Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Milk tart, murder and literary excellence at Schreiner Karoo Writers’ Festival

Melt Myburgh Feeste 2022-06-03

The Schreiner Karoo Writers’ Festival will be held in Cradock from 16 to 21 June 2022. Melt Myburgh spoke to organisers Lisa Antrobus-Ker and Melina Smit about the fun and food visitors can look forward to.

Reguit met Robinson: "As ons nie beplan vir Afrikaans nie, dan gaan daar vir ons beplan word." – Wannie Carstens

Freek Robinson, Wannie Carstens Onderhoude 2022-06-02

Freek Robinson gesels met Wannie Carstens oor die stand van Afrikaans, asook persepsies van, houdings teenoor, en waarhede oor Afrikaans. Wannie is ’n buitengewone professor in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit.

KOER lanseer Armand hoog in die app-mosfeer

Melt Myburgh, Armand Aucamp Onderhoude 2022-05-31

"Van die begin af wou ons natuurlik hê dat ons voëltjie die nes moet verlaat en vlieg, maar ons het nie verwag dat hy teen só ’n tempo en met sulke krag die app-mosfeer sou bestyg nie!" – Armand Aucamp oor die sukses van sy maatsoek-toep, KOER.

"O moenie huil nie, o moenie treur nie": Nostalgie in tydskrifadvertensies

Liné Loff, Angelique van Niekerk Onderhoude 2022-05-31

"As iets in die advertensie jou emosioneel tref, terugneem na iets in jou (of die) verlede, het die advertensie dus reeds jou aandag om dan verder met jou te kommunikeer oor hoe ’n bepaalde handelsmerk tot jou voordeel gaan wees."

Roe v Wade: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue?

Liné Loff, Magda Slabbert Onderhoude 2022-05-26

"Hierdie moontlikheid dat aborsies weer verbied gaan word, het soos ’n veldbrand deur Amerika versprei en vroue in Amerika en elders het in opstand gekom."

Reguit met Robinson: Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?

Freek Robinson, Nico Koopman Onderhoude 2022-05-25

Ervaar mense van kleur voortdurende rassisme aan die US, of is die onlangse insidente uitsonderlik? Wat doen die universiteit met hulle opdrag om te transformeer? Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?

Elise Bishop verduidelik Graaffrikaans

Elise Bishop, Izak de Vries Onderhoude 2022-05-19

"Graaffrikaans is vir my ’n spreektaal, ’n oretaal. Dis nie die Afrikaans van die taalonderwyser of predikant wanneer hy sy nering uitvoer nie, dis die algemene taalgebruik in daaglikse omgang tussen Graaffernetters met mekaar en ander."

Reguit met Robinson: Sukkel jy met jou bank? Als oor die bankombudsman.

Freek Robinson, Reana Steyn Onderhoude 2022-05-18

Waarom is daar ’n bankombudsman? Hoe help haar kantoor gewone mense? Is haar kantoor onafhanklik? Wie oorsien hulle werk? Hoeveel klagtes kry sy? Hoe vaar Suid-Afrikaanse banke in vergelyking met dié van die buiteland? Freek Robinson het dié en ander vrae aan Reana Steyn gestel.

Literêre pryse in Afrikaans: ’n geskiedenis besaai met distels en dorings

Melt Myburgh, Marni Bonthuys, Ronel Foster Onderhoude 2022-05-17

"In ons land, waar boekverkope dikwels beperk is (veral as dit by digbundels en dramatekste kom), verskaf literêre pryse in baie gevalle ’n groter finansiële beloning as die tantième wat skrywers uit verkope kry." – Marni Bonthuys en Ronel Foster gesels met Melt Myburgh oor die omstrede geskiedenis van literêre pryse in Afrikaans.

Om ’n kind korrek voor te berei vir ’n seksklag

Izak de Vries Onderhoude 2022-05-16

"Professionele lui laat kindergetuies toe om die insident in vrye narratief te deel. Onduidelikhede word opgeklaar wanneer daar ’n geheelbeeld van die insident gevorm het. Om vir ’n kind te vra of pappa of oom of oupa aan sy of haar verkeerde plekkie gevat het, of iets in dier voege, is ’n onreg wat nege uit tien keer gaan lei tot ’n onskuldigbevinding in die hof."

US-intreerede: Johan Fourie kyk deur familielens na ekonomiese welvaart

Melt Myburgh, Johan Fourie Onderhoude 2022-05-12

"In Europa en Amerika is die mededinging fel – ons kan baie by hulle leer, maar die geleenthede hier aan die suidpunt bly enorm vir dié met die energie en durf om ’n kans te vat." – Johan Fourie gesels oor sy professorale intreerede op Dinsdag 17 Mei 2022 aan die US se Departement Ekonomie.

Moord verkoop: Freek Robinson stel ondersoek in

Freek Robinson, Marida Fitzpatrick, Julian Jansen, Charné Kemp Menings 2022-05-11

Freek Robinson gesels met Marida Fitzpatrick, Julian Jansen en Charné Kemp oor die skryf van ware misdaad. Hoekom verkoop hierdie boeke so goed? En hoe takel ’n mens so boek?

’n Onderhoud met Annemarie Toebosch: akademikus, aktivis en mensch

Bettina Wyngaard, Annemarie Toebosch Onderhoude 2022-05-11

"En ik hoop dat ze de lijntjes doortrekken en (gaan) begrijpen dat de VS een voortduren is van een Europees systeem van raciale hierarchie dat, in de Nederlandse context, de Native American genocide, de Holocaust, de Trans-Atlantische slavernij, en Apartheid heeft voortgebracht of gefaciliteerd. Uiteindelijk hoop dat dit doortrekken van de lijntjes tot grotere of kleine actie in hun leven zal leiden."

"As ’n kind kan lees, kan hy vorder in die lewe": ’n onderhoud met Chareldine van der Merwe oor die VVA se lewensbelangrike leeskonferensie

Naomi Meyer, Chareldine van der Merwe Onderhoude 2022-05-11

"58% van alle Suid-Afrikaanse huishoudings besit nie ’n boek ... hét nie ’n boek in hulle huis nie. Dis die realiteit. Ma moet kies tussen ’n brood en ’n boek. So dan kies sy natuurlik ’n brood."

Leon Schreiber oor US en Afrikaans

Freek Robinson, Leon Schreiber Onderhoude 2022-05-05

Leon Schreiber, DA-LP, is onlangs tot die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies. Freek Robinson gesels met hom oor die debat wat nie wil gaan lê nie.

Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel: ’n onderhoud met Beatri Kruger

Naomi Meyer, Beatri Kruger Onderhoude 2022-05-04

"Die regsonsekerheid tussen abduksie, menseroof en mensehandel bestaan dikwels omdat die regsdefinisies van hierdie misdade soms nie korrek en konsekwent toegepas is in regspraak nie en omdat sekere wetgewing ook onduidelikhede bevat. Hierdie probleme kan en moet uitgewys en aangespreek word – dit is wat die artikel wil uitlig."

Daar is nog hoop: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (2 Mei om 15:00)

Eben Viktor, Izak de Vries Onderhoude 2022-05-03

Daar is nog hoop, sê Eben Viktor, maar alles is nie rooskleurig nie. Hy praat oor die positiewe dinge wat steeds gebeur, maar ook oor die verontmensliking van die oorlog. Luister ook hoekom ’n Afrikaanse gedig wat op LitNet verskyn het, nou op PEN Oekraïne se webblad verskyn – in Oekraïens, en in Engels.

Oekraïne-Rusland-konflik: Wie gaan eerste ingee?

Freek Robinson, Theo Venter Onderhoude 2022-04-26

Tot watter mate kan die Weste met die onstabiliteit saamleef? Watter guns het Poetin onopsetlik aan Navo bewys? Watter prys betaal die Russiese ekonomie weens Westerse sanksies? Freek Robinson vind meer uit by Theo Venter, politieke en beleidspesialis. 

KZN-vloedramp

Freek Robinson, Roelof Burger, Dewald van Niekerk Onderhoude 2022-04-21

Begin aardverwarming sy tol eis? Of het ander faktore bygedra? Freek Robinson gesels met Dewald van Niekerk en Roelof Burger, albei verbonde aan Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur. 

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

Melt Myburgh, Theo Kemp Onderhoude 2022-04-20

Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.

Top