Sal jy onthou?

  • 1

Sal jy onthou?

Foto: Canva

My lief,
wanneer jou liefde dreig
om my wees te laat
en die akkoorde
van my digtershart
nie langer teen die hange
van jou siel weergalm nie;
sal jý dan onthou
om dit nog ’n maal
in herinnering te roep
sodat dit verlangend kan eggo
in die gange van nostalgie
waar die lokstem van ons liefde
oor en oor in jou afdwaalhart herhaal?

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top