Skokkende Nuus

  • 2

Skokkende nuus

Foto: Canva

Wanhopenhartig
het dit begin toe 
sy die hek oopmaak 
in die breë wandelstraat 
haar briewebussie lig 
en lees met oë strak gerig 

blou op ongelynde wit 
staan in ’n brief jy het gesterf 
deur elektrokusie 
vasgebind in ’n rukstoel 
wonde wrang smaak skroeiend 
skets skuim wat uit 
jou mondhoeke woel

nou sit sy as weduwee
met aspotskerwe 
diewe brand haar kerse 
en só word haar lewe 
’n Egiptiese duisternis

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top