Drie gordyne

  • 1

Drie gordyne

Foto: Canva

Hoe is dit hier veel anders
as daar, waar China
agter die bamboesgordyn
konfedereer
of waar Rusland weer
onder die loodswaar val
van die ystergordyn
regeer?

Want hier,
waar ons die gatkant
van die Reënboogland
met oopbek-verbasing
betrag en doofstom snap
dat elke tweede Jan Rap
– hoewel moreel bankrot –
suksesvol op korrupsie floreer;
terwyl die massas ellendig,
in die lig van verdrukking
wat skiwwerig
deur die roetgordyn
van mislukking skyn –
k r e p e e r.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top