Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk
2025-07-22"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."
In gesprek met Johannes de Villiers oor Op pad na ’n klooster in die sneeu
2025-07-16"Ek het in kloosters gewoon, talle geestelike begeleiers gehad, aan die voete van wysgere in die VSA, Birma, Frankryk en Spanje geleer. Al daardie dinge en insigte dam oor die jare heen in jou kop op. Toe ek gaan sit en skryf, was dit soos om ’n sluis oop te trek en het baie daarvan op die bladsye uitgespoel."
Twyfelbos deur François Loots: ’n resensie
2025-07-16"Die insluiting van verskeie ander werklike historiese figure, onder andere Jan Tesselaar, wat in 1828 as Caledon se veldkornet aangestel is en rondom wie daar inderdaad ’n legende aangaande sy huweliksdag gehul is, verseker geloofwaardigheid en outensiteit wat tyd en ruimte betref."
Kokke kook weer Maklik met Marinda
2025-07-16"Vir Marinda was dit belangrik om ’n kookboek te produseer sodat kokke kan kook met dit wat in hulle kaste is."
Vredemaker deur Reggie Peace: ’n resensie
2025-07-15"Reggie se eerlikheid oor die gevoel wat kinders wat uit sulke gesinne kom, met hulle saamdra, ruk jou. Hy praat van goeie tye, 'maar ek kan meestal net die slegte goed onthou. Die goed wat jou trauma word.'"
Nuut by Tafelberg: Op die spoorweg: Die storie van ons treine deur David Williams
2025-07-15Op die spoorweg neem lesers mee in Suid-Afrika se lewendige spoorwegerfenis. Ontdek die ingenieurswonderwerke wat die moeilike terreine oorwin het en die lewendige spoorwegdorpe wat gemeenskappe onderhou. Williams skroom nie om die bitter werklikheid van rasseskeiding te bespreek nie. Hy balanseer vaardig die glans van die spoorweë teen die skerp waarhede.
Invitation: Book launch of Behind prison walls by Edwin Cameron, Rebecca Gore and Sohela Surajpal in Cape Town, 24 July 2025
2025-07-14Khomotso Moshikaro will be in conversation with Edwin Cameron, Rebecca Gore and Sohela Surajpal at the book launch of Behind prison walls: Unlocking a safer South Africa at The Book Lounge in Cape Town on 24 July at 17:30 for 18:00.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: In gesprek met Johannes de Villiers oor sy roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu
2025-07-10Johann Rossouw gesels met Johannes de Villiers oor De Villiers se roman, Op pad na ’n klooster in die sneeu.
Nuut by Queillerie: Patmos deur Willem Anker
2025-07-09Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie. Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike "nou" ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n resensie
2025-07-09"Hierdie boek is nodig. Met die lees daarvan het ek egter besef dat dit eerder ’n nuttige handleiding vir ouers en die gemeenskap is oor die gevaartekens wat geweldsmisdaad voorafgaan as ’n boek oor die persoonlike besonderhede van Deveney."
The shortest history of China deur Linda Jaivin: ’n resensie
2025-07-08"Ek het met ’n fyn kam deur die indeks gegaan op soek na gapings. Dis werklik merkwaardig hoe soveel in so min bladsye gedek word."
Boekevat met Deborah: Die dood van Rachel April en Die boekengel
2025-07-08Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering skryf sy oor Die dood van Rachel April deur PP Fourie as "’n heerlike literêre riller oor die kunswêreld en die leefwêreld van voorheen benadeelde jongmense in ’n nuwe bedeling, oor identiteit en tuishoort"; en oor liefdesverhale waarvoor mens nie jou neus hoef op te trek nie, soos Boekengel deur Malene Breytenbach, al weet mens reeds "die sluimerende liefde [gaan] bot soos ’n roos."
Etienne van Heerden lees voor uit Gebeente
2025-07-08Tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée van 2024 het Etienne uit sy roman Gebeente voorgelees.
Nuut by Tafelberg: Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen
2025-07-04’n Aardbewing op ’n Vrystaatse myndorp laat ’n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor, totdat ’n reddingspan hulle dae later eers uitgrawe. Maar een van hulle oorleef dit nie ...
Eendag is te ver: ’n onderhoud met Jaco Strydom
2025-07-02"Dis belangriker om lewendig te voel as om lekker te voel."
François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk
2025-06-25"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-06-24"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
Dink jouself gelukkig – verander jou denke, verander jou lewe deur Pieter van Jaarsveld: ’n resensie
2025-06-24"Dink jouself gelukkig is meer as ’n boek oor positiewe denke. Jy sal leer hoe om jou brein te herbedraad en daarom die vermoë te kan ontwikkel om jouself gelukkig te dink."
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
2025-06-23"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
Moord, kos en boeke: Bonnie Espie se Making a killing verras
2025-06-09"Espie bring met Making a killing ’n heerlike draai in wat as knusmisdaadstories beskryf word (in Engels ’n cosie). ... Haar inspirasie vir Making a killing het gekom uit die plattelandse dorpie en sy mense waar sy nou woon."
