Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Foto: Canva
ek besig
(en besig my met)
Afrikaans
in my kop
(en in my klas)
bloedsweet en skerm
ek en die kinders van môre
daagliks met toon en register
(al om die beurt:
die een altyd skugter,
die ander een nugter)
leer ons mekaar van
ngomso se drome en die spoke van gister
: die doel en die rede?
… bly maar swartgallig sinister.

