Vir die muse

Foto: Canva
My kas is deurmekaar
Briewe en poskaarte lê ongeskryf
Ek wil see toe gaan
En leer hoe om te swem
Na die waarheid toe
Na my drome toe
Na die uiteinde toe
Agter erfenis aan
In my dop
Is woorde en whiskey
En al die goed waarmee ek nie deal nie
Sonder grens
Werk ek aan gedigte
Wat nooit sonder spelfoute is nie
Nege maande
Word veertien jaar
Word ’n leeftyd
Word goud
Ons praat niks
Oor my deurmekaar kas
Waar ou briewe lê
Om vergeet te word nie
Ek staan voor die poskantoor en die kerk
En praat nie
Soos ’n radiostasie nie
My gebede en briewe hou ek in my hart
Tot die koeie huis toe kom
Tot my hare weer groei
En my bril my weer laat sien
Soos my hart see toe klop
Bly my oë op die ink wat uitloop
Ek skryf en skryf
Tot die engele my kom haal
Tot my spelfoute regkom
Skryf ek vir die muse


Kommentaar
Hierdie gedig is vir my so mooi en diep, Stef. Dis so oop en eerlik, so uit die hart uit.