Pasverskyn: Brief op veertigduisend voet deur Tom Dreyer

  • 0

Titel: Brief op veertigduisend voet
Skrywer: Tom Dreyer

ISBN: 9780795803437
Uitgewer: Queillerie

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk.

Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewing van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes, en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.

Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte, verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.

Spanning tussen die antieke en moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie – reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge – deur die “brief” van die titel geaktiveer – word in roerende, dog onsentimentele, liefdesgedigte verbeeld.

Brief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top