Onderhoude
Interviews about topical issues
Afrikaanse mense praat seks
2022-02-14"Maar my reis om met seks te werk het oor ’n lang pad bymekaargekom toe ek my meestersgraad by New York University (NYU) voltooi het. Hier het ek meer oor seks en seksualiteit geleer."
Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?
2022-02-10Freek Robinson gesels met Eben Pienaar van NB Uitgewers en Marida Fitzpatrick van Penguin Random House SA oor die boekbedryf in Suid-Afrika.
Jong US-dosent se visie van ’n aanlyn akademiese redigeerwoordeboek
2022-02-09Maret Blom de Wet, ’n junior lektor in die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands, vertel van haar navorsing oor die bruikbaarheid van ’n prototipe- aanlyn Afrikaanse akademiese redigeerwoordeboek.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz
2022-02-03Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.
Abraham Faure – ware Renaissance-mens en "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur"
2022-02-02Lizette Rabe gesels oor die veelsydige Abraham Faure, "vader van die Suid-Afrikaanse literatuur", wie se pionierswerk in die kerk, onderwys en joernalistiek die Afrikaanse kultuurwêreld help vorm het soos ons dit vandag ken.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Jaco Deacon
2022-01-27Wat is die vaardighede wat matrikulante vir die nuwe eeu en die ekonomie benodig? Hoe floreer ’n skool in moeilike omstandighede? Watter rol speel moedertaalonderrig? Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Theuns Eloff
2022-01-20Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel, asook in onafhanklike en aanlyn skole.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke
2022-01-13President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
2022-01-12Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.
Terugkeer se tweede seisoen op VIA: ’n Onderhoud met Hevette Ates
2022-01-12"Die samesyn rondom kos aan etenstafel en die bekoring van die leefstyl in klein dorpe was die inspirasie vir die program."
Van dink na doen: ’n onderhoud met Jess Schulschenk
2022-01-05Van dink na doen is ’n podsending wat fokus op die wisselwerking tussen werklikheide op voetsoolvlak en akademiese navorsing. Lidia Rauch gesels met die direkteur van die Sustainability Institute, Jess Schulschenk.
Barakat-program: Islam en aktivisme
2022-01-04LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Fatima gesels met Moslem-teoloog en skrywer Farid Esack en joernalis en skrywer Zubeida Jaffer oor Islam en aktivisme. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met gemeenskapsaktivis Yaaseen Staggie (Sunrise Youth Foundation).
Barakat-program: Ter viering van Vrouemaand (Augustus 2021)
2022-01-03LitNet argiveer Radio 786 se maandelikse Barakat-program. Barakat, met Fatima Allie, word aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalraad en LitNet. Ter viering van Vrouemaand in Augustus 2021 gesels Fatima met Marlene le Roux en Ria Olivier oor die waarde wat Afrikaans tot hul lewe toevoeg. Vir die LitNet-insetsel gesels Robyn van de Rhede met Gadija Kamalie.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Doris Viljoen
2021-12-23Watter rol kan toekomsnavorsing speel om nuwe tegnologieë, byvoorbeeld internetgebruikersdata, kunsmatige-intelligensie-
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Mike Schüssler
2021-12-17Die ekonoom Mike Schüssler skets ’n baie donker prentjie, maar hy sê ons mag nie moed opgee nie. Hy moedig almal aan om entrepreneurs te word, al is dit iets soos om as ’n naweekwerkie kaas te maak met ’n familieresep.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder
2021-12-08Verskeie politieke partye, waaronder die VF+, die ANC en die DA, doen reeds ’n geruime tyd navorsing oor koalisiepolitiek in ander lande. Nou, vir die eerste keer, het die kiesers ’n opdrag gegee om hierdie kennis te toets.
Ubuntu en "tegnologiese imperialisme": Gemeenskappe moet hul sê kan sê oor kragvoorsiening
2021-12-07"Ubuntu, as ’n plaaslike, outentieke idioom van kultuurkritiek, beskik oor die vermoë om morele spanninge en teenstrydighede in die ontplooiing van tegnologieë uit te lig wat dikwels oor die hoof gesien word in die oorwegend Westerse kulture waar hierdie tegnologieë ontwikkel word." Kristy Claassen verduidelik waarom kwesbare gemeenskappe inspraak moet hê in sake soos kragvoorsiening.
Hélène Passtoors: The life and times of an MK soldier
2021-12-03"If I had wanted to attack the heart of Afrikanerdom, I would have put a bomb, even a tiny one, in or around the Voortrekker Monument." In 2011, Hélène Passtoors received the Order of the Companions of OR Tambo for her contribution to the armed struggle against apartheid. In this exclusive interview with Melt Myburgh, she shares memories about her life as an MK operative.
Plaaslike politiek ná die verkiesing: Hoe lyk dinge vorentoe?
2021-12-02Christi van der Westhuizen gesels met Jan-Jan Joubert oor nuwe regerende partyformasies op plaaslike vlak, die ANC se oënskynlike nuwe strategie van surrogaatpartye, hoekom die DA “ordentlik” moet word, hoe die VBS-skandaal die EFF wel geknou het, en waarom die Patriotic Alliance ’n nuwe populistiese gevaar inhou. Nuusknars ontleed die postkolonie deur nuusgebeure uit verskillende hoeke te bekyk.
Reguit met Robinson: ’n Derde Zoom-gesprek met Helmuth Reuter
2021-12-01Freek Robinson gesels met Helmuth Reuter oor wat ons tans weet van hierdie nuwe variant, en wat ons op hierdie stadium nie weet nie.
