Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Pasverskyn: Leeumens deur Rudie van Rensburg

LitNet Boeke en skrywers 2025-02-26

Skatryk tweelingbroers wat vyf jaar gelede verdwyn het, se geraamtes word in ’n veld opgediep. Op aandrang van die Wes-Kaapse polisiehoof moet Kassie en Rooi die saak ondersoek, maar dit moet in die grootste geheimhouding plaasvind.

Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2025-02-25

"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."

Nuut by Human & Rousseau: Die vyf susters deur Eleanor Baker as Alex Muller

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-20

Die vyf Delportsusters woon saam in een huis. Wanneer die oudste doodgeskiet word, is daar dus minstens vier verdagtes. Maar mettertyd kom dit aan die lig dat die slagoffer allermins geliefd was. Moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger moet al sy vernuf inspan om die skuldige te probeer ontmasker. Die vyf susters is die eerste titel in ’n reeks spanningsverhale deur Eleanor Baker. ’n Skerpsinnige whodunnit wat met ’n tikkie romanse en humor gepaardgaan. 

Lucas Mangope deur Oupa Segalwe: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-19

"Waar Mangope se openbare lewe as stormagtig beskryf kan word, met die tipiese elemente van sukses, verraad, geweld, twis, mislukking, tragedie en drama waaraan politici se loopbane dikwels gekenmerk word, is daar veel aan sy persoonlike lewe wat eweneens as stormagtig beskou kan word."

’n Huldeblyk aan Joha van Dyk

Simone Hough In memoriam 2025-02-17

"In haar kort lewe het Joha ook swaarkry, persoonlike worsteling en seer verlies geken. En met daardie ervaring kon sy met baie volwasse insig en nuuskierigheid oor moeilike temas skryf en by die leser ’n diep emosie uitlok om die skoonheid daarin te ervaar."

Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom: ’n resensie

Barend van der Merwe Resensies 2025-02-12

"Capitec se toetrede tot die wêreld van die Suid-Afrikaanse bankwese sou uiteindelik die ander kommersiële banke dwing om hulle eie benaderinge drasties te hersien, of om al meer uit te sak en besigheid te verloor."

Ontvoer: ’n onderhoud met Constant van der Merwe

Annette Havenga, Constant van der Merwe Skrywersonderhoude 2025-02-12

Constant van der Merwe gesels met Annette Havenga: "'Die storie moet my gryp; dit moet ’n verloop hê, iets om oor te wonder. Ek moet wil weet wat gaan gebeur,' verduidelik hy. 'Fancy skryf help nie as jy nie die leser se aandag vang nie. Lang beskrywings irriteer ’n mens as die storie nie vorder nie.'"

Ontvoer deur Constant van der Merwe: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2025-02-11

"Dit voel vir my asof al sy lewenservaring die inhoud van die boek net soveel meer diepte gee. Hy skryf met selfvertroue, gee sy karakters persoonlikheid, en die storielyn is fyn en slim. Dis amper asof jy na ’n lekker reeks op jou gunstelingstroomdienste kyk, so visueel is sy skryfstyl."

Nuut by Lux Verbi: Bybelblokraaie deur Heidri Mittendorf

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie bevat 70 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word asook 10 woordsoeke gebaseer op temas uit die Bybel. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers. 

New from Tafelberg: Our long walk to economic freedom by Johan Fourie

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

How did Einstein help create Eskom? Why can an Indonesian volcano explain the Great Trek? What do King Zwelithini and Charlemagne have in common? These are some of the questions Johan Fourie explores in this entertaining, accessible economic history spanning everything from the human migration out of Africa 100 000 years ago to the Covid-19 pandemic

Nuut by Tafelberg: Is jy orraait, Elizabeth? deur Rozaan de Wet Boer

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-02-06

Is jy orraait, Elizabeth? is ’n verhaal oor drie vroue wat dekades lank bevriend is en elkeen met hulle eie persoonlike probleme en gesinskwessies worstel. Dit is ’n roman wat diep menslike ervarings en die kompleksiteit van interpersoonlike verhoudings ondersoek. Want niemand ken jou diepste seer en jou moordende baklei teen die houe van die lewe so goed soos ’n naby vriendin nie. Sy koester jou en beskerm jou, selfs teen jouself.

Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee

NB-Uitgewers Elders gesien 2025-02-03

"Met hierdie proefskrif het sy gehoop om toekomstige navorsing en die bewaring van Namakwaland se mondelinge tradisie aan te moedig."

Om my kastele in Spanje te sloop deur Jaco Barnard-Naudé: Foto’s en video’s vir almal wat nie daar was nie

Naomi Meyer, Ansurette Pretorius Boeke en skrywers 2025-01-31

Uiteindelik wens Charl-Pierre Naudé vir Jaco Barnard-Naudé geluk met "die wonderlike skepping, raar en mooi".

Nuut by Queillerie: Ontvoer deur Constant van der Merwe

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-01-29

Ekspolisieman George Ekermans sien hoe ’n meisie in ’n bakkie ingedwing word en hy sit die voertuig onmiddellik agterna. Die ontvoerder ontglip hom egter en al leidraad is ’n eienaardige goue hangertjie wat die meisie laat val het. Wanneer George in sy soeke na die meisie te naby aan die waarheid kom, word sy eie lewe en dié van die twee vroue vir wie hy omgee, Elena en Carla, bedreig. Sal hy die meisie uit die kloue van ’n bose netwerk kan red voordat dit te laat is?

Dibi Breytenbach begogel met Heks: ’n lesersindruk

Gerda-Marié van Rooyen Lesersindrukke 2025-01-15

"Die boek is in die eerstepersoon geskryf en dis beslis ’n aanwins en toonkrullekkerte om insae in die hoofkarakter se interne dialoog en binnegesprekke te hê. Hierdie juweeltjies sluit haar wroeging en plesier van ’n ongeoorloofde verhouding in."

Pasverskyn: Harry Potter en die skatte van die dood deur JK Rowling, vertaal deur Kobus Geldenhuys

LitNet Boeke en skrywers 2025-01-15

Terwyl Harry Potter in die sykar van Hagrid se motorfiets klim en in die lug opstyg om Ligusterlaan vir die laaste keer te verlaat, weet hy Heer Voldemort en sy Doodseters is nie ver agter nie. Die beskermende towerspreuk wat Harry tot nou toe veilig gehou het, is verbreek, maar hy kan nie aanhou wegkruip nie. Die laaste stryd moet begin ...

Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie

Elsibe Loubser McGuffog Resensies 2025-01-13

"Kom ons besin oor tannies, stammoeders en die teenpool van caviar. Voor ons daarby uitkom, moet ek egter net noem: Hierdie is ’n boekresensie."

Liefde en verset deur André le Roux: ’n resensie

Marlies Taljard Resensies 2025-01-07

"Die skoonheid van die gedigte lê dikwels in die eenvoud van vorm en die suiwerheid van die betoog."

Fresh off the press: The Traveller: Crossing borders and connecting Africa by Thebe Ikalafeng

LitNet Books and writers 2024-12-18
Thebe Ikalafeng is a branding icon who set the agenda for the industry at the dawn of our democracy and continues to pioneer it to this day. As the founder of Brand Africa, the African continent is now a major focus in his life's mission. He is The Traveller, having touched soil on every African country. From Kimberley to the world, his mission is impact.
 

Rooisand deur Jeremy Vearey: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Hein Willemse Resensies 2024-12-18

"Konvensies van vergange eras ten opsigte van byvoorbeeld geslag en seksualiteit, etnisiteit en 'ras' verskil vandag hemelsbreed van wat selfs ’n paar dekades gelede as normatief aanvaar is. Dit het tot gevolg dat afwykings van tradisionele strukturering belangwekkende gevolge het."

Top