Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Vervel

Leona Conradie Poësie 2021-08-17

"Soms, 
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk 
Tref, trek, skeur 
die onthou nog aan my gesigvelle."

Manifes van die kremetartboom

Martin Labuschagne Poësie 2021-08-17

"tussen grafte van wedersydse gemeenheid 
versamel, 
en geplant is in 
                      ’n eens bloedbevlekte grond" 

Agter tralies

Megan Adendorff Poësie 2021-08-17

"Ek is ’n emosionele kluisenaar 
want ek hou my emosies gyselaar  
My hart hamer teen my bors"

Het jy al ooit?

Danielle Leonhardt Poësie 2021-08-11

"Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit 
Met verkrummelde sonlig op jou wang, 
En ’n montage van drawwers langs die pad 
Het jy al ooit die lewe net geniet?"

’n Ope gedig aan Afrikaanses

Martin Labuschagne Poësie 2021-08-11

"by nog ’n taalberaad, 
by nog ’n volkskongres: 
was die woorde tussen ons 
’n dowe doolhof"

Ek is vroulik

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"Ek is vroulik  
maar ek wens ek was nie 
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."

Verlore, verlate

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"My lewenspad is donker en vol stof 
al my emosies het êrens daar ontplof. 
Hy moes my oppas soos goud 
inteendeel word jy my grootste fout." 

die kind is doodgeskiet deur ’n polisieman in Pietermaritzburg

Ilze du Plessis Poësie 2021-08-02

"die kind is die puin van leë beloftes 
vergete in die bouval van hoop 
die kind is afwesig by vergaderings en wetgewings 
die kind word versmoor in fluisteringe in die harte van moeders 
die kind wat net wou speel in die son in Suid-Afrika is nêrens"

almal se vyand

Christo Meyer Poësie 2021-08-02

"sneuwel die burgers 
van ons pragtige land 
daagliks aan die hand 
van ’n vyand"

Jou woord teen myne!

Megan Adendorff Poësie 2021-07-26

"Jy sê sy het gevra daarvoor, 
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor? 
Jy sê dit was haar eie skuld, 
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"

Mag ek?

Anzé Bezuidenhout Poësie 2021-07-26

"hemelligte bottel 
vir later se oordenking 
as dit voel of seerkry 
jou stukkend pluk"

My eie krake

Johannes van der Merwe Poësie 2021-07-26

"Ek val deur my eie krake 
van my onvermoë 
om te kan verstaan 
waaroor lewe en dood gaan"

My emmer loop oor

Pieter Loots Poësie 2021-07-26

"en by geboorte almal leeg
maar met tyd loop hy oor
nuwe kennis spoel weg
net toeka se dinge bly oor"

Formule van ’n siel

Morné du Preez Poësie 2021-07-21

"uiterlike verpakking in ’n vertoning van mens 
of die doen wat alle bewegings meganiseer, 
’n polsende deeltjie van ’n atoom 
gedurig in ’n oorlog met homself"

Covid

Karin Walker Poësie 2021-07-21

"jou hemp lê nog onder die kussing 
jou hond langs die bed 
jou horlosie langs die wasbak 
maar wáár is jy"

As ek so struikel

Johannes van der Merwe Poësie 2021-07-21

"As ek so struikel 
tussen leë woorde 
tussen oorvol gevoelens 
langs my weggesteekte wete"

begrafnis-19

Neo Mehlomakulu Poësie 2021-07-15

"ten minste was ek nie alleen 
soos in die hospitaal nie"

Beroerte

Andries Fourie Poësie 2021-07-15

"die dag toe hy gebreek het
het stukkies van sy glasgesig
in sy pantserkas bly lê
sy voorkoms is ’n ewebeeld"

Terugblik

Christo Meyer Poësie 2021-07-15

"Ek het wel een agtemarag
aan jou ma se deu geklop
met blomme in my hand
en jou favourite chocolates
Hoe kon ek daavan vegiet?"

Deur my snikke

Jerome Coetzee Poësie 2021-07-06

"jou Facebook-profiel 
word ’n oop wond 
met trooswoorde 
en lewende getuies"

Top