Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

As jy nie Engels by die huis praat nie, maar in Engels skoolgaan: Hoe om Wiskunde in graad 1 te leer praat

Naomi Meyer, Tanja Kotzé-Coetzer SA Skoleseminaar | Schools Seminar 2022-11-29

"Vele mediaberigte en navorsing dui daarop dat Suid-Afrika se wiskunde swak is as gevolg van niemoedertaalonderrig. Dit is om hierdie rede dat ons besluit het om wiskunde- en taalondersteuning in die grondslagfase te ondersoek."

Huishoudings en finansies: wat sê die navorsing?

Freek Robinson, Jacolize Meiring Onderhoude 2022-11-25

Hoe kan huishoudings beter beplan en doelwitte stel? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring van die Buro vir Marknavorsing (Unisa). 

Reguit met Robinson: Die ware rol van ’n diversiteitskonsultant

Freek Robinson, Sedick Crombie Onderhoude 2022-11-16

Word jongmense as rassiste gebore, of word hulle rassiste danksy ouers en vriende? Wat doen ’n diversiteitskonsultant? Kan ’n diversiteitskonsultant hoegenaamd ’n verskil maak by ’n plek soos die Universiteit Stellenbosch? Wat het skeefgeloop toe ’n diversiteitskonsultant daardie hoërskool in Vishoek so verkeerd opgevryf het?

Crito antwoord kritici

LitNet, Crito (Kerneels Breytenbach) Onderhoude 2022-11-16

"Ek gebruik Crito doodgewoon om myself te beskerm."

Groepsportret met heer: In gesprek met Willem Otterspeer

Heinrich Matthee, Willem Otterspeer Onderhoude 2022-11-11

Moet ’n standbeeld opgerig word vir afwykende menings? Wat is die verband tussen estetika en geskiedenis? Vertoon lees en skrywerskap totalitêre trekke? Wat is die impak van krom Engels en studentemassas by Nederlandse universiteite? En wat is die rol van humor ook in oorlogstyd? Hierdie kwessies en vele ander behandel Willem Otterspeer in ’n vraesessie met Heinrich Matthee. Otterspeer is emeritus hoogleraar universiteitsgeskiedenis aan die Universiteit van Leiden, die oudste universiteit van Nederland wat in 1575 opgerig is. Vir sy werk, wat etlike biografieë van skrywers en denkers insluit, het Otterspeer etlike skrywerspryse gekry.  

Reguit met Robinson: Die ANC se miljardêrs

Freek Robinson, Pieter du Toit Onderhoude 2022-11-10

In 1985 was Suid-Afrika bankrot onder PW Botha se bewind. Hoekom het groot sakeondernemings toe na Lusaka gevlieg om die ANC te sien? Freek Robinson vra Pieter du Toit, skrywer van The ANC billionaires, oor die omstrede verhouding tussen kapitaal en die ANC voor, tydens en ná die land se oorgang na demokrasie. Hy wil ook by Du Toit weet oor die nuwe elite en die ANC se kultuur van beskerming.

Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skrywersbeurs 2023: ’n onderhoud met Steward van Wyk

Naomi Meyer, Steward van Wyk Onderhoude 2022-11-10

"Uit my ervaring met die keuring is dit belangrik dat aansoekers ’n deeglike voorstel voorberei waarin hulle aandui dat die boekprojek goed deurdink is, haalbaar is en binne die gegewe tyd voltooi kan word. In die gees van Rabie en Wallace se vernuwende en inspirerende kreatiewe werk kan dit dui op verruiming en kritiese omgang met die diskoerse van ons tyd."

Podsending: Staatskaping – wat is die skade wat werklik berokken is?

Freek Robinson, Piet Croucamp Onderhoude 2022-11-02
"Die verweer van die stelsel is enorm, van bo tot reg onder." Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Piet Croucamp.

Andries Coetzee, akademikus met ’n voet in Afrika en die Amerikas

Bettina Wyngaard, Andries Coetzee Onderhoude 2022-10-27

"Vir soveel lede van die gemeenskap was dit die eerste keer in jare dat hulle kans gehad het om ’n uitgebreide gesprek in Afrikaans te voer (die meeste lede van die gemeenskap is getroud met iemand wat net Spaans praat, hulle kinders praat meestal net Spaans, ens). Die kans om weer Afrikaans te praat, neem hulle terug na hulle kinderjare 50 of 60 jaar gelede. Dit bring weer die onthou terug oor Oupa en Ouma, oor die plaas, oor koffie en beskuit om die kombuistafel."

Reguit met Robinson: Waarom steeds die raskaart?

Freek Robinson, Dirk Hermann, Jannie Rossouw Onderhoude 2022-10-27

"As jy nie meer goed kan doen wat jy moet nie, dan begin doen jy goed wat jy kan." Só sê die ekonoom Jannie Rossouw aan Freek Robinson oor die regering se volgehoue rasbeleid.

Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?

Freek Robinson, Barend la Grange, Chris Opperman Onderhoude 2022-10-21

Hoe kan Suid-Afrika se maatskaplike probleme aangespreek word? Freek Robinson gesels met Chris Opperman, die stigter van die Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI), en Barend la Grange (Privilege Foundation).

Reguit met Robinson: Politiek vs mynbou in Suid-Afrika?

Freek Robinson, Bernard Swanepoel Onderhoude 2022-10-13

“Ons as ’n land skiet onsself met ’n dubbelloophaelgeweer in beide voete,” sê Bernard Swanepoel aan Freek Robinson in ’n kaalkop gesprek.

Druk op navorsers om in Engels te publiseer neem wêreldwyd toe

Melt Myburgh, Hugo Lotriet Onderhoude 2022-10-11

"’n Beter oplossing sou wees dat die hoëprofiel- internasionale indekse (soos Web of Science en Scopus) hulle huidige vermoëns om artikels in ander tale te indekseer verbeter. Anders ontstaan daar te veel akademiese silo’s."

"Die toekoms is blink": ’n onderhoud met Kobus Burger, RSG se nuwe programbestuurder

Naomi Meyer, Kobus Burger Onderhoude 2022-10-10

"Klank is ’n besonderse kreatiewe medium. ’n Stilte kan byvoorbeeld sóveel dinge beteken."

Reguit met Robinson: Het Poetin sy hand oorspeel?

Freek Robinson, Christiaan Basson, Gerrit Olivier Onderhoude 2022-10-05

Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium? Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.

Hoe gaan dit met toerisme in Suid-Afrika?

Freek Robinson, Nellie Swart Onderhoude 2022-09-28

Wat is die impak van beurtkrag op toerisme? Steur die buitelanders hulle aan ons misdaadsyfers? Pla die min binnelandse lugrederye enigsins? Hoe vergelyk ons toerisme tans met die tyd kort voor die pandemie?

Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer

Freek Robinson, Faeed Amardien, Santie Van der Merwe Onderhoude 2022-09-22

Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.

Reguit met Robinson: Is daar nog ’n plek vir die Britse koningshuis in 2022?

Freek Robinson, Jo-Ansie van Wyk Onderhoude 2022-09-15

Het die Statebond nog ’n bestaansreg? Freek Robinson gesels met Jo-Ansie van Wyk, ’n hoogleraar in internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).

Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies

Barnie Mans, Melt Myburgh Onderhoude 2022-09-08

"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.

Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?

Freek Robinson, Theo Venter, Roland Henwood Onderhoude 2022-09-06

Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.

Top