Adam Small-fees op Saterdag 26 Februarie 2022: ’n onderhoud met Darryl David

  • 1

Prent: https://adamsmallfees.co.za/

Darryl David praat met Naomi Meyer oor die Adam Small-boekefees in Pniël, buite Stellenbosch, wat vanjaar op 26 Februarie plaasvind. (Volledige program word hier onder gepubliseer, soos verskaf deur Darryl David.)

Hallo Darryl, geluk daarmee dat jy vanjaar weer die Adam Small-boekefees reël! Wanneer vind dit plaas?

Hallo Naomi. Ek het jou lanklaas gepla met inligting oor ’n werklike fees. 😊 Die fees is op Saterdag 26 Februarie 2022. Normaalweg strek die fees oor drie dae, maar hierdie jaar, weens die onsekerheid oor Covid, kon ons net aan die begin van die jaar ’n besluit neem dat dit redelik veilig sou wees om ’n fees te hou.

..........
Die fees is op Saterdag 26 Februarie 2022. Normaalweg strek die fees oor drie dae, maar hierdie jaar, weens die onsekerheid oor Covid, kon ons net aan die begin van die jaar ’n besluit neem dat dit redelik veilig sou wees om ’n fees te hou.
...........

Wie is vanjaar op die program? Enige skrywers of geleenthede wat jy wil uitsonder of waarna jy in die besonder uitsien?

..........
Dis ’n mengsel van gevestigde skrywers en nuwe stemme.
.............

Dis ’n mengsel van gevestigde skrywers en nuwe stemme. Ons het ’n trio skrywers van Karavan Press. Bekende boekpersoonlikhede soos Nancy Richards (The skipper’s daughter) en dan Karen Jennings, wat die hele wêreld verras het toe sy die langlys van die Booker-prys haal vir haar roman An island. En Cathy Park met haar onvergeetlike memoir Boiling a frog slowly. Aan die stuur van Karavan Press is die Afrikaanse legende André Brink se vrou Karina Szczurek.  

Daar is ook Diana Ferrus, ’n skrywer wat geen bekendstelling nodig het nie. En jonger stemme soos dié van Kyle Jantjies. Gaireyah Fredericks.  En skrywers soos Julian Jansen.

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans het weer eens die Adam Small-gedenklesing geborg. Hierdie jaar se gasspreker is dr Yoyo, voormalige Afrikaans-dosent by die Universiteit van Fort Hare. 

En dan gaan Natalia da Rocha met haar onvergeetlike stem die fees op ’n hoogtepunt afsluit met haar show Adam Small: Bejazzed. Ons wou vir jare al vir Natalia kry, maar het nooit befondsing gehad nie. Hierdie jaar het die dice reg geval vir ons. 

Hier is die volledige program:

Vind die fees weer in Pniël plaas, oudergewoonte daar onder die bome? Gaan sake dieselfde werk as in die verlede, die nodige Covid-maatreëls in ag genome?

.........
Ja, die ligging van die fees is oudergewoonte onder daai majestueuse eikeboom.
............

Ja, die ligging van die fees is oudergewoonte onder daai majestueuse eikeboom. Dit laat my altyd dink aan Tom Jones se ikoniese lirieke "in the shade of that old oak tree".

Enigiets prakties waarvan mense wat die fees wil bywoon, moet kennis neem?

Alle lesings is gratis vir die publiek en vir boekliefhebbers. Natalia da Rocha se vertoning sal egter R50 kos vir haar musikale huldeblyk aan Adam Small.

  • 1

Kommentaar

  • Janine Myburgh

    Dit was die wonderlikste fees ooit, lekker dag met lekker mense onder die eike en in die tuin van die Pniel-museum. Talentvolle en passievolle skrywers en digters, I was in awe. Alles het so goed saam gepas en uitgewerk. Dankie spesiaal aan almal wat deel was, die borge en donateurs, en spesiaal dankie aan LitNet se verteenwoordigers. Laat die fees voortleef. TEKEN DIE DATUM AAN: volgende jaar is dit weer oor die laaste naweek in Feb. Sien julle daar.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top