Titel: Wen die stryd in jou gedagtes
Skrywer: Joyce Meyer
ISBN: 9780796323880
Uitgewer: Lux Verbi
Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen. In hierdie bygewerkte uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel persoonlike stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink, die gevegte in jou gedagtes te wen en ’n vreugdevolle lewe te begin.

