Dit is winter in Oekraïne en die Russe bombardeer die land se energienetwerk. Rusland se nuwe bevelvoerder in Oekraïne volg ’n taktiek wat herinner aan dié van die Engelse in die Boereoorlog – maak dit ondraaglik vir gewone burgers. Hoe oorleef die inwoners van Oekraïne hierdie aanslae?

Ons gesels met Eben Viktor om meer hieroor uit te vind.


Kommentaar
Wat 'n betekenisvolle gesprek voer Izak met Eben!
Hoe ontbloot hulle die Russe se huidige verskroeide-aarde-beleid in Oekraïne, die "sinnelose aanvalle op burgerlikes", die "patroon van voorbedagte volksmoord".
Maar hoe verfrissend benadruk Eben terselfdertyd: "Ons sal die winter moet oorleef"'; "Die samehorigheid is ongelooflik."
Ek is beter ingelig oor die eintlike stand van sake wanneer ek na Eben luister as wat ek hier in the plaaslike Engelse koerante vind.