Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ek is ready
2022-06-01"Ek is ready vir wat ook al die lewe op my pad gooi:
Stress ek is ready
Anxiety ek is ready"
’n Heilige oomblik
2022-06-01"wanneer
jy by die strandmeer
’n engel ontmoet
terwyl sy honde
heen en weer hol"
Ek wil
2022-05-23"ek wil almal voor God laat sit
en hulle Hom laat vra of ek
enigsins betrokke was
toe Hy my geskape het"
Ek soek net vriede
2022-05-16"Ek hette weight op my skoues
wat skrik vi niks,
En ek soek net vriede."
Lank, lank gelede
2022-05-11"het daar ’n weergawe
van my gelewe
een wat
sorgeloos en vrylik
sonder pretensie
gelag het"
Fallen
2022-05-11"Jy’t gekrap by my insecurities,
ou wonde het jy oopgegrawe.
En toe jou hande vuil begin raak
hulle aan my klere afgevee."
die scheme
2022-05-03"die mense is soe snaaks.
amal lyk aliewag kwaad en
nieman praat mee
ordentlik saamit mekaa."
Wie dink djy is djy
2022-05-03"Wie dink djy
is djy
om te roam in die strate
van my hart
soe asof djy
die president is haaso?"
Ek wil vir jou die hemel gee
2022-05-03"Ek wil in die maan se lig
jou trane kom wegvee.
Want jy is my ster, my son, my maan
wat in my lewe skyn"
Die eerste KI-gedig in Afrikaans: "Silwerwit in die soontoe"
2022-04-28"Silwerwit in die soontoe,
saggies soos ’n spokerigheid."
Die konstabel se skiereiland
2022-04-28"Afrika drink
onheil in die water."
Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.
Gedigte, daar by die brul van ’n brander
2022-04-28"die golwe van gister wat
getol en woes en water
saam met die son skuim in hul woorde"
Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.
Kaapstad
2022-04-28"Vandag is ons nie net die stad nie
maar
die vertaler van die son"
Lees die eerste KI-gedigte in Afrikaans.
Luister
2022-04-28"kinders sien nie die gevaar
wat in haar lower wydheid skuil.
Kinders is onskuldig;
Kinders is sieners wat die toekoms in lag"
Ek wens ek kan jou nog een keer sien
2022-04-28"Ek wens ek kan jou nog een keer sien,
Maar ons mag nie ons huis verlaat nie.
Mense verloor hul werk en word siek ...
Nou isoleer ek vir 14 dae en hoop ek sien 15 dae."
Skrywersblok
2022-04-19"Hoe is dit dan dat ek vannag
my gevoelens moet uitstook
ek wat g’n pensku
deursigtig op ’n wit blad"
Tyd brand
2022-04-19"In al sy seisoene, al sy kleure
Het hy ervaar dat liefde en smart hand aan hand loop soos ou vriende
Die een kan nie sonder die ander nie"
Vir Monica
2022-04-19"Djy’t gesê djy is spyt
Djy het my ooit ontmoet
Djy’t innie nag ve’dwyn
Djy’t my nie ees gegroet"
