"Ek hettie ge-expect om te survive nie": ’n COVID-19-survivor se storie

  • 0

Foto van René Coetzee: verskaf

Olivia Coetzee:

Vandag gesels ek met ’n COVID-19-survivor, René Coetzee, van Heideveld in Kaapstad. Ek het haa storie op Facebook een aand gelies, en besluit om die onderhoud met haa te voer. In ’n tyd waa ôs se timelines vol RIP’s is en ôs strate vol drive-by memorials is, en in ’n tyd waa dit voel soes ôs gat dittie deu maakie, al het die vaccines geland, moet ôs bietjie lig skyn om te onthou dat ôs sal dit deu maak. En vi my is René ’n stukkie lig. Lies hie onner oo haa experience.

Kan djy vir my ’n bietjie van jouself vetel?

My naam is René Natalie Coetzee, en ek is ’n wedding & special occasions hairdresser. Dis my eie besagheid en ek run dit nou al vi 18 jaar! Ek doen ook meeste call-outs, so ek gee vi jou ’n harediens alles in die gerief van jou eie huis. My dogter Calista is my assistant, en my man Clinton Coetzee is my “Uber driver”. Ek doen enige area, en met die weddings travel ek ook saam met die bridal party, dis regtag baie exciting!

Kan djy my meedere van jou wêk vetel, en hoe was dit geaffekteer deur COVID-19?

Toe die President die aankondiging gemaak het van COVID-19 en dat alles gaan toe wees en dat niemand buite kan wees nie, ooh, ek was baie gewaried! Want in April tot Desember 2020 het ek 15 troues gehad en ’n hele klomp call-out bookings, so wat nou! Die 18de April en die 25ste April het ek toe die twie weddings gedoen, maar dit was so strange kos niemand het eintlik gewiet hoe om te act nie – alles was styf en onplesierag. As gevolg van die lockdown moes al die ander weddings gecancel word, want toe maak al die besagheide mos nou toe. Dit was ’n groot loss vi my!

........

As gevolg van die lockdown moes al die ander weddings gecancel word, want toe maak al die besagheide mos nou toe. Dit was ’n groot loss vi my!

.........

Ek het deur jou Facebook post gesien dat djy ’n survivor is van COVID-19. Kan djy my vetel van jou experience deur die tyd wat djy tien COVID-19 gebattle het?

My laaste call-out bookings vi Desember was van die 18de tot die 24ste. My laaste wedding was die 27ste Desember. Van die 18de het ek en my dogter elke dag twie different locations gedoen, dis vie clients ’n dag. Alles het goed aan geloep. Niks infections of siek gevoelens nie, ’cause we wore our masks, en het by nou al ’n routine gehad. Op die 23ste het ek ’n regular client gehad en dit was ’n easy dag. Ek onthou nog dat dit op ’n Woensdag was.

Anyway, ek het toe die client gedoen en toe sy klaa was, kom haar neighbour se dogter toe klop, want sy het my man gesien buite staan. Sy is oek ’n ou client, soe toe sy my vra om net haa hare ’n dry cut te gee, het ek dit toe gedoen. Anyway, ons het gesels en die client gee my toe ’n gift, en die neighbour se dogter gee my toe ’n hug, en soe gan ek toe huistoe, but ek wiet ek het my mask aan gehad die heeltyd en gesanitise toe ek in die kar klim. Die 24ste het ek en my dogter twie clients gehad. Ons het dit toe gedoen,  but for some reason is ek dan nou soe moeg, like baie moeg, en swiet toe soe baie! Dai aand sê ek toe my man ek gannie Xmas lunch maak nie, ons gan maa as ’n family uit iet. Ons gan toe Waterfront toe en spend toe Xmas-dag daar – ek, my man, my seun, en my dogter. Die heeltyd het ek moeg en sweaty gevoel, but ek druk toe deur.

.........

Ons het dit toe gedoen,  but for some reason is ek dan nou soe moeg, like baie moeg, en swiet toe soe baie! Dai aand sê ek toe my man ek gannie Xmas lunch maak nie, ons gan maa as ’n family uit iet.

............

Die Saterdag het my oudste dogter en haa fiancé, twie kinders en skoonpa kom visit.  Sjoe! By nou al het ek siek siek gevoel, maa het toe gedink dit was die flu, want ek het nie in kontak gekom met iemand wat Covid symptoms gehad hettie.

Dai aand kry ek ’n WhatsApp message van my client wat ek op die 23ste gedoen het. Sy sê toe sy en haar ma het siek gevoel die aand van die 23ste, en het toe in die hospitaal beland, COVID-19 positive! Jirre, ek het gevoel soes ’n trok my stamp, ’cause then it all made sense! Ek het toe begin hoes en hoes en dit het gevoel soes my longe wou uitval.  Ek bly toe in my kamer en slaap toe heeldag. Met die week wat volg, het ek worse en worse geraak. Ek kan nie eers New Year's Eve onthou nie.

Die Sondagoggend (3de Januarie) skrik ek toe wakker, vat toe my meds, en van warmte gan ek toe shower. Die hoes het soe erg geraak dat ek toe my man sê hy moet saam met my in die shower wies just in case ek val. Jinne, ek was sieke soe vie minute in die shower, wat my asem toe weg slat. Met dié, droeg my man my af en vat my kamer toe, en try om my te help asemhaal. Jirre, met al die sukkel eventually haal ek toe asem. My dogter was soe gestres dat sy my nou help antrek en insist haa pa moet my hospital toe vat.

........

Ons is toe in die kar, en ek sukkel om te breathe. Ek het al drowsy begin voel.

..........

Ons is toe in die kar, en ek sukkel om te breathe. Ek het al drowsy begin voel. In sieke so vyf minute is ons by Groote Schuur, want ons bly net in Heideveld, en daa was niks traffic op die pad nie. Ons kom toe by Emergency entrance en word somma gehelp. Die dokter by Emergency kon toe sien dat ek hulp nodig het. Met dié help hulle my toe uit die kar en sit my in ’n rystoel. Hy vra toe vi identification en my hospitaalkaart. Toe ek hom dit gee, sê ek hom my man is ook siek en need oek help. Die dokter sê toe oukei, park die kar, dan moet my man terug kom Emergency toe.

Ek word toe in gevat en die nurse begin toe my vitals neem. Dieselfde tyd kom my man toe langs my sit en die nurse neem toe sy vitals ook. In about ses minute het ek toe ’n folder, maa ooh, my bors slat toe-toe! My bloeddruk was toe baie hoeg, maa wat die dokter laat worry was my oxygen levels in my bloed was 82%, baie gevaarlik laag! Hulle vat my toe na die ICU, and before I knew it I was given a bed and placed on oxygen. Ek het daar gelê vi soe twie ure en al die tyd het daar meer en meer mense hospitaal toe gekom. Soe 7-uur kom die nurse toe en sê my man is gedischarge en hulle het sy COVID-19-toets gedoen en hy moet by die huis self-isolate want hy is nie soe siek nie.

Hulle vat toe ’n X-ray van my longe en die dokter sê toe ek moet ge-admit word. Oh my god, ek dink toe, jirre, René, this is it, doodstraf! Met dié kom die nurse toe en sê my, "Moenie warrie nie, God is in control." She made me feel so at ease, en het toe die heel aand op my gecheck. By 11 die Sondagaand is ek toe eventually stable en kry ’n bed op G25. Die porter kom my toe haal en heeltyd sing en gesels hy toe met my. Ek hoor toe ’n fyn voice skree: "Bye, Mrs Coetzee, we will pray for healing, and I will come check on you tomorrow morning!" Ek was toe geskok vi haa friendliness.

Op G25 ontmoet ek toe twee nurses en ’n student dokter wat my toe wys die kamer en my bed. Ek onthou nog ek was baie impressed met hoe vriendelik hulle was en hoe skoon die kamer was. Ek was in die hospitaal vi siewe dae, en die heeltyd het ek safe en versorgd gevoel. I don't think I would have survived my ordeal without the help and support from Groote Schuur hospital and its staff! Ek is nou Covid-free en ek kannie proe of ruik nie. En my stamina is still not right!

.........

Ek onthou nog ek was baie impressed met hoe vriendelik hulle was en hoe skoon die kamer was. Ek was in die hospitaal vi siewe dae, en die heeltyd het ek safe en versorgd gevoel. I don't think I would have survived my ordeal without the help and support from Groote Schuur hospital and its staff!

...........

Daa is berigte wat sê dat Suid-Afrika miskien deur ’n dêre of viere wave sal gan. Wat is jou gedagtes daa’oor?

Ek dink rêrag nie soe nie, want mense is nou mee careful en bang, want elke dag hoor jy of is jy geaffekteer van ’n family member of vriendin, of in my geval ’n client verloor an COVID-19. Dis rêrag sad!! Die meisie wat my ge-infect het, het haar ma verloor. I was devastated want sy was ook ’n client van my.

Om mense te veloo an die dood is klaa soe ’n swaa ding, en baie mense het
somme hele families veloo deu COVID-19. As djy kan ’n boodskap vi hulle gie, wat sal dit wies?

Sjoe, ek dinkie daa is ooit woorde wat kan express hoe of wat jy voel, want issie soos ’n siekbed of accident nie. Mense het planne gemaak, nobody was prepared, or is still not prepared for the severity of this disease! Ek hettie ge-expect om te survive nie, want ek suffer van high blood pressure en is op chronic meds, but ek het nooit opgegee nie. My faith in Jehovah God my Saviour and Redeemer en die honderde clients, strangers, family en vriende het elke dag vi my gebid om gesond te word. So no ways het ek even die gedagte van opgie ge-entertain!

Einde van onnerhoud

Dankie, René. Ek is baie bly René het die geveg tien Covid gewen, maa an die mense wat geliefdes moes afstaan an die dood wil ek sê, ek is jammer vi julle loss, en dat julle moes geliefdes an die dood afstaan. Mag God met julle staan deu die swaar en onbekende tyd. Ek deel Psalm 23 met julle, en hoep dat daa ’n bietjie troos gevind kan wôd in dit. Daa is min wat mens vestaan oo die virus, maa al wat ôs kan doen, soes René sê, is om nooit op te gie nie.

Laastens, as julle wil meedere uitvind van René's Hair Designs (#hairbyRene), check haa uit op Instagram, @rene_coetzee1, of Facebook, Rene's Hair Designs, of René Coetzee se public blad.

Bly veilig, bly gemasker!

 

Lees ook:

 

COVID-19-narratiewe: Is dit amper verby?

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top