Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-09-24"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."
Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 9 AFR HT, saamgestel deur Marnel Agenbag
2025-09-23Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in Graad 9 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.
Nuut by Best Books: Lees en kyk met begrip: Graad 8 AFR HT, saamgestel deur Frans Mostert
2025-09-23Die Lees en kyk met begrip-reeks vir die senior fase bied splinternuwe KABV-gerigte geskrewe en visuele tekste om leerders se leesbegrip te versterk. Huistaalleerders in graad 8 sal aanklank vind by die inhoud wat met sorg uitgesoek is om aan te sluit by hul ervaringswêreld en taalvermoëns.
’n Onderhoud met Santie van der Merwe, skrywer van Weg is nie ’n plek nie
2025-09-23"'Skryf kan ’n eensame proses wees. Dit is jy, jou verbeelding, die woorde en die storie,' vertel Santie. 'Jy moet hou van jou eie geselskap.'"
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: aanvaardingsrede
2025-09-22"In 2015 sien ek virrie eeste kee Kaaps inne klomp bundels wat ek deelies virrie preparation virre play. Ek frons en sukkel ommit in my kop te formulate, ma verstaan, en kry et late reg na ekkit hardop begin lies. Die joelyt in my ore en my hart embrace ’ie moment met excitement. En ek realise, ek isse Kaapse skrywer. Dai’s my taal. Daisie taal wat ek op my ma se skoot gehoorit en vi ouma in performit as ek haa entertain oppie stoep innie agtemirrags. Om myself oppe stuk papie te gesien gepresent wod, was magical."
2025-UJ-debuutprys vir Afrikaans vir Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks: commendatio
2025-09-22"As djyrie dood ennie dooie met soeveel respek moet handle, dan issit net logical dattie living even more so met dai en beyondit getreat moet wôd. Die tema 'dood' is actually nie ’n ytgesonderde eventie; is life en is in sy essence die living viewpoint van life."
2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: commendatio
2025-09-22"Uiteindelik lê die 'antwoorde' op die eksistensiële vrae wat in die roman gevra word, nie in grootse ekonomiese, politieke of etiese bedrywighede, of in die selfregverdigende projekte van mense wat hulself belangrik ag nie, maar in die klein oomblikke van intimiteit en oplewing wat die karakters onverwags en toevallig raakleef tussen geliefdes, of wat ervaar word by die waarneem, of skep van ’n betekenisvolle kunswerk."
2025-UJ-prys vir Afrikaans aan Ingrid Winterbach vir Onrus op Steynshoop: aanvaardingsrede
2025-09-22"Ek is nie ’n filosoof nie; ek is ’n skrywer. Romans is een van my diepste plesiere en die skryf van romans my grootste commitment. Dit is die aktiwiteit wat my soggens laat opstaan en wat my deur my moeilikste tye dra. Sophia Loren het gesê alles wat sy is, is te danke aan spaghetti. Alles wat ek is, is te danke aan Johannes Gutenberg."
Persverklaring: ATKV vier krag van lees en boeke
2025-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon. Die beoordelaars is jong lesers self, iets wat hierdie toekenning van ander onderskei.
Nuut by Human & Rousseau: Kleinkat 1: Kleinkat se strokiesklub deur Dav Pilkey
2025-09-17Kleinkat leer vir ’n skool paddavissies hoe om hul eie strokiesprente te skep. Terwyl die paddavissies se wilde verbeeldings hulle na verskillende vertelgenres lei – van ’n tandeborsel wat ’n prokureur wil word tot ’n kaastoebroodjie-monster – sal lesers leer oor samewerking, empatie en vreeslose selfuitdrukking.
Nuut by Human & Rousseau: Weg is nie ’n plek nie deur Santie van der Merwe
2025-09-17Natasja bevind haar vroegoggend op die snelweg, tien ure noord van Kaapstad. Al haar besittings is agter in die kar en sy sweer sy sit haar voete nooit weer naby Johnny nie. Eers nadat sy op die N18 afgedraai het, onthou Natasja: George, haar pa se boesemvriend, woon nog op Lelievlei. Miskien moet sy gaan aanklop?
Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk
2025-09-17"Roulette is plattelandse noir op sy beste, waar Gilroy sosiale kommentaar lewer deur in die Afrikaner se erfstukkas te loer na daar waar die familiegeheime en die donker kant van die mens verberg word. Hy kyk na veral die manlike psige, en dis juis dít wat die boek so interessant maak."
Patmos deur Willem Anker: ’n resensie
2025-09-11"Hoe verstommend is Willem Anker se besige kop. Met oneindige heelalle en moontlikhede bevolk hy ’n novelle."
Nuut by Tafelberg: Donkermaan deur Jaco Wolmarans
2025-09-101991. Israel is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon. Mossad moet dringend ’n antwoord vind – en ’n geskikte rekruut vir ’n uiters sensitiewe operasie: die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse Lugmag, as teenvoeter vir Siriese missiele.
Nuut by Tafelberg: Sekelmaan deur Jaco Wolmarans
2025-09-10’n Groep jong Suid-Afrikaanse Jode, die teiken van ’n terreuraanval in Kaïro, is die vlam in ’n kruitvat vir grootskaalse oorlog in die Midde-Ooste. In die middel daarvan is die joernalis Ruby Heyns in besit van verdoemende inligting wat die skaal in dié konflik kan swaai.
Nuut by Tafelberg: Life is ’n biets deur Faeed Amardien
2025-09-10Leonardo word groot in ’n arm, maar liefdevolle gesin. Wanneer sy pa en kleinboetie in ’n ongeluk sterf, verander alles. Leonardo loop weg en beland by ’n groep straatbewoners. Rodger, ’n ou Engelsman, word vir hom soos ’n vaderfiguur. Wanneer Rodger siek word en Leonardo hom in die hospitaal besoek, ontdek hy iets onverwags.
Nasionale Boekweek 2025: Michelle Cooper se kinderboekkeuses
2025-09-10Die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (UVSA) moedig Suid-Afrikaners aan om Nasionale Boekweek 2025 te vier. Naomi Meyer het ’n paar kinderboekuitgewers om hul boekkeuses gevra. Hier is Michelle Cooper van NB-Uitgewers se kinder- en jeugboekhoogtepunte van die week.
Life is ’n biets: ’n onderhoud met Faeed Amardien
2025-09-08"Dalk was Leo net created om mense te wys dat enige iets possible is. Is soes ieman wat jy onmoet in jou liewe – is sometimes net vi ’n kot tydjie, but die engagement is impactful. Maybe it was the case with Leonardo."
New from Tafelberg: When the world was by Pippa Skotnes
2025-09-02In the beginning before time began, the world was alive with possibilities. Animals were people, people could command the wind and the rain, and the sun had the power of speech. Many languages were spoken and stories, carried by the breath of those who spoke them, floated on the wind. But then things changed and the world lost its magic. This book tells a story of wonder and loss and the possibility of redemption.
