Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Ons moeder Krotoa

Michelle van Graan Poësie 2021-12-14

"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva. 
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk, 
met net die eggo in haar gemoed ... 
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"

Nee Mammie 

Megan Adendorff Poësie 2021-12-07

"Nee Mammie, 
ek’s glattie ’n alkie, 
ek vesypie sorrows. 
En Mammie?"

Gebed van ’n digter

Edward Jeneke Poësie 2021-12-07

"laat my dieper grawe, 
laat my dieper geniet, soos ’n kind."

Suid-Afrika

Herman Lategan Poësie 2021-11-28

"Oor berge en riviere en oseane 
Stede vol rook en roet 
Berge met pieke vol sneeu 
Landerye, skilferdroog 
Boere wat huil langs bankbestuurders"

In my vrye tyd

Pieter Lübbe Poësie 2021-11-28

"Ons hou dan maar laataand vir onsself 
dat ons dieper in die donker kan delf: 
passies ná werk 
tyd vir jouself – 
ná nege 
ná tien 
ná elf."

Vincent

CJ Laing Poësie 2021-11-22

"Verf winterblou oor jou skilderdoek 
laat die aarde bloei in Namib-bruin 
olyfgroen verskroei in suurlemoen"

wit soos walvismae

Willem de Swyger Poësie 2021-11-22

"wit soos walvismae 
swem wolke verby 
deur die uitspansel 
se akwamaryn"

Bywoners

Michelle van Graan Poësie 2021-11-18

"want jy klok ons kinders in, een vir een ..."

Hier op die rotse

Johannes van der Merwe Poësie 2021-11-18

"oor ’n lewe wat net te veel was 
oor ’n liefde wat gebreek was 
hier op die rotse 
is sy daardie nag hier weg"

Ongetydeld

Pieter Lübbe Poësie 2021-11-18

"nooit is ons tevrede 
vergeet die verlede: 
ons bou lugkasteel-stede"

adieu

Elmarie Van Kampen Poësie 2021-11-11

"toe ek wil teruggaan op my spoor 
jou menswees herontdek en weer bemin 
het ek jou reeds verloor 
jy het bome geplant waar ek wou reis"

Wegkruip-vers

Caren Kearley Poësie 2021-11-11

"sodat ek ook in woorde kan wegkruip 
lettergreep-landskappe leefbaar maak 
klanke in die wind los 
of stil kan raak"

Die prag in jou kleure

Johannes van der Merwe Poësie 2021-11-11

"baie het gekom 
baie het gegaan 
terwyl jy Elandsbaai 
vas met jou voete 
in die water bly staan."

Dwaalstories

Anna-Karien Otto Poësie 2021-11-03

"My oupagrootjie Jan
het ’n man doodgeslaan
Hy verskyn in die hof
Sy hand word as gevaarlike wapen verklaar."

Leeftye sonder jou

Danielle Leonhardt Poësie 2021-11-01

"En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem 
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel 
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel"

Ek wil

Salomé Borngräber Poësie 2021-11-01

"Ek wil vir jou die mooiste bos daisies kom gee
En met my ou vaal trui se mou jou hartseer wegvee."

Die besemmaker

Perlin Manewil Poësie 2021-11-01

"Hoekom is die besemmaker 
se huis dan so vuil? 
Hy maak dan elke dag 
vir ander mense besems."

As die wind net draai

Johannes van der Merwe Poësie 2021-10-26

"As die wind net draai 
sal die vis begin byt – 
sal die kwaad hier uit 
sal alles weer ’n plesier wees"

famous vuiste

Neo Mehlomakulu Poësie 2021-10-26

"ek kan amper ’n song maak
met al die houe wat hy naweke
soos candyfloss uitdeel"

Homophobic

Neo Mehlomakulu Poësie 2021-10-18

"innie rooi skaduwee van my pa
moes ek sit en luiste
oor hoe verbitterd die bybel oor gay mense is"

Top