
Foto: Unsplash.com
Depressie
innie hoekie sit ek
met my swart hoodie.
Die lewe druk, voel asof
ek verstik.
Bene skud,
hande bewe,
naels word gekou
hoe maak ek nou?
Nog ’n sny op my arm
ek kry skoons warm.
My lewe voel soos ’n nagmerrie
dit raak vir my scary.
Ek raak skoons bang want
depressie het my gevang.


Kommentaar
’n Baie treffende gedig, Tessie. Hou so aan!!!
Sjoe, wat 'n gedig, baie treffend.