Bybel in Kaaps: Psalm 23

  • 1

Psalm 23

’n Psalm van Dawid

1 Die Jirre is my herder, niks sal my ontbreekie.
2 Hy laat my neerlê in groen weivelde,
daa waa die waters rustig is, lei hy my heen,
3 hy gie my siel nuwe krag.
 Hy lei my oppie regte paaie,
tot die eer van sy Naam.
4 Selfs al loep ek deurie donkeste paaie
sal ekkie bang wiesie,
wan U is met my;
U stok en U staf,
hulle vetroos my.
5 U het ’n tafel gedek vi my
tewyl my vyande kyk.
U het my kop gebedek met olie;
my bieke loep oor.
6 U goedheid en U liefde sal my volg
allie dae van my liewe,
en ek sal innie huis van Jirre loep
tot in lengte van dae.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top