Onderhoude
Interviews about topical issues
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gerrie Fourie
2021-08-04In hierdie onderhoud verduidelik Gerrie Fourie hoekom Capitec hoop sien in hierdie donker tyd. Dit gaan entrepreneurs wees wat mense aanstel in die toekoms, nie die regering nie.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Lindie Koorts
2021-07-29Meer as 300 lewens is verloor tydens die onlangse gewelddadige opstande in KwaZulu-Natal en Gauteng. Skade en verliese beloop na raming R200 miljard. Lindie Koorts, geskiedkundige aan die Universiteit van die Vrystaat, skets vir Freek Robinson die historiese en hedendaagse konteks van hierdie opstande, en besin oor gewelddadige krisisse in Suid-Afrika se geskiedenis.
Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams
2021-07-28Die Drietalige woordeboek van Kaaps- (DWK-) projek, wat die eerste woordeboek van Kaaps gaan ontwikkel, is pas bekend gemaak. Die DWK-projek word gelei deur die Centre for Multilingualism and Diversities Research (CMDR) aan die Universiteit van die Wes-Kaap en die nieregeringsorganisasie Heal the Hood Project. Menán van Heerden gesels met Quentin Williams, direkteur van die CMDR.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ebbe Dommisse
2021-07-22Dommisse verduidelik hoe hierdie miljardêrs belê in die samelewing, in die Suid-Afrikaanse ekonomie en dan ook in die buiteland.
Jacob Zuma se politieke teater
2021-07-15Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk. Christi van der Westhuizen gesels met Danie Brand (Vrystaatse Sentrum vir Menseregte) en Mia Swart (besoekende professor aan Wits se Regskool en vervaardiger by die Al Jazeera-medianetwerk) oor Zuma se jongste truuks in die howe, Dali Mpofu se uitlatings en die EFF-faktor, "lawfare", en die groeiende aanslae teen die oppergesag van die reg.
SA bereik kantelpunt: "Cyril het die situasie totaal verkeerd gelees"
2021-07-15"President Ramaphosa hanteer die situasie uiters swak. Buiten goeie toesprake met sagte woorde lyk sy prestasiekaart ver onder die gemiddeld." – André Duvenhage oor die jongste krisis wat Suid-Afrika lamlê.
Kan ons die sosiale kontrak herstel met soldate in die strate?
2021-07-14Abel Esterhuyse, ’n hoogleraar in strategiese studies en ’n oudweermaglid, verduidelik hoekom die weermag nie opgelei is om binnelandse beveiliging te doen nie, maar wel in staat is om die polisie by te staan.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Magnus Heystek
2021-07-14Ons betaal tans die prys vir die afgelope tien jaar se gebrek aan groei, want die armes bly arm en werkloosheid neem toe. Magnus Heystek lig ons in hoe die toekoms sou kon werk. Moet net nie paniekerig raak nie, pleit hy.
Voedselsekerheid wanneer die winkels leeggedra word: ’n onderhoud met Christo van der Rheede
2021-07-13"As daar ’n skaarste is, dan styg die pryse. Die armstes van die armes gaan hieronder ly, dit is die punt."
Gent-Universiteit hang solank die vlae uit vir Antjie se koms
2021-07-07Die Universiteit van Gent in België ontvang Antjie Krog in Oktober en November 2021 as hul eerste literêre gasskrywer. Yves T’Sjoen en Louise Viljoen besin oor Krog se internasionale statuur as skrywer en haar posisie as kulturele bemiddelaar.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theuns Eloff
2021-07-06Theuns Eloff verduidelik wat by Nkandla gebeur het die afgelope naweek, waarom die polisie nie opgetree het nie, en hoekom die Konstitusionele Hof bereid is om weer Zuma se aansoek aan te hoor.
Zuma en die Konstitusionele Hof: Vinnige vrae aan Chris Marnewick
2021-07-05"Die Zuma-geval is na my mening by uitstek 'n voorbeeld van spanning tussen die uitvoerende gesag en die regbank."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Christo van der Rheede van Agri SA
2021-06-30Christo van der Rheede en Agri SA pleit dat die staat nie inmeng met die landbousektor nie. Die staat kan nie boer nie. Van groter belang is dat boere, klein of groot, wat hulleself wel bewys het, eienaarskap moet kan kry van hulle grond.
Andries van Aarde se geestelike reis na iewers: Bybelgesag, spiritualiteite en politiekerye
2021-06-30"My lewensprogram was inderdaad vol en die kerklike en politieke konteks moeilik. Waarom het ek hierby betrokke gebly terwyl die ketterjag teen my so fel was?" – Andries van Aarde, afgetrede professor in die Nuwe Testament, het onlangs 70 geword.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met internis Jantjie Taljaard
2021-06-24"Hy verduidelik ook hoe die entstowwe ontwikkel is en sê hy sal self enige van die entstowwe neem – hy is trouens alreeds ingeënt. En gaan asseblief vir jou griepinspuitings!"
Ina Wolfaardt-Gräbe: ’n lewe gewy aan literatuurwetenskap en Afrikaans se hoë funksies
2021-06-24"Afrikaans as onderrig- en vaktaal is beslis onder beleg. Maar so ook blykbaar basiese Afrikaansonderrig. Luister maar na die uitspraak of foutiewe woord- en sinsklem op Afrikaanse TV-programme. Of kyk na die dikwels onbeholpe vertalings van onderskrifte."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gayton McKenzie
2021-06-17Tydens die onlangse tussenverkiesings, in aanloop tot die plaaslike verkiesings van 27 Oktober, het die Patriotic Alliance (PA) die DA uit die hoofsaaklik bruin buurt Eldoradopark in Johannesburg gedryf deur al twee wyke oortuigend te wen. Freek Robinson gesels met die leier van die PA, Gayton McKenzie.
Gevare van sosiale media belig in Jan van Riebeeck-toneelproduksie met feesvennote
2021-06-13"Afgesien van die feit dat ons op Jeugdag jong individue onthou wat hul lewens opgeoffer het sodat ons ’n vrye en inklusiewe Suid-Afrika mag beleef, moet die huidige generasie nou die toon aangee, geleentheid kry om te rebelleer en vrae te vra." – Sanet Taljaard van Hoërskool Jan van Riebeeck oor die Suidoosterfees, KKNK en NATi se Die klaskamer.
Wessel Pretorius se Vlegsel takel kuberboelies op Jeugdag
2021-06-11Wessel Pretorius vertel van Vlegsel, sy kort eenakter met Cintaine Schutte, wat op Jeugdag by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad as deel van die Suidoosterfees, KKNK en NATi se reeks Die klaskamer opgevoer sou word. Die opvoering is as gevolg van nuwe Covid-regulasies gekanselleer.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helen Zille
2021-06-10Helen Zille skiet uit die heup in hierdie onderhoud met Freek Robinson. Sy maak regse identiteitspolitiek af as ’n front vir die ANC en beweer die ANC is ’n kriminele sindikaat. Voorts beskuldig Zille ook vir Cyril Ramaphosa dat hy ruggraatloos is.
