Kiesers sonder keuse

  • 8

 

Foto: Canva

Solank ons bedroeid
aan die skimmels
van demokrasie wurg,
diskrimineer en parasiteer
vetgevrete lummels

– o n b e s k a a f d –

buite beheer
lieg en bedrieg
hulle nonchalant
om hulle Judasstreke
toe te smeer
terwyl hulle
ons vooruitgang
doelgerig saboteer
en stééds hoog en laag
hul onskuld tot walgens toe besweer.

  • 8

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top