Uitnodiging: ’n paneelbespreking oor Op pad na ’n klooster in die sneeu

  • 0

Hiermee ’n vriendelike uitnodiging: Johannes de Villiers gesels tydens ’n paneelbespreking oor Op pad na ’n klooster in die sneeu (Human & Rousseau, 2025) met Martin Laubscher, Francois Smith en Johann Rossouw by NALN op 26 Maart 2026 om 18:00.

RSVP: hoffmanl@ufs.ac.za

Die geleentheid word aangebied deur die Vrystaat Werkgemeenskap van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Vriende van NALN Vereniging.

*

Kom kies uit 8000+ tweedehandse boeke teen halfprys! Besoek die Vriende van NALN Vereniging se Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder op Maandae en Donderdae 9:00-12:00. Inge Venter verwelkom u graag.

*

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Charlotte Maxeke- en Pres. Brandstraat, Bloemfontein. Parkering is beskikbaar op die teerblad langs die Ou Goewermentsgebou vanuit Miriam Makebastraat (voorheen Elizabethstraat).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top