IV    Son-net

  • 0

IV        Son-net

Foto: Canva

Waar is daar nog so ’n skittering
soos die vroegoggendson op die see,
waar spikkels lig van waterrande
afkaats tot een strook goud?

Waar waterprismas bly beweeg
en ligstrale breek, die kleure
van die spektrum in weerspieëlings
saamraap tot ’n konsentraat wit lig

wat die see uitbundig terugsmyt

tot in die blinde blou oog,
tussen solêre storms en kolkende vuur,
in die hart der harte van die son?

Op die strand die dowwe mens, kwalik in staat
om die oordaad na ander te weerkaats.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top