Onderhoude
Interviews about topical issues
"Die Universiteit van die Vrystaat was eintlik nog altyd deel van my lewe"
2020-11-18Rinda Botha, senior dosent in die Departement Publiekreg aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die ATKV-SA Akademieprys wat sy ontvang het vir ’n LitNet Akademies-artikel oor heksery en die reg.
Toorbos: ’n onderhoud oor die film
2020-11-17Rene van Rooyen, wat nie net die draaiboek geskryf het nie, maar ook die regisseur is, het ook ander blye nuus: Die film is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die gesogte Beste Internasionale Vollengte-film-toekenning by die 2021 Academy Awards. Maryke Roberts het met haar ’n onderhoud gevoer.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Robert Kriger
2020-11-13Freek Robinson gesels met Robert Kriger oor die gehalte van Suid-Afrikaanse onderwys.
Passie vir boeke en skrywers voed Annie se towerkrag
2020-11-13Annie Olivier, niefiksie-uitgewer van Jonathan Ball: "Daar is min dinge wat my motiveer soos ’n skrywer wat hard werk en met niks minder as die beste tevrede is nie."
Johann Beukes: Afrikaans die soepelste taal vir filosofie
2020-11-12"Afrikaans is vir my so mooi, want dit het met grammatikale oorbodighede weggedoen. Juis daarom werk die taal so goed in en vir filosofie, waar gestroopte formulering wesenlik belangrik is in meervoudige stellinge."
’n Podsending met Frazer Barry
2020-11-11Robyn van de Rhede gesels met Frazer Barry, voorsanger van Tribal Echo Band, oor sy werk en sy betrokkenheid by die Vrystaat Kunstefees 2020, die Suidoosterfees 2020, asook die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees se mentorskap-program vir opkomende liriekskrywers en sangers, waar Frazer as mentor opgetree het.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Arrie Rossouw
2020-11-05’n Verkiesing met die grootste stempersentasie in meer as ’n eeu. Strawwe mededinging met dreigende regstappe deur ’n omgekrapte Trump. Trump het hom voortydig as die wenner verklaar te midde van die COVID-pandemie, wat die VSA erg getref het. Freek Robinson gesels met oudredakteur Arrie Rossouw.
ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud
2020-11-05"Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats. Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke."
#opdielug met Deidre Jantjies
2020-11-04Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies. Deidre vertel vir Robyn van de Rhede meer oor haar vervaardigingsmaatskappy (wat onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel) en haar N/uu-, Griekwa-, Nama- en Korana-erfenis.
Só kan Pentekostaliste die mag van ideologie breek
2020-11-04"As die ‘wit’ kerk meer sou luister, sal hulle waarskynlik ophou vra hoeveel keer ons nog apologie moet aanteken en iets begin doen aan die haglike lewensomstandighede van die meerderheid mense in ons land. Die voorwaarde vir vrede in Suid-Afrika hou verband met geregtigheid wat sigbaar veranderings in mense se lewensituasie veroorsaak."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler
2020-11-03Stembusdag: 3 November. Freek Robinson gesels met Gert Grobler, afgetrede beroepsdiplomaat, oor die internasionale belang van die Amerikaanse presidentsverkiesing.
Terugkeer op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates en Mustafa Ates
2020-10-30"Die Netflix-reeks Chef's table was die inspirasie vir ’n program oor sjefs in klein dorpies en die pilot het ons by Simply Saffron, in my tuisdorp, Prins Albert, verfilm."
ATKV-oorde: ’n onderhoud met Reinard du Plessis
2020-10-30"Ons is baie dankbaar dat al sewe ons oorde nou weer volstoom aan die gang is."
Twee ATKV-Woordveertjies vir Fanie Viljoen: 'n Onderhoud
2020-10-29"Ons leef in onsekere tye. Mense probeer op die een of ander manier ankers teen die storms kry."
Jaco Jacobs, wenner van twee ATKV-Woordveertjies: 'n onderhoud
2020-10-29"Die beste stories is dié waarin doodgewone mense ongelooflike dinge doen. Ek het in die Karoo grootgeword, waar mense mekaar se stories ken, en dit het van kleins af ’n groot indruk op my gemaak."
Afrofuturisme in Afrikaanse letterkunde: ’n onderhoud
2020-10-29"Afrofuturisme wil Afrika se plek aan die tafel in die toekoms bevestig en ook aan die mense bewys dat daar potensiaal is vir soveel meer."
Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater
2020-10-28"Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport."
Kurt Darren verjaag COVID met ’n vuurtjie
2020-10-27"Die grendeltyd het ons nog eens laat besef hoeveel ons almal mekaar nodig het; net om te kan gesels en saamlag is deel van ons menswees. Die liedjie laat jou uitsien na die goeie tye wat voorlê."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Frans Cronje
2020-10-25Meer werksgeleenthede is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika verwoes as wat in 10 jaar geskep is. Sal pres Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan die situasie kan beredder? Freek Robinson gesels met Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die vooruitsigte.
Afrikaanse wetenskapfiksierolprent Wesens binnekort in teaters
2020-10-22Die rolprent speel af op ’n plaas in die Karoo in 1967, waar ’n vreemde voorwerp geland het en vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediens-agente vervolgens onder streng geheimhouding ondersoek instel. Wat volg, is ’n raaiselfilm wat jou tot op die laaste oomblik boei. Die skrywer en regisseur Derick Muller vertel meer. Wesens is landwyd van 23 Oktober af in teaters te sien.
