Helaas, retories

Foto: Canva
sommige lastige vrae kom soms
so ongevraagd onbeantwoord ter sprake en keer jou dan vas
dink ek onkant
terwyl ek wag vir die ketel se kook
en staar na jou nota teen die yskas ...
soos:
hoekom was jy nie dít vir my
wat jy vir my was toe jy nie
mýne was nie?

