Yvette Abrahams

"Yvette Abrahams is ’n mens wat sy moedetaal veloorit. Ek was in die Kaap gebore maa ek het groot geraak in Sweden, in Scandanavia. En ek het nooit Afrikaans geskryf nie, ek het nooit Afrikaans in die skool gedoen nie, ek het Afrikaans gelee as volwassene. Ek het weggegaan toe ek twee jaa oud was, en teruggekom toe ek 21 was. En toe ek 21 was toe leer ek om Afrikaans te praat. Soe, my moedetaal was velore, maa ekkit vi myself gesê, oraait, maa ek kan baie goed plant-praat, en daai’s wat ek doen, ek praat met die plante en hulle praat terug met my."

Op die frontline: ’n onnerhoud met Yvette Abrahams oo gesond bly in die tyd van COVID-19

Olivia M Coetzee, Yvette Abrahams Onderhoude 2020-06-15

"As djy siek raak kan djy nie hospitaal toe gaan en ’n toets kry nie. Hulle sallie vir jou behandel as djy nie amper dood is nie. Soe wat gaan djy doen? Djy gaan na jou kruievrou, en djy gaan vra, wel, wat het djy?"

Top