Onderhoude
Interviews about topical issues
Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou
2022-07-14"Ja, ek dink dit is juis die nostalgie en emosionele waarde wat ouers en veral ’n spesifieke generasie aan so ’n boekreeks heg wat boeke help verkoop. Mens moet darem ook nie vandag se tieners en jong lesers onderskat nie. As ’n jong leser een boek uit ’n reeks optel en begin lees, dan is dit gewoonlik neusie verby."
Die ekonomie van welstand en lewenskwaliteit
2022-07-14Hoe voel Suid-Afrikaners tans? Wat is geluk? Hoe kan dit gemeet word? Freek Robinson gesels met ekonoom Talita Greyling oor Suid-Afrika se Gelukkigheidsindeks.
Trompie ’n chauvinis?
2022-07-14Corene de Wet se navorsingsartikel in LitNet Akademies oor genderstereotipes in Topsy Smith se Trompie-boeke het groot verontwaardiging op LitNet se Facebook-blad ontlok. Hier gesels Corene en Dewald Koen met Estelle Kruger oor die artikel.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Marthie de Waal
2022-07-13"My hart is in gestremdheidstudies. As ek vir een aanleerder of opvoeder die proses kan vergemaklik, sal my hart bly wees. My doel is om voort te gaan in taalverwerwing en gestremdheidstudies en mettertyd verskeie navorsingstukke te produseer wat aan opvoeders riglyne bied (wat ek nie noodwendig gehad het nie)."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Lobke Minter
2022-07-12"In my meestersverhandeling het ek op Frankenstein gefokus, en die 'creature' het ek besonders interessant gevind. Hy is uit verskeie liggaamsdele saamgestik en dit het my laat dink aan hibriditeit en die manier waarop littekens dikwels gebruik word om karakters te stereotipeer, al is die litteken self ’n fenomenale manier waarop die liggaam homself genees."
Somerset East and the Walter Battiss Museum: an interview with Ros Turner
2022-07-10"Battiss is a huge subject! Briefly, he was born in Somerset East in 1906 and became South Africa’s best abstract artist. He is still considered to be our best water colour artist."
Hallo, donkerte, my ou vriend: ’n onderhoud oor die effek van beurtkrag op die menslike psige
2022-07-08"Dit is algemeen bekend dat mense in Suid-Afrika swaarkry op ’n ekonomiese en psigiese vlak, en gebukkend gaan onder erge sosiopolitiese omstandighede. Om dan verder weerhou te word daarvan om byvoorbeeld bloot die ketel te kan aanskakel vir koffie of ’n gunstelingtelevisieprogram te kan kyk vir ontspanning, is ’n verdere konstante herinnering daaraan dat daar oor die algemeen 'iets fout is', en dat 'dinge nie uitwerk nie'."
Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met Sebastian Pistor
2022-07-07"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."
Christa van Staden: Telegram die beste geselstoep vir gebruik deur leerders en studente
2022-07-07"Signal is die veiligste, maar Telegram bied soveel funksies waarmee die beperkings van WhatsApp oorkom kan word. Hoe meer ek Telegram gebruik het, hoe meer het ek besef hoe bruikbaar dit is."
Hoe groot is die ekonomiese krisis?
2022-07-06Twee jaar van beurtkrag is gelykstaande aan die ekonomiese inkrimping tydens die COVID-19-pandemie, volgens Lullu Krugel, die hoofekonoom vir PricewaterhouseCoopers in Suidelike Afrika. Hoe donker is die groter prentjie?
ANC-ideoloë steur hulle min aan akademici en navorsing
2022-06-29Met die grootskaalse plundery van ’n jaar gelede nog vars in die geheue, het Melt Myburgh vir Johan Zaaiman gevra of sulke protesaksies voorkom kan word as die ANC-regering sy vinger sterker op die pols van akademiese navorsingsresultate hou.
Gesprek oor die skrywersresidensie in Paulet Huis, Junie 2022
2022-06-29Theo Kemp: "Somerset-Oos het my vry laat voel. Ek kan vryer asemhaal, vryer dink."
Catrina Wessels: "Die tyd was ryp vir samewerking met dié dat Paulet Huis se restourasie voltooi was, wat pragtige fasiliteite daargestel het om juis letterkunde en die kunste te bevorder."
Water: Wag daar ’n ramp op ons?
2022-06-29Is die waterkrisis so akuut soos die Eskom-krisis? Ingenieurs Abri Vermeulen en Charl van der Walt skets vir Freek Robinson die breë prentjie oor watersekerheid, vaardigheidstekort, veilige drinkwater, water-en-sanitasie-infrastruktuur, klimaatsverandering en vinnige verstedeliking.
"Ons moet politiek uithaal uit die onderwys."
2022-06-22Die onderwys moet fokus op die volgende: Wat is die beste vir leerders? Freek Robinson gesels met Wilna van Heerden, skoolhoof van die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch.
Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees
2022-06-22"Hoe kan ek letterkunde en leesgeletterdheid kreatief onderrig en dit steeds met die KABV se vereistes integreer?" Ronel van Oort van Noordwes-Universiteit beantwoord hierdie en ander vrae waarmee opvoeders worstel aan Estelle Kruger.
"Afrika is nie vir sissies nie": Wat is die verband tussen witwees en manlikheid?
2022-06-20Christi van der Westhuizen en Theo Sonnekus gesels oor hoe witwees en manlikheid histories ineenskakel aan die hand van sy hoofstuk in haar nuwe boek, die Routledge International handbook of critical studies in whiteness.
Reguit met Robinson – Die kontant op die plaas: soveel vrae
2022-06-14Is Ramaphosa se sprokiesverhaal daarmee heen? Freek Robinson gesels met Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, en Dirk Kotzé, ’n politieke kenner.
’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout
2022-06-07"Een aand moes ek na ’n sieldodende gesprek tussen ’n mediese dokter en ’n wetenskaplike luister. Ek het bitter min verstaan en was eintlik net daar om die koffie te bedien. Maar toe die gesprek ’n onverwagse wending na stamselnavorsing neem, het dit my ingetrek."
Reguit met Robinson: Wankel jou munisipaliteit?
2022-06-07Leon Claassen van die graderingsagentskap Ratings Afrika vertel aan Freek Robinson hoe hulle te werk gaan om die land se grootste 100 munisipaliteite te gradeer en waarom daar rede tot kommer is.
#CrazySocks4Docs celebrated at the Nelson Mandela University
2022-06-03"Studying towards a medical degree is extremely demanding and studies show that medical students around the world have high rates of depression and anxiety, even in the preclinical years of training. Awareness and knowledge are the first steps to prevention, and as the saying goes, prevention is better than cure!"
