Pasverskyn: Prins deur Ryan Pedro

  • 0

Prins deur Ryan Pedro (Kwela, 2025)

Titel: Prins
Skrywer: Ryan Pedro
Uitgewer: Kwela (2025)
ISBN: 9780795711169

Om
só ’n tawwe
só ’n geharde
só ’n pretty
boy
te wees
is
swaar

In Prins word die kompleksiteit van manlikheid ontleed; die oomblikke van teerheid word gevier en die vernietigende word gekritiseer. Alhoewel die bundel handel oor stories en karakters uit ’n bepaalde gemeenskap en agtergrond, skryf Pedro doelbewus weg van vooropgestelde idees oor coloured-laities.

Hier, weerspieël dit die liminale, plofbare ruimte waarin die verteller homself bevind as digter en as coloured man. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top