: verskaf

Ek volg nou al vir ’n lang tyd vi doktor Yvette Abrahams, of Yvette soes ek haa leer ken het. Yvette was en is vi my een van my elders, grootmense, wat volumes informasie en kennis dra in en van my gemeenskappe. En wysheid en kennis, volgens my, is wat ons nou nodig het in ’n tyd waa die gawement maa maak en doen soes hulle voel reg is, of moet ek eeder sê ’n paa ministers wat sit en keuses maak vi ôs liewens. Meeste van die tyd wonder ek vi myself oo die keuses wat hulle maak en of hulle rêrig luiste? Of doen en maak hulle maa net wat hulle dink die regte besluite is vi ôs amal. Ek mean hulle doen mos maa nou net die job waavoo hulle ingesit was, of hoe?

Maa, daai issie die interview se fokus nie. Ek en Yvette praat vandag oo gesonheid, tradisionele medisyne en moderne medisyne, en die ‘miracle cure’ van Madagascar, en is daa miskien ’n gesondheidsdrankie wat ôs kan drink om ôs gestel stêkker te maak. 

Hierdie onnerhoud, soes die res wat ek soevêr gedoen het, het ek in die virtuele ruimte gedoen. Hierdie keer het ek gebruik gemaak van WhatAapp se Voice Notes. Yvette het my haa anwoorde as Voice Note gestuur en ek het dit oorgeskryf.

Wie is Yvette Abrahams?

Yvette Abrahams is ’n mens wat sy moedetaal veloorit. Ek was in die Kaap gebore maa ek het groot geraak in Sweden, in Scandanavia. En ek het nooit Afrikaans geskryf nie, ek het nooit Afrikaans in die skool gedoen nie, ek het Afrikaans gelee as volwassene. Ek het weggegaan toe ek twee jaa oud was, en teruggekom toe ek 21 was. En toe ek 21 was toe leer ek om Afrikaans te praat. Soe, my moedetaal was velore, maa ekkit vi myself gesê, oraait, maa ek kan baie goed plant-praat, en daai’s wat ek doen, ek praat met die plante en hulle praat terug met my.

Wat is Khoelife en wat is die inspirasie agter Khoelife?

Khoelife is ons se maatskappy, ons maak seep, en anne produkte vi die liggaam. Soes byvoorbeeld, ons maak ’n Arthritis Oil, ons maak ’n olie vi pyn, ons maak ’n anne olie vi eczema. En onse seep is ook soe, is baie goed vi mense wat sleg vel het.

En die inspirasie vi Khoelife is net soes die naam sê, ek wil terug na die Khoe se lewe gaan net om te voel. Ek het gesê ek wil voel hoe was dit om daai tyd te lewe.

Wat is u mening oor Covid-Organics, die “miracle cure” van Madagascar en hoe dit gesien wôt deur leiers van modern medisyne?

Die Covid-Organics is baie goeie kruie. Dis ’n mengelmoes van vier kruie, party van hulle is anti-inflammatory, party van hulle is anti-viral, baie goeie kombinasie. Maa ’n mens moet onthou, dis nie net die kruie nie, is ôk die vars kos wat hulle eet in Madagascar, hulle het baie son en soe voorts.

Ek dink, ja, vi die World Health Organisation en daai tipe organisasies om dit te studeer, is eindlik ... dis ’n bietjie van ’n square peg in a round hole, maa is darem goed dat hulle die navorsing doen sodat hulle self kan sien hoekom dit wêk en waarom dit wêk.

Daa wôt nou toetse gedoen op Wille Als soes dit bekend staan in Kaaps. Dink u dat die kruie kan ôs help in die baklei tien die Coronavirus?

Ek dink die Wille Als sal graag help, maa mens moet weet hulle gebruik nie net een kruie in Madagascar nie. Daai Covid-Organics mengsel is ’n mengsel van vier kruie, en hulle is anti-virals en ôk anti-inflammatory. Soe ek dink die kombinasie is baie goed. ’n Mens kan ’n Suid-Afrikaanse mengsel maak wat die selle ding doen, soes byvoorbeeld, Buchu, Khoe-goed, en Als. Soe ek dink die kruie wêk, maa is belangrik dat mens nie soes western medicine dink nie. Ons traditional healers, ons soekie vi one active ingredient nie. Ons gebruik baie kruie en die kruie doen baie verskillende dinge en daai’s hoekom dit wêk.

Is daa ienige verskil tussen Wille Als en “artemisia annua”? Kan u miskien ’n bietjie oor die kruie praat?

Die veskil tussen ons se Wille Als en die artemisia annua, die artemisia annua is van China af, en hulle het baie navorsing gedoen, want China het baie geld. Soe hulle ken baie van daai kruie.

Ons se eie Wille Als het baie similar active substances, maa dis ’n anne kruie, dis ’n niggie van die artemisia annua. Ons se kruie doen baie goeters wat die selle is, maa hulle ken niks van Wille Als, daarom het hulle nie geld gespandeer om navorsing op die kruie te doen nie. Soe daarom sê ek, min is bekend, dis hoekom daar min navorsing gedoen word, en die rede hoekom min navorsing gedoen word is omdat ons kruie is van Suid-Afrika en nie van China nie.

Hoekô is dit soe moeilik vi ôs om tradisionele medisyne te anvaar as medisyne wat op ’n gelyke vlak kan staan as modern medisyne?

Ek dinkie ons wil op die gelyke vlak staanie. Moderne medisyne het ’n heeltemal anner logic, ’n heeltemal anner philosophy. Soes ek sê, hulle soek vir een active ingredient, hulle soek vir ’n silver bullet, ons wêkkie soe nie. Byvoorbeeld, as ons praat van immune system boosting dan praat ons  van die mind, soul, en body, en alles moet reg wies om ’n stêk immune system te kry.

Moderne medisyne sal nie daai kan vestaan nie. Okay, hulle het nou navorsing. Dit bewys, eindelik wêk dit soe, maa hulle anvaar dit nie. Hulle werk nog altyd soes dit moontlik is om een active substance te kry wat die hele disease sal reg maak. Soe is soes swart en wit. Is heeltemal veskillende maniere om op siekte te kyk, en om gesondheid te vestaan.

Dink Yvette dat daa ’n toekoms of plek vir tradisionele medisyne is langsaan moderne medisyne?

Wat ek dink van die toekoms, ek dink dat, ek meen, tradisionele medisyne was hie vi duisende jare. Ons het deu die 1713 Smallpox epidemic gegaan, ons het deu die 1918 Flu epidemic gegaan, nou gaan ons deu Coronavirus. So ons sal hier wees lank na moderne medisyne hulle deure toe gemaak het.

En julle kan dit nou sien in die Wes-Kaap, hulle het gister gesê in die Wes-Kaap, niemand kry meer ’n (COVID-19) test as hulle jonger as 55 is nie. Hulle het gister gesê die Emergency Ward is nou vol van al die alcohol trauma, die drunk driving en soe an. Soe basies bedoel dit dat djy’s op jou eie. As djy siek raak kan djy nie hospitaal toe gaan en ’n toets kry nie. Hulle sallie vir jou behandel as djy nie amper dood is nie.

Soe wat gaan djy doen? Djy gaan na jou kruievrou, en djy gaan vra, wel, wat het djy? ’n 75% van die Suid Afrikaanse mense gaan na traditional healers toe. Dis hoekô ons daa is in die gemeenskap. Ons is goedkoper en die goed wat ons gebruik wêk.

En soes ek sê, die global pandemic, dit het net bewys moderne medisyne kan niks doen nie. Daarom as hulle nie kan toets nie, dan kan hulle nie verder gaan nie. Die World Health Organisation strategy sê: “You must test.” Nou as djy nie kan toetse doen nie, djy het nie geld om die toetse te koep nie, dan kan djy nie verder gaan nie.

Soes ek sê, ons gaan hie wies nog vi honnerte jare nog. Ek wietie hoelank sal moderne medisyne hier wiesie.

Ôs wiet amal dat roek ongesond is vi die longe, maa wat is u mening oo die roekvebod? Is daa, volgens u ’n alternatiewe wat roekers kan help om op te hou roek?

Ek meen, die rede vi die rook en die alcohol vebod is net dat mens kan nie sê dis ’n essential service nie. Ons wil nie gevra het dat werkers nou moet factory toe gaan om tobacco te maak. En ek dink selfs die lig van die alcohol ban sal hulle siekerlik moet reverse in ’n week of twee. Soe daai’s die rede.

Die mense wat sukkel, ek maak ’n herbal tobacco met Salie, blou blommetjie Salie, en ’n anne Salie, en daai’s wat ek roek. En ek het baie customers wat dit roek.

Soe dis eindelik ’n goeie ding. Ons leer om minder tabak te roek en ander gesonde goed te roek.

Die skole en kêkke is nou oep, maa was dit die regte besluit en keuse van ôs leiers om skole en kêkke oep te maak?

Nee, dit was heeltemal mal om die skole en kêkke oep te maak, en baie, baie mense sal doodgaan. Soes ek sê, spesifiek nou dat hulle nie meer toetse kan doen nie, en hulle het nie meer plek in die hospitale nie. Dit was heeltemal ’n mal besluit, en ons sal baie duur daarvoor betaal.   

Is daa miskien ienige gesondheidsraad wat u met ôs wil deel om ôs immuunsisteme stêk te hou?

Soes ek lankal gesê het en op my Facebook gesit het, daa’s ’n hele series daa. Djy kan volg as djy meedere wil weet. Die immune system is ’n geval van balans tussen die mind, die siel, en die liggaam. En ons moet wêk om daai balans te kry, al bedoel dit bid, al bedoel dit meditation, al bedoel dit chanting, al bedoel dit oefen, al bedoel dit liefde, enige iets om daai balans te kan kry.

En soes ek nou al vir ’n lang tyd gesê het, ons moet die land vir almal gee, sodat almal hulle eie kos groei. Vars kos uit die tuin uit is die beste kos, is wat die immune system stêk maak, en genoeg van dit. En soe as ons daai dinge doen dan sal ons heeltemal gesond wees. Die rede hoekom ons nie nou gesond is nie, is omdat ons in ’n lyn staan en wag vir food parcels, daai is wat vir ons siek maak.

Lees ook:

Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories

Op die front line: ’n gesprek met Eavesdrop oor die rol van kunste

On the front line: An interview with Abdul Karrim Matthews

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top