Jonathan Ball-portaal
Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.
We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Persverklaring: Wenners van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans
2025-05-22Die wenners van die 2025-UJ-pryse is aangekondig. Hier is nog inligting.
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
Nuut by Human & Rousseau: Kaptein Onderbroek en die wraak van professor Poepenpoel deur Dav Pilkey
2025-05-21George en Harold is in graad vier en hulle is mal oor poetse bak. Wanneer hulle nuutste poets hulle wetenskaponderwyser tot raserny dryf, kry hulle skoolhoof dadelik iemand in sy plek: Professor Poepenpoel. George en Harold spot te lekker met die professor se lawwe naam en van. Maar dan neem die professor wraak.
Nuut by Lux Verbi: Eendag is te ver deur Jaco Strydom
2025-05-21Te veel jongmense glo die leuen dat jy eers klaar moet wees met skool en ’n graad moet hê voor jy ’n verskil kan maak. Neem nou deel aan Jesus se rewolusie van hoop. Dis nou die tyd om al die groot vrae te vra, belangrike geloofsgewoontes aan te leer, die misterie van God se teenwoordigheid op nuwe plekke raak te sien en jou eie roeping te ontdek.
Persverklaring: kortlyste van die 2025-UJ-pryse vir Afrikaans aangekondig
2025-05-15Die UJ-pryse word toegeken aan uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het. Hier is vanjaar se kortlyste.
Pasverskyn: Prins deur Ryan Pedro
2025-05-08In Prins word die kompleksiteit van manlikheid ontleed; die oomblikke van teerheid word gevier en die vernietigende word gekritiseer. Alhoewel die bundel handel oor stories en karakters uit ’n bepaalde gemeenskap en agtergrond, skryf Pedro doelbewus weg van vooropgestelde idees oor coloured-laities.
Persverklaring en nuutsflits: Afrikaans Amptelik 100 – NB-Uitgewers bied afslag op sekere boeke!
2025-05-07"Om die amptelike erkenning van Afrikaans op 8 Mei 1925 te herdenk, skop NB se 'wees wakker, soek die geel plakker!'-veldtog vanjaar op 8 Mei af. Lesers kan in boekwinkels op die uitkyk wees vir dié Afrikaanse boeke wat met ’n heldergeel plakker gemerk is."
NB-Uitgewers se nuwe uitgewershoof: ’n gesprek met Annie Olivier
2025-05-02"Van die beste uitgewers wat ek ken, sit ure en ure lank om skrywers te help om storielyne te verbeter, karakters uit te bou, die logiese vloei te verbeter, of kommentare te laat om skrywers te lei om self verder te werk. Dikwels sukkel die skrywer om die nodige veranderinge aan te bring en dan spring jy self in en doen die nodige werk. Dit is ons sogenaamde USP (unique sales point of unieke verkoopspunt) en een van die dinge wat sorg vir die grootste verskil tussen selfpublikasie en om by ’n uitgewershuis uit te gee."
Fresh off the press: In search of Nongqawuse by Treive Nicholas
2025-05-02Suidoosterfees Junior 2025: Woordedief, ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck
2025-04-30"Kinderteater is van 3 tot 103. Dis so lekker om te sien hoe die kleintjies hulle verkneukel, en daar is baie gehoordeelname. Jy sal sien: As jy kom kyk, gaan jy nie net kan bly sit nie!" Woordedief is gebaseer op Best Books van NB-Uitgewers se reeks boekies wat geskryf is met die oog op voorgeskrewe tekste vir die Grondslagfase.
Persverklaring: Aankondiging van die Suid-Afrikaanse Akademiepryse vir 2025
2025-04-25Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2025 aan.
Boekevat met Deborah: Dink jouself gelukkig, Hollywood on the veld en Khaki fever
2025-04-23Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie week se aflewering vra sy of jy geweet het om gelukkig te wees is ’n Bybelse opdrag. Sy skryf van toe die Goudstad se uitspattige spandabelrigheid begin uitrafel en teaters bankrot gespeel het. En sy skryf oor ’n boek wat haar deur sy skoonheid oorrompel het.
Joha van Dyk (27 Februarie 1997 – 2 Februarie 2025)
2025-04-15"Joha van Dyk kon skryf – soms byna poëties, soms filmies, altyd in ’n Afrikaans waarmee haar lesers kon identifiseer en waarmee hulle gemaklik was."
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Prins deur Ryan Pedro – 30 April, The Book Lounge, Kaapstad
2025-04-14Kom luister gerus na Ryan Pedro en Alfred Schaffer by die boekbekendstelling van Prins op Woensdag, 30 April by The Book Lounge in Kaapstad.
"Dit het begin by my liefde vir boeke en lees": ’n onderhoud met Marga Stoffer
2025-04-10"Vir my persoonlik voel dit ook asof ’n siklus voltooi is: Ek het by NB begin in die tyd van die samesmelting van Tafelberg en Human & Rousseau, en ek verlaat NB wanneer dit deel word van Jonathan Ball Publishers."
Persverklaring: NB-Uitgewers sien toe dat rekordtal vertalings die lig sien
2025-04-07NB-Uitgewers kan met trots aankondig dat die vertaalregte in 27 van hul titels in die huidige boekjaar aan buitelandse uitgewers gelisensieer is – die meeste in die uitgewery se geskiedenis.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Leeumens deur Rudie van Rensburg, 10 April, Malmesbury-biblioteek
2025-04-03Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Rudie van Rensburg se misdaadriller Leeumens. Kom kuier en gesels saam met die skrywer en Engela Duvenage op 10 April by Malmesbury-biblioteek.
Boekevat met Deborah: Mevrou Smit se reëls vir goeie gedrag, An act of murder en Outopsietafel
2025-04-03Deborah Steinmair skryf ’n nuwe boekrubriek vir LitNet. In hierdie aflewering skryf sy oor boeke waarin iemand in haar verlede die trofeebruid van ’n gay bendebaas was, iemand anders ’n slegte pruik en poliësterbroek dra en toneel speel vir sy lewe, en oor die algemeenste item in die sakke van oorlede Suid-Afrikaners.
Persverklaring: Leerders en onnies is eregaste by Suidoosterfees en SOF Junior
2025-04-02Antjie Krog is op Dinsdag 6 Mei die hoofspreker tydens LAPA Uitgewers en Penguin Random House se Skouerskuur met ons skrywers. Dié SOF Junior-geleentheid verwelkom alle onnies, leesliefhebbers en bibliotekarisse vir ’n heerlike middag in die geselskap van 14 skrywers.
Uitnodiging: Boekbekendstelling van Ontvoer deur Constant van der Merwe
2025-04-02Kom kuier saam op Wêreldboekedag (23 April) by ’n boekgesprek oor Ontvoer deur Constant van der Merwe by Strand-biblioteek, waar Maryke Roberts met die skrywer in gesprek sal wees.
