Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Nuut by Lux Verbi: Paris, ’n prinses met ’n missie deur Demi-Leigh Tebow
2025-09-02Prinses Paris het ’n besige dag voor haar. Maar as haar kroon gesteel word, is Paris bang dat sy nie die koning sal kan verteenwoordig nie. Sy ontmoet luiperde, ’n olifant en ’n buffel en sy besef dat elkeen ’n unieke probleem het. Maar sal sy hulle kan help? Kom saam op hierdie Afrika-avontuur met Paris, Kobe en Chunk (die hele Tebow-familie) en besef dat om ander te help die belangrikste doel van alles is.
Nuut by Human & Rousseau: Tjoppie se sussie deur Liz de Villiers
2025-09-02Tjoppie is baie opgewonde – maar ook ’n bietjie op sy senuwees – om ’n nuwe lid van hulle gesin te verwelkom. Toe die voordeur uiteindelik oopgaan, sien Tjoppie ’n oulike klein hondjie met ’n pienk rokkie aan. Dit is sy nuwe sussie, Tjippie! Tjippie lyk baie bang. Maar Tjoppie en sy beste maat Fluit-Fluit sal haar sommer gou tuis laat voel.
Nuut by Human & Rousseau: Hondman 6: Wild en woes deur Div Pilkey
2025-09-02Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en mensewêreld vind?
New from Tafelberg: Confessor Cop: The detective who persuaded killers to talk by Jonathan Morris and Michael Behr
2025-08-27Captain Jonathan Morris, the Confessor Cop, used empathy to extract confessions from even the toughest criminals. With a 99% success rate, his cases, from catching serial killer Jimmy Maketta to investigating the Sizzler’s Massacre, earned him the respect of prosecutors and profilers. In this memoir, Michael Behr explores Morris’s high-profile investigations and personal struggles, revealing the man behind the badge in a gripping blend of true crime and personal story.
Pasverskyn: My jaar van vrees en vryheid deur Marita van der Vyver
2025-08-27Toe COVID-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul ou groot huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om van die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en ver in die wêreld te gaan reis.
Goue lint, my storie begint: Karakterisering in jeugverhale
2025-08-26"Wanneer jy van ’n storie hou, hou jy van die verhaal of het jy dalk gevoel die karakters is jou vriende? Ons kan seker almal dink aan ’n karakter wat jou bygebly het, lank nadat jy die verhaal klaar gelees het. In hierdie aflewering gaan ons kyk na die bestanddele van ’n kinder- of jeugverhaal, spesifiek karakterisering, vertelling en fokalisering."
Pharos se Klein woordeboek/Little Dictionary bedoel vir groot en klein: ’n onderhoud
2025-08-25"Ons teikenmark is jonk en oud, Afrikaans en Engels – enigiemand wat ’n betroubare, sakpas naslaanbron saam met hulle wil dra."
Invitation: Book launch of The shadow state at Exclusive Books, V&A Waterfront, on 28 August 2025
2025-08-19Adriaan Basson will be in conversation with Jeff Wicks at the book launch of The shadow state: Why Babita Deokaran had to die on 28 August at Exclusive Books, V&A Waterfront, Cape Town.
Bybelblokraaie 1 en 2, saamgestel deur Heidri Mittendorf: ’n resensie
2025-08-15"Die belofte van die samesteller is dat hierdie blokraaie aan lesers die geleentheid bied om hulle in die lekkerte van ’n blokraai te verlustig en hulle Bybelkennis deur middel van woordspeletjies op die proef te stel."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies – 2025-finaliste bekend
2025-08-14Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Die 2025-finaliste is nou bekend.
Web van leuens deur Marion Erskine: ’n resensie
2025-08-13"258 bladsye van toeganklike, lekker lees. Die einde was ’n 'chef’s kiss' – daardie tikkie ironie wat wys dat, selfs al het die karakters baie geleer, selfs al groei hulle, bly die nuuskierigheid oor ander mense se geheime hardnekkig aan die lewe."
Pasverskyn: Roulette deur Sidney Gilroy
2025-08-12Sersant Sollie Mthembu se nuwe ondersoek lei hom terug na ’n onopgeloste dossier van die negentigs. Om die moordenaar te stuit, en tegelyk iemand na aan hom se lewe te red, moet Sollie agter die kap van die byl kom: Is dit wraak? Of word mense stilgemaak? Roulette is die bekroonde skrywer Sidney Gilroy se vyfde roman – ’n onthutsende krimi wat die gevolge van familiegeheime en gevaarlike speletjies onder die vergrootglas plaas.
Drie moorde in die baai deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
2025-08-12"Karakters wat in jou hart inkruip, ’n gemaklike vertelstyl en spanning wat jou deur die bladsye laat vlieg, is die wenresep vir Madelein Rust se laaste roman, Drie moorde in die baai, wat onlangs verskyn het. Ek was presies halfpad deur die boek toe die nuus van haar heengaan breek. Ongetwyfeld het ek verder gelees met elke woord wat tot ’n mate heiliger gevoel het."
Persverklaring: Kortlyste van die Netwerk24-kykNET-Rapport-boekpryse bekend
2025-08-10Hier is vanjaar se kortlyste.
Fresh off the press: On the railway: The great South African train story by David Williams
2025-08-04On the railway takes readers through South Africa’s rich railway history, from Estcourt to the grand steam engines on narrow gauges. David Williams highlights luxurious trains like the White and Blue Trains, and the vital role of goods trains in the economy. He explores engineering feats that tamed tough terrains and the growth of railway towns. The book also addresses racial segregation, the decline of the rail network, and reflects on the past and uncertain future of South African railways.
Sny hulle in sterre uit deur Fanie Viljoen: 'n resensie
2025-07-30"Ja, Viljoen het bo en behalwe die verskrikking van die natuurramp wat hulle getref het, inderdaad ook gesorg vir die perfekte storm onder daardie tafels. En dit terwyl, in die al vinniger lesende leser se agterkop ’n voorkennis dat almal nie hierdie ramp gaan oorleef nie, klop. Wie gaan, soos Shakespeare se Juliet se versugting vir haar Romeo, in sterre uitgesny word?"
Pasverskyn: Wie de hel is Johnny Joubert? Notas van ’n rugbyliefhebber deur Dana Snyman
2025-07-29Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven ... Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Wêreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.
Bloed van ’n vlinder deur Marieta Carrick: ’n resensie
2025-07-29"Carrick is hier om te bly. Vlinder het reeds die Nielsen-topverkoperlys gehaal. Die roman het tonge aan die klap."
Sewe-en-sestig leesminute vir Mandela op 18 Julie 2025
2025-07-24"Die skoolvakansie was amper verby en die kinders van die KidsCan Naskool- en leersentrum in Proteadorp, Kleinmond, al effe moeg gevakansie na ’n stewige vakansieprogram. Maar … toe besluit ons om ’n bietjie meer as net worsrolletjies op Mandela-dag te doen en die vakansie op ’n hoë noot af te sluit deur vir 67 minute te lees."
