Onderhoude
Interviews about topical issues
Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha
2022-09-05"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.
Afrikaanse rock ’n roll: Brixton Moord en Roof en Raaskopleef raas steeds
2022-09-02“Johannesburg is punk, metal en industrial, in daardie volgorde. Pretoria is meer folk en country. Kaapstad en die stad se flipside is elektroniese dansmusiek, hip-hop en jazz. Stellenbosch is blues, omdat dit ons ekwivalent van die Amerikaanse Suide se slawegeskiedenis is. Durban is Kaliforniese surfer rock, alhoewel daar min Afrikaans is.”
LitNet Akademies Weerdink ‒ "Kill the boer": Hoe moet hierdie woorde in 2022 verstaan word?
2022-08-31Waar lê die grens tussen haatspraak en vryheid van uitdrukking? Freek Robinson vind meer uit by Anton Kok, professor by die Regsfakulteit aan die Universiteit van Pretoria.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Jean-Marie Potgieter
2022-08-24"Navorsing oor elemente wat spreker-perspektief uitdruk en hoe hierdie elemente geïntegreer kan word binne die tradisionele sintaktiese raamwerk is tans aan’t floreer. Vooruitgang binne die akademie kan slegs geskied as bestaande inligting en benaderingswyses bevraagteken en uitgedaag word. Dis baie opwindend om deel te kan wees van hierdie akademiese diskoers."
Reguit met Robinson: Suid-Afrikaners se finansies
2022-08-24Wat is die impak van stygende lewenskostes, inkomste-ongelykheid, korrupsie en die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaners se finansiële en sielkundige welstand? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring en Jacolize Poalses van die Buro vir Marknavorsing (Unisa).
Reguit met Robinson: Kroonstad neem eienaarskap
2022-08-18Die gemeenskap van Kroonstad, Kwêla se Dorp van die Jaar 2022, ruk self hul dorp reg, onder die vaandel van die organisasie Ignite & revive. Freek Robinson gesels met die sakeman André van Pletzen, ’n stigterslid van hierdie niewinsgewende inisiatief.
USAN-kongres 2022 – 'n terugblik: Jerome Coetzee
2022-08-18"Ek wou aanvanklik iets doen oor die magiese in die letterkunde – ek is gefassineer met hoe Afrika se magiese verteenwoordig word in die letterkunde. Ek het Afrofuturisme as invalshoek gevind met die lees van magiese tekste en die fliek Black Panther. Na dit kon ek nie ophou daaroor lees nie."
Reguit met Robinson: Beplan jy om te emigreer?
2022-08-10Freek Robinson gesels met Andrew Rissik van Sable International oor emigrasie na byvoorbeeld Portugal, en met Dawid Swart oor sy en sy familie se nuwe tuiste in Panama.
USAN 2022: ’n onderhoud met Kanja van der Merwe
2022-08-08"Afrikaans is ’n nuutskeppende, kreatiewe, bruikbare en wetenskaplik ontwikkelde taal, en so moet dit en sal dit voortleef."
Nuwe redaksielid by LitNet se Nuwe Skryfwerk: ’n onderhoud met Didi Potgieter
2022-08-04"Ek het tydens my studies geleer dat kritiek (of in dié geval ’n afkeuring) my beste leermeester is."
Reguit met Robinson: Geweld, kinders en jongmense
2022-08-04Freek Robinson gesels met Danie Janse van Rensburg en Ronel Aylward van die kinderbeskermingsorganisasie Christelik Maatskaplike Raad Noord oor geweld teenoor veral jongmense in Suid-Afrika. Sensitiewe onderwerpe met betrekking tot geweld teenoor kinders en jongmense word in hierdie onderhoud bespreek. Hierdie inhoud is nie geskik vir kinders onder die ouderdom van 18 nie.
Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril
2022-08-02"Ek worry oor Uncle se bloeddruk. Het dit darem al afgekom na daai lelike storie vannie geld innie matras? Sorry, ek mien innie sofa. Mens is al soe gewoon lat ammel hulle geld onnerie matras sit lat mens vegiet Uncle is meer sturvy as daai."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks
2022-08-01"Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Mart-Mari van der Merwe
2022-07-27"Vir my meestersgraad in Afrikaanse taalkunde is ek besig om prototipiese Afrikaanse taboewoorde te ondersoek."
Solidariteit: "Hoe kan ons help, Eskom?"
2022-07-26Eskom het ’n kritieke vaardigheidstekort. Freek Robinson gesels met Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller
2022-07-26"Ek is veral geïnteresseerd in die Afrikaanse uitgewersbedryf. Blootstelling van minderheidstale in die buiteland en die verkoop van neweregte is veral my passies."
Ons moes in die gang slaap: Eben Viktor berig uit Oekraïne (19 Julie om 14:00)
2022-07-20Liza met haar pienk popwaentjie is een van drie kinders wat gedood is deur ’n missiel uit ’n Russiese duikboot. Twintig ander het ook in die voorval omgekom. Twee dae later tref missiele, vanaf een of meer bomwerpers afgevuur, ’n fabriek ongeveer ’n kilometer van Eben Viktor se huis in Dnipro af. Die fabriek word verbind word met Elon Musk se ruimteprogram. Drie mense is dood. Eben en sy vrou slaap in die gang vir die res van die nag. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne?
Reguit met Robinson: A conversation with John Simpson from BBC News
2022-07-20What is Boris Johnson's legacy? What lies ahead for British politics, society and foreign policy? Freek Robinson interviews John Simpson, world affairs editor of BBC News.
USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze
2022-07-19"My navorsing val binne die veld van Afrikaanstaalverwerwing. Ek het vir my MA-verhandeling ses taakgebaseerde lesse ontwerp waar Instagram as ’n digitale hulpmiddel gebruik word om Afrikaanse woordeskat aan te leer, te oefen en ook aan nuwe woorde blootgestel te word."
USAN 2022 – ’n onderhoud met Danie Stander
2022-07-19"Sien ek ’n toekoms vir Afrikaans en Afrikaanse navorsing en navorsing in Afrikaans? Ongetwyfeld, ja."
