
Titel: Die jaar toe dit gemmerbier gereën het
Skrywer: Philip De Vos
Illustreerder: Theodore Key
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798185547
Moedverloor word deur ’n verskriklike droogte geteister. Die dorp is verlate – behalwe vir Koot Marais, die apteker, en sy gesin. Maar dan beland Katisja op hulle voorstoep – gewapen met slegs haar rooi sambreel en onmoontlike oplossings vir allerhande onmoontlike probleme. En wat volg is suiwer maltrap-avontuur: ontploffende drankies, singende Agtertrekkers, tweeling-fortuinvertellers, geheimsinnige wakiste, verlore kinders, en ’n skouspelagtige lugontsnapping in ʼn sigeuner-karavaan!


Kommentaar
Klink wonderlik, kan nie wag vir die lees nie. Geluk!